ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
SARIE

SARIE March 2020

Add to favorites

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 234
6 Issues

in this issue

3 min.
michélle sê...

Om vas te sit is nooit ’n goeie idee nie. Nie met mense nie, nie in ’n hysbak of in die verkeer nie, ook nie in ’n kleedkamer nie. Ek het al my kwota vassit gehad. Soos ’n paar jaar gelede op ’n luukse trein, toe die deur van die stort so tussen stoom en ’n geskommel vasgesuig en my senuwees genadeloos beproef het. Of een wintersaand verlede jaar toe die hysbak in ons gebou op die sestiende vloer tot stilstand geruk en die interkom-man my inlig: “Die beheerkamer is in Doebai . . .” Dít wil ek ver, ver uit my gedagtes verban. Wat ek wel onthou, en steeds verskaf dit plesier in my familie, is die Kersdag toe my suster en niggie in twee groot, leë blompotte op my ouma en oupa…

1 min.
ons inspirasie

BABA MAAK 3 “Verlief, verloof, vennote” het SARIE in Augustus 2018 aangekondig, “Vir altyd” was die opskrif met hul sprokiestroue vroeg-Mei 2019. En nou wag dié twee vervaardiger-akteurs, Donnalee Roberts en Ivan Botha, op die geboorte van hul babaseuntjie. Op 35 sê Donnalee: “Ek is dankbaar dat ek nou eers, op hierdie ouderdom, in hierdie tydperk van my lewe swanger geraak het. Ek is vergenoegd.” ALBA, AUDREY & ANDRÉ Woordfees op Stellenbosch en aan boekekant drie name met ’n sterk SARIE-verbintenis: Alba Bouwer, destyds adjunk-redakteur, Audrey Blignault, vir jare agterbladskrywer, en André le Roux, oud-assistentredakteur en skrywer van die rubriek Op die vrou af. Alba se ikoniese Rivierplaas-omnibus word herdruk en eksklusief by die fees bekend gestel met ’n voorlesing deur Mila Guy (12 Maart), Oulap se rooi is ’n produksie met Audrey…

3 min.
ons wêreld

DIE STORIE VAN sout Soutkenner Vossie Brown het altyd vir sy seun Donald gesê: “Sout vloei deur ons are.” Die boek Salt vertel die storie van die gesin se onderneming wat oor meer as 40 jaar gegroei het tot een van die toonaangewendes in die Suider-Afrikaanse soutbedryf. Dit het op die dorpie Brandvlei in die Noord-Kaap begin en strek vandag wyd oor die duine van die Kalahari. Die boek met treffende foto’s kos R300 en is te koop by al die kantore van die Donald Browngroep: Parow, Johannesburg, Upington en Brandvlei. Kontak donne@iafrisalt.co.za of besoek donaldbrowngroup.co.za vir meer. MICKEY VIER DIE JAAR VAN DIE MUIS Vanjaar is die Chinese Jaar van die Rot, wat op 25 Januarie afgeskop het. Ter viering hiervan het die luukse modegroep Gucci hul Jaar van die Muis aangekondig.…

6 min.
julle sê ...

REËNVREUGDE UIT DIE KAROO Ek is oortuig daarvan dat almal die gille en vreugdedanse hier uit die Karoo wyd en syd kon hoor en ervaar. Die lekkerste van die reën is dat al ons bure en almal wat ons in die omgewing ken dié keer nie oorgeslaan is nie – en daarom was die vreugde net soveel meer. My dogter Eeva (de Villiers) Birkner het op haar Facebook-blad ’n foto geplaas hoe ons rivier afkom en ek wil nie ’n fout maak met die getalle nie, maar letterlik duisende mense het verwonderd daarop reageer. Ons Suid-Afrikaners maak ’n bohaai oor iemand wat met ’n fiets in ’n rugbypaal vasry, maar die grappies en uitbundigheid ná die reën ken geen perke nie! Intussen raak alles stadig maar seker groener om ons en die pragtige…

3 min.
nataniël sê ...

Dis een van daardie tonele. Te belaglik vir ’n rolprent of ’n storieboek. Ek staan iewers in ’n Europese stad, voor my is ’n majestueuse katedraal. Ek wil ’n foto neem en wag vir die perfekte oomblik, ’n deur moet asseblief oopgaan en ’n priester of ’n non moet verskyn en ’n ligte wind moet asseblief dramatiese voue in die vloerlengte gewaad veroorsaak. ’n Deur gaan oop, ek lig my selfoon. ’n Beeld van ’n man verskyn, lank, jonk, gespierd, aantreklik, ’n donker lok hang oor sy voorkop, ’n wit T-hemp span oor sy vierkantige bors. Op die T-hemp is groot swart letters. IN THE MOMENT, sê dit. Drie woorde onder mekaar. Ek laat sak my selfoon en raak benoud oor my hartklop. Hier staan ek. Te kort, te dik, te…

12 min.
demi-leigh & timpothy

Ek sal nooit die trane op Tim se wange vergeet nie. Dit was so opreg en gevul met emosieDemi-Leigh Die herinneringe, die oomblikke, maar bowenal die wete dat jy die res van jou lewe met jou beste vriendin en lewensmaat gaan deurbring . . .Tim Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Heelal 2017, was in New York. Tim Tebow, Amerikaanse bofbalster en stigter van die Tim Tebow Foundation, drie uur se ry van daar in Binghamton, Upstate New York. Dit sou ’n 10-minute-oproep wees om die logistiek van ’n liefdadigheidsgeleentheid te bespreek. Toe word dit 2 uur, 24 minute en 6 sekondes. “En toe vra Tim of hy my weer die volgende dag kan bel. Ons het net dadelik gekliek. “Twee weke later, ná ons eerste afspraak, het ons gewéét. Tim se woorde was nog, ‘Ek dink…