ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Women's Lifestyle
SARIE

SARIE November - December 2020

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 234
6 Issues

in this issue

3 min.
michélle sê...

Tyd, net tyd. Dít, het ek met ons onlangse gesels gesê, is sekerlik die grootste geskenk wat ons die laaste paar maande ontvang het. Só sê byna ook almal wat ons vir SARIE-stories kontak. Vandag, met tyd tot my beskikking, loop my eie gedagtes ver. Na jare gelede toe ek as SARIE-redakteur aangestel is. Toe Suid-Afrika groot skuiwe ervaar het en ons entoesiasties van die reënboognasie gepraat en hoop met hoofletters geskryf het. Sonder dat ek dit weer gaan soek om te lees, weet ek dat ek in daardie eerste redakteursbrief die ou stukkie waarheid opgehaal het dat níks in die lewe verseker is nie, behalwe verandering. Dat ons maar ons geld daarop kon verwed dat SARIE in die jare wat kom vele veranderinge saam met julle, ons lesers, sou ervaar. Maar bly…

1 min.
ons inspirasie

FOTO-MOOI Die ontwerpe is perfek vir ’n voorbladfotosessie soos aktrise Simoné op bl. 18 8 en 19 wys. Self sê juweliersontwerper Natasha van Heyningen van Hoedspruit haar ontwerpe is natuurgeïnspireerd en gryp terug na haar kinderdae toe sy in ouma Joey se tuin n ’n n fantasiewêreld ontdek het. Haar blommereeks sluit in nek- en n kopstukke, armbande en ringe in silwer en vergulde koper. Vir meer oor Tasha Swart Creations: tashaswart.creations@gmail.com, @tashaswart.creations, 082 523 9982 kuns OP JOU TEETAFEL . . . en elke stuk deel van ons nuwe SARIEmooi-reeks. Romanties, trendy, parmantig, eiesoortig – koppies, pierings en kleinbordjies van topgehalte-porselein en versier met die oorspronklike kunswerke van Linette Coetzee van Kempton Park. Elke kunswerkie is met ’n balpuntpen geskets en die wit en diepblou herinner aan die Delftse ontwerpstyl. Maande van…

3 min.
ons wêreld

Storiemooi PORSELEIN Ons vier die natuur met ons SARIEmooi-reeks. Breekware met ’n storie: ’n Besige by en ’n blom wat son toe kyk, ’n sluipende kat en ’n sku muis. Of ’n verkleurmannetjie wat geduldig wag en ’n hasie op die vlug. Geniet die natuur met 4 verskillende SARIEmooi-koppies, -pierings en -kleinbordjies. Elke stel (koppie, piering en kleinbordjie) is gemaak met omgee en kom in ’n spesiaal ontwerpte geskenkboks teen R179 per stel. – MvB HOE GEMAAK? Gaan na www.lavishd.com/ collections/sarie om aanlyn te bestel. Lavish’d is die aanlyn winkel van die SA maatskappy Inter Table Top Company (Pty) Ltd wat die afgelope 40 jaar eksklusiewe ontwerpe aan kliënte soos Gordon Ramsay, Marks & Spencer, Carrol Boyes en Jenna Clifford lewer. Die maatskappy het ’n aandeel in van die beste vervaardigers van tafelware…

1 min.
speel saam tussen die blomme

Met konferensies en groot troues wat vir eers uitgestel is, het die Kaapse bloemistegroep Petals met ’n plan vorendag gekom om steeds hul talente en bronne te gebruik: die Flower Café in Woodstock, Kaapstad. Hier kan blomliefhebbers na hartelus speel, skep en rangskik – in blompotte, kranse of selfs krone. Met ’n groot werkwinkel, ’n stoor vol bykomstighede vir allerlei okkasies en ’n span blomkunstenaars byderhand was die oorgang maklik – en die reaksie is wonderlik, sê Veronica Yankelowitz, geleentheidskoördineerder. Bespreking vooraf is noodsaaklik. Stuur ’n e-pos na vee@petalsgroup.co.za, ’n whatsapp na 082 321 7371, of skakel 021 461 8809.…

1 min.
wat verkies sarie-lesers

MARMITE OF BOVRIL? 65% verkies Bovril 30% verkies Marmite 5% geeneen DINK JY ’N BRUID KAN DIE VRYMOEDIGHEID HÊ OM TE VRA DAT DIE STROOIMEISIES HUL EIE ROKKE BETAAL OF MOET SY DAARVOOR BETAAL? Ericka du Plessis Cory Ja, as sy weet hulle kan dit bekostig. Waarom nie eerder geen gevolg nie? Dit spaar kostes, beplanning en stres. Susan Theunissen Bruid se troue, bruid se onkoste. Suzanne Potgieter Jy nooi, jy betaal. Marna van der Merwe Ons leef in ’n nuwe era, verander ou raamwerke en dink buite die boks. As ons ’n bring-en-braai kan doen, kan ons dít ook doen. AS JY EEN BYGEREG VIR ALTYD MOET PRYSGEE, WAT SOU DIT WEES? 45% sê pampoenkoekies 55% sê soetpatats…

6 min.
julle sê ...

OP GESONDHEID EN BALANS Soos ek deur sosiale media wandel, sien ek inskrywings van regte klakouse, Martie Martelaars en natuurlik ook die Vervelige Fanies, Positiewe Priscillas en Eksentrieke Erikas. Dan ook dié wat tot vervelens toe hul opinies, geloof, uitkyk op ras en seksuele oriëntasie in jou keelgat wil afdruk. So is die lewe ook, almal verskillend, elkeen eintlik op sy eie missie, dankie tog vir die Heer se wye genade. Ek het die afgelope ruk op reis gegaan, die oeroue soeke na diepgewortelde vrede en geluk. Die grendeltydperk is grotendeels verantwoordelik vir hierdie drang om antwoorde te kry op die lewe se vrae. Ek het meditasie, joga, hipnose en muti (tong in die kies) met oorgawe nagevors! Verskillende gelowe is aandagtig met mekaar vergelyk. My dieet is drasties aangepas en my…