ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
SARIE

SARIE September 2020

Add to favorites

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 234
6 Issues

in this issue

3 min.
redakteursbrief

Een láng winter. Dis seker hoe die laaste weke en maande vir baie van ons voel. Ons wêreld byna geset in tyd . . . asof ons wag vir iets om te gebeur. Net iéts om te verander. Nou die oggend versteur iets die grys stilte voor my huis. Ek hoor jong stemme. Dis ’n vrolike gelag en gekwetter. Ek hardloop na buite om te gaan kyk wat aangaan. Oorkant die straat is ’n groepie meisies met kleurryke maskers wat drafstap ’n meter of wat uit mekaar. Hulle waai vrolik. Duidelik is hierdie ’n goeie weersiens. Vriendinne wat ná weke se grendeltyd uitbundig is in mekaar se geselskap. Hul energie lig my dag en ek gaan sit met nuwe moed agter my rekenaar. Waaroor sou die meisies gepraat het, wonder ek. Vir almal…

1 min.
ons inspirasie

DIS lente … . . . vir ma en dogter! “Babadogters is soos blomme wat ewig blom,” het 7de Laan-aktrise Carina Nel (dr. Alexa Welman) nog voor haar dogtertjie se geboorte getwiet. Nou is Carlemi hier en Carina en haar man, Deon Nagel, opgewonde oor die nuwe hoofstuk in hul lewe. “Sy is kosbaarder as juwele,” het Carina op Instagram laat weet. VIR ’N KONINGIN Die gewildheid van jenewer het die laaste jare ontplof, ook in SA. Nou maak die Buckinghampaleis sy eie met sitrus- en kruienote. Dink suurlemoen, verbena, moerbeiblare, meidoringbessies. Die bestanddele word met die hand gepluk in dié tuine met 30 voël- en 250 blomspesies. Die eerste besending van dié premium-drankie het glo binne agt uur uitverkoop! HEIDELBERG-FEES Maak mooi met jouself, het sy ma hom geleer. Nou maak die bekende Niël…

3 min.
ons wêreld

DIE ESSENSIE VAN FOTO’S Eers was dit net ’n stokperdjie, nou het dit ’n onderneming geword. Aktrise Marguerite van Eeden se karaktervolle portretfoto’s op Instagram het soveel belangstelling gekry dat sy reeds as fotograaf vir haar eerste troue (in 2021) bespreek is. Sy het nog altyd daarvan gehou om haar vriende af te neem, sê sy. “Ek weet hoe duur dit vir aktrises is om hul foto’s te laat neem, toe rig ek my eie ateljee in. Ek hou van die interaksie. Dis ’n heerlike kreatiewe proses; as die lig op ’n sekere manier val, wérk die foto net. Ek probeer altyd die essensie van die mens vasvang.” Besoek @margueritevaneeden_ photography vir portret- en troufoto’s. MAAK DAARDIE KONNEKSIE In die grendeltyd het ons opnuut bewus geraak van hoe belangrik ons verbintenis met ander…

6 min.
julle sê ...

DIE NUWE NORMAAL IN Voel vandag soos met Amanda Strydom se “anthem” waar sy baldadig verklaar: “vuisvoos maar gefokus . . . vuisvoos maar nog regop”. Almal is effe plat en flou. 110 dae later en die piek is blykbaar amper met ons. Die cliché van “nuwe normaal” is alledaags. Modieuse maskers deur voorste ontwerpers is aanlyn beskikbaar. Die nuwe statussimbool in plaas van ’n Hermes-handsak of Jimmy Choo-hakke? Bak jy nog of laai jy weer Woolies se skons en muffins in jou trollie? My gemoed was gelig toe my dierbare huiswerker ná my twee maande van afskeep en bolangs afstof weer my huis skitterblink kon kry. En nou bly sy weer by die huis, want die taxi’s loop op 100% en dis ’n bitterkoue Juliemaand. Watwou oop vensters halfsewe in die oggend!…

3 min.
nataniël sê ...

Hallo, Ma. Hallo? Dis ek! Hallo? Ek bel net oor die aflewering. Hallo? Kan Ma my hoor? Duidelik! Maar Ma bly dan net groet! Dis toe ek jou nie kon hoor nie! Ek sukkel met hierdie ding! Dis die waarheid. Vroeg vanjaar is my ma se geliefde telefoon sonder aankondiging of seremonie uit die muur geruk en vervang met ’n aaklige nuwe. Die Naamlose Monopolie (ook bekend as die Vrot, Vrot Voorsiener) het besluit ’n duidelike ontvangs is uit die mode, dit moet vervang word deur ’n oorgroot sewentigs-monster met ’n lugdraad en ’n simkaart, ’n skakelbord wat verhoed dat enige slaapkamer ooit weer vredig voorkom. ’n Hele kultuur, ’n volledige geskiedenis, die hoogtepunt van elke gewone dag is deur ’n ongenooide wese kortgeknip. Daar was dadelik trauma, my ma moes leer hoe om die monster te tem. Sy het…

9 min.
nuwe liefde nuwe fliek ’n nuwe leandie

Sy’s ernstiger, meer volwasse. Die laaste paar jaar met sy swaar en seer het haar vele lewenslesse geleer. Maar dít weet Leandie du Randt: Om die beste te maak van wat sy het, is een van haar sterk punte Hoe jy jouself optel en aangaan as dinge skeefloop, is die belangriksteLeandie Leandie du Randt het die afgelope drie jaar, sedert sy laas op SARIE se voorblad was, verander. Weg is die boheemse meisie wat toe in ’n vintage-blomrokkie met ’n hoë kraag en bruin toerygleerskoene by die onderhoud opgedaag het. Voor jou sit ’n vrou met ’n deftige swart bloes, ’n reguit, skouerlengte haarstyl en groot hoepeloorbelle. Sy lyk soos ’n suksesvolle sakevrou, eerder as die jong aktrise wat tóé pas die werklikheidsreeks Slank op kykNET begin aanbied het. Slank is nou al…