ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
SARIE

SARIE July 2020

Add to favorites

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 234
6 Issues

in this issue

3 min.
michélle sê...

Elke maand wanneer ons ’n nuwe SARIE bymekaarsit, begin ons met honderd en meer skoonwit bladsye. Bladsye in afwagting, dink ek altyd. In “normale” tye word die leë blaaie in rye teen ’n spesiale muur in die kantoor opgesit. Van die voorblad tot die laaste blad. Sodat ons almal, dag vir dag, die vordering kan dophou. Aanpassings kan maak. Kan sien hoe die uitgawe soos ’n legkaart voltooi word. Soms is die proses seepglad, ander kere struikelstruikel totdat ons tevrede is en net betyds die stuurknoppie druk. Dan neem die drukkers en verspreiders oor om te sorg dat tienduisende nuwe uitgawes van SARIE landwyd op die rakke verskyn. Dis ’n wonderlike proses om te sien hoe ’n nuwe tydskrif vorm aanneem. Hoe daar uit niks iets moois geskep word. Wit bladsye soos ’n kunstenaarsdoek…

2 min.
ons inspirasie

NET Elana Radio, televisie, wyn, gesellighede, ’n SARIE-voorblad, entrepreneur . . . Elana Afrika-Bredenkamp is oral en doen alles. Nou koppel dié natuurlike fashionista haar naam aan ’n klerereeks. Saam met modeontwerper Izet Changuion is ELANA by Glare ’n pasmaat-reeks vir ma’s en dogters. Die reeks is stylvol, kleurryk en vintage-geïnspireer. Dis klere wat sy graag wil dra en waarin sy haar twee dogtertjies wil aantrek. “Elke ma was ’n dogtertjie, en ek hoor myself wanneer my dogters sê: ‘Ek wil soos mamma wees.’” Vir eers konsentreer die reeks op rompe voordat dit later vanjaar uitgebrei word. Nou te kry: glare.co.za ANNA SE PLANNE Soveel uitdagings, soveel idees. Anna Davel het soos baie in die land nie op haar laat wag nie en die verfkwas opgetel en begin skilder. “Kuns is soos musiekmaak,” sê…

1 min.
kans om jou talent te slyp

Drie weke in ’n elegante, ouwêreldse woning met ’n lowergroen tuin op Somerset-Oos in die Oos-Kaap, waar jy onverstoord kan skryf . . . Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees bied belowende jong dramaturge dié kans om hul talente in prof. Gerwel, beskermheer van die kunste, se geliefde Paulet Huis te slyp. Abduragman Adams, akteur, regisseur, dramaturg en dosent, sal as mentor optree. Ná sy dood in 2012 het prof. Gerwel se weduwee, Phoebé, die huis aan die stigting geskenk om dit as skrywershuis in te rig. Stuur teen 26 Junie jou CV, nuwe dramateks of ’n uittreksel daarvan aan Theo Kemp by theo@jgf.org.za. Suksesvolle kandidate se reis-en verblyfkoste word gedek, en hul finale tekste sal vir die fees oorweeg word.…

3 min.
ons wêreld

CBD VIR JOU VEL Produkte wat kannabidiol-olie (CBD) bevat, is tans supergewild en word geloof vir hul kalmerende en antiinflammatoriese eienskappe. Die plaaslike handelsmerk Goodleaf , wat onder meer olies, e-sigarette en drankies met CBD verkoop, spog nou ook met ’n uitgebreide velsorgreeks. Reinigers en vogrome vir jou gesig en lyf asook ’n serum en masker is beskikbaar. Elke produk is verryk met botaniese ekstrakte uit Afrika om velkwessies soos aknee, psoriase en dermatitis te behandel. By Goodleaf-winkels in Kaapstad, Pretoria en Johannesburg of goodleaf.co.za – Suanné Mulder HOU JOU OOG OP DIE TAAK Loer jy kort-kort na sosiale media terwyl jy studeer of in ’n vergadering is? Jy dink dalk jy multitask doeltreffend, maar jy skakel eintlik net vinnig van een taak na ’n ander oor. En so ’n rondspringery tussen onverwante…

7 min.
julle sê ...

Op ’n pragtige dag so aan die begin van herfs en midde-in die grendeltydperk word ek wreed ontnugter deur die aanname dat ek blykbaar nou as OUD gereken word! Eers deur my jongste seun: “Ma moet liewers nie winkels toe gaan nie; Ma is mos nou al 60.” Ma verstaan baie goed die konsep en Ma gaan net as dit nodig is. En toe vanoggend op RSG moet ek weer hoor dat ’n bekende spreker verklaar dat die “oumense, almal van 60 plus, liewers by die huis moet bly”! Ek het geen probleem met Jan Tuisbly se karretjie nie, maar wel met die feit dat 60 nou as oud gereken word. Nee, my magties . . . vir diegene wat nog in die oertyd dink, het ek ’n boodskap: 60 is…

3 min.
nataniël sê ...

Daar is veel te skryf oor enige situasie waarin ’n groep hulself vir ’n eerste keer bevind. Maak die situasie lewensgevaarlik, voeg die menslike ego, alle politiese aakligheid, ’n gebrek aan inligting en ’n diepe behoefte aan drama daarby, meng dit met heelwat hartseer en jy vind genoeg onderwerpe vir ’n paar dekades se debatte. Op die eerste dag van die afsondering het ek gedoen wat ek altyd doen wanneer ek skrik, ek het ’n lys gemaak, ’n lys van al my verantwoordelikhede, wie versorg moet word, hoeveel alles my gaan kos, hoeveel ek moet doen om dit te verhaal en wát ek onder omstandighede kan doen. Daar sal later oorgenoeg tyd wees vir ’n snik en ’n uitbarsting, nóú moet ek werk. Ek het my kop laat sak en soos…