ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
SARIE

SARIE May 2020

Add to favorites

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 234
6 Issues

in this issue

3 min.
michélle sê... geskryf 5 maart 2020

Word wakker! Twee woorde, en ek sit regop. Li Edelkoort, een van die wêreld se voorste tendensvoorspellers, se praatjie as deel van Kaapstad se jaarlikse Design Indaba wil ek nooit misloop nie. Want in net drie uur skets sy die wêreld, oos na wes, noord na suid, in al sy verbysterende kleur, sy fabelagtige vorms en unieke kreatiwiteit. En begryp jy, wéér ’n keer, die uitsonderlike dinamika tussen ons en ons planeet. Hoe oorsaak en gevolg uitspeel en hoe alles tog verbind is. Jy connect the dots. Verlede jaar het sy gepraat oor die opkoms van bruin, lank vergete, maar ’n skakering sagter en meer vergewend as swart. Simbolies van die aarde, die kleur van toenadering, kan jy maar sê. Iets wat die mensdom broodnodig het. Vinnig het ons die leefstylspore van bruine om…

3 min.
geskryf 27 maart 2020

Beste SARIE-lesers Die liriek “What a difference a day makes; twenty-four little hours” bly draal in my kop. Want oornag is ons wêreld ’n ander plek. Net gister het ons die Bokke as rugbykampioene terugverwelkom, Zozibini Tunzi, ons Mej. Heelal, met fanfare begroet, gejuig oor die Ndlovu-koor wat Suid-Afrika se naam hoog gehou het. Ons vreugde was groot, triomfantlik het ons saam ge-jive en ons vlag gewapper. Die winkelsentrums het gewemel, die strate was vól. En ons, vol hoop en planne vir 2020. ’n Nuwe dekade. Wie sou kon dink dat die planeet binne die eerste weke van die jaar die knie sou moes buig voor ’n onsigbare vyand. ’n Mikroskopiese virus wat maai onder ’n wêreldbevolking, ekonomiese markte laat tuimel en ons sosiale strukture op hul kop draai. Ons op ’n onbekende weg…

2 min.
ons inspirasie

SAAMGESTEL DEUR DIE SARIE-SPAN SWART . . . DIE NUWE SWART Kobaltblou is 2020 se swart, sê Pantone; bruin is die nuwe swart het tendenskenner Li Edelkoort begin verlede jaar gesê en gou was winkels gevul met bruin, beige, karamel, mosterd, heuninggeel en room. Maar swart sal altyd ’n plek hê. Met haar pixie-haarstyl en Christian Dior-rok was Charlize Theron vanjaar by die Oscars stylvol in alles-swart. By die onlangse Paryse Lente-modeweek het alles-swart ook straatstyl oorheers. Laat my dink aan Henry Ford wat gesê het: “Kies enige kleur, solank dit swart is.” MvB Jozi! Vir eers is ons stede stil, maar Johannesburg se polsende energie bly die inspirasie agter Love Jozi. Grafiese tekeninge van die stad versier sakke, bottels, kershouers, bekers en meer. Dié Skyline Bucket-sak spog juis stylvol met jóú stad. Dit…

3 min.
ons wêreld

MY hartjie, MY liefie . . . Die beste plekke ter wêreld om ’n sonsondergang te aanskou? Suid-Afrika het sommer twee onder die 25 bestes, aldus ’n nuwe opname onder 46 internasionale reisjoernaliste. Op die top-100-lys is die Nasionale Krugerwildtuin nommer 22 en Tafelberg 24ste. Die eerste plek behoort aan Santorini in Griekeland, tweede is die Grand Canyon Nasionale Park in Arizona, VSA, en derde is Mykonos, Griekeland. Altesame 600 plekke is benoem. Bron: lensbest.de/sunset-index-en DĺT GEE JOU CV ’N HUPSTOOT ’n Nuwe studie toon dat ’n standaardverwysingsbrief jou kanse om ’n werk te kry in Suid-Afrika tot 50% kan verbeter. Dié studie is deur die Middlebury College in die VSA, en die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, onder ’n groep SA werksoekers tussen 18 en 34 gedoen. Net sowat 5% van hulle…

1 min.
#jyisgenoeg volg sarie op instagram vir daaglikse inspirasie

Lynelle Kenned (SARIE Julie 2017) Selfkennis is so belangrik, om gedurig aan jouself te werk. Jy moet glo in jouself, in jou drome. Almal gaan nie jou vriende wees nie, nie alles werk uit nie. Leandie du Randt (SARIE Februarie 2017) Ek glo daar’s ’n rede hoekom jy gemaak is soos jy is. Dis so mooi om te dink niemand anders is só nie. Jy’t ’n sekere magic wat jy net moet ontdek . . . Nobuhle Mimi Mahlasela (SARIE Maart 2018) Wie ek is, is genoeg . . . Moenie aan jouself twyfel nie. Jy is die enigste mens wat in die pad van jou drome staan. Anna-Mart van der Merwe in 2019 op SARIE.com Ek is wat ek is en kan net dít gee. Om te werk met wat ek het en nie teen dit…

5 min.
julle sê ...

OMHELS DIE HERFSDAE Ons land is omsingel deur ’n onsigbare vyand; eintlik word die hele wêreld gevange gehou deur hierdie vyand! Wie sou ’n jaar gelede kon sê dat ons gehok, gegrendel, vasgebind sou word deur iets wat eintlik te klein is om met die blote oog te sien. Dit klink soos ’n nagmerrie-fliek of ’n Robin Cook-boek. Maar hier sit ons nou in ons huise – en ek moet dadelik byvoeg hoe bevoorreg ons is om in huise met meer as een of twee vertrekke gegrendel te sit. Hoeveel mense het nie die voorreg om selfs genoeg kos of water te hê nie. Eintlik, eintlik is dit vir my heerlik. Die eerste week van inperking is maar pas verby en daar bly nog twee weke oor, indien die tydperk nie verleng gaan word…