ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
SARIE

SARIE March - April 2021

Add to favorites

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 234
6 Issues

in this issue

3 min.
michelle se...

2020 Deel II. Hoe dikwels is dít nie die antwoord as jy deesdae vra hoe dit gaan nie! Soos ’n fliek waarvan die intriges bekend is, die spelers ook, en ons angstig wag vir die storie om verder te ontvou. Een toneel ná die ander. Hoe die storielyn ontknoop en hoe dit lewens, óns lewens, verder gaan raak. Want met dié movie is ons nie net kykers nie, maar ook spelers. Min mense – nie eens die grootste optimis onder ons nie – het seker geglo dat hierdie ’n blinknuwe jaar gaan wees. Dat ’n wonderwerk, met ’n vingerklap, tussen 31 Desember 2020 en 1 Januarie 2021 sou plaasvind en als weer “normaal” sou wees. Selfs al het jy op Oujaarsaand ’n vonkelprop of twee geskiet en saam met familie en ’n handjievol…

1 min.
ons inspirasie

Vredesduif EN GAGA Joe Biden se inhuldiging as Amerika as 46ste president was uniek, te midde van die pandemie en ongekende sekuriteit in Washington. Vele onthou-oomblikke was daar wel, een daarvan Lady Gaga wat die Amerikaanse volkslied sing. Die wêreld was gaga oor haar ensemble – ’n bostuk van donkerblou kasjmier en ’n rooi syvolromp. Maar dit was die groot goudkleurige vredesduif wat die internet laat gons het. Self het sy gesê: “’n Duif met ’n olyftakkie. Mag ons almal vrede met mekaar maak.” NÉT CHANEL Coco Chanel bly een van die invloedrykste modename van die 20ste eeu. Bekend vir die Chanel-pak, die skouersak, die ikoniese little black dress. Haar styl was tydloos, elegant en ’n weerspieëling van wat sy geglo het die moderne vrou is. Hoe sy dit verwoord het, het legendaries…

4 min.
ons wêreld

NATUURFOTOGRAAF BETYDS VIR lelies In die suide van Namibië, sowat 40 km noord van Maltahöhe, vind ’n natuurskouspel plaas waarvan min weet. As die Sandhofpan van 770 ha genoeg reën in Januarie of Februarie kry, kom die Crinum paludosum- vleilelie op, blom en verwelk in ’n siklus van skaars twee weke. Natuurfotograaf Hougaard Malan kon dit vanjaar vaslê. Hy vertel saam met die duisende melkwit en pienk lelies verskyn (en verdwyn) die rooigespikkelde kalander. Tot die volgende blomseisoen oorleef sowel plantbol as besie ondergronds. Vir nuus oor die lelies se koms, volg die Facebookgroep Farm Sandhof Lilies, maar jy sal dadelik in jou motor moet spring omdat die blomme net so vier dae op hul piek is. * Lees binnekort meer oor Hougaard in SARIE. ONTWERPER SKEP EIE NATUURLIKE PARFUUM Toe Marize Albertyn, ’n…

6 min.
julle sê ...

DIE AASVOËL EN DIE SARIE KOS-SAK . . . Ek, my ouers en my twee woelwaters het in Desember ’n wildrit by die Dronfieldnatuurreservaat buite Kimberley gedoen saam met ons gids Jaco Powell van Fox Tours. Soos met elke geleentheid is kos betrokke: twee groot koelsakke vol. Al twee SARIE KOS-sakke. Ná ’n heerlike toer, besigtiging en ons piekniek het ons opgepak, reg om huis toe te gaan. Net om op ’n aasvoël af te kom wat teen ’n kragdraad vasgevlieg het en nie verder kon vlieg nie. Jaco het dadelik besluit om te help. Ons het die aasvoël gevang. Goeie spanpoging gewees! Maar hoe nou gemaak? Sy kan nie sommer net vasgehou word nie, daai snawel en pote sal ernstige skade aanrig. Ons het die plaaslike veearts geskakel, wat sê dat ons…

1 min.
die krag van die hart

So het ons “perfekte” familie ook ’n bakleiery agter die rug. Asof 2020 nog nie genoeg drama opgelewer het nie. Daar was glurende oë, dun lippies, stywe nekkies en natuurlik swaaiende wysvingers. Dit oor vroumense se kosbaarste besitting: hul kinders. Almal was in trane, eers dae later het ons weggestap met harte vol liefde. Maar dit daar gelaat. Ek reflekteer oor alles wat gebeur het en kom tot die besef dat die hart ’n ongelooflik komplekse orgaan is. Maar belangriker nog, dat dit definitief die uitvoerende hoof van ons liggaam is. My hart was bitter en kwaad. My kop was logies en het die feite mooi uitgepak. Ek het geweet wat om te doen. Ek het geweet een woordjie, “jammer”, gaan alles regmaak, maar my hart het eenvoudig gaan vassteek soos ’n…

3 min.
nataniël sê ...

Kasdeure is van die belangrikste instrumente in diens van oëverblindery, professionele towenaars, asook die skep van wanindrukke. Dis ook geliefd onder eiendomsagente, egpare met kritiese skoonouers, tuiskokke met huishoudkundige gewetes en tieners met lastige ouers. Deesdae word daar links en regs huise gebou met spierwit minimalistiese kombuise en oop rakke waarop eienaars enkele borde en bakke uitstal, op ’n eiland word ’n statement-skinkbord met vrugte vertoon en eenkant lê twee ontwerperspampoene wat eendag, ééndag gaargemaak gaan word. Daar is ’n indrukwekkende koelkas met donkergrys glasdeure, hierin lê duisende rande se wyn soos gesneuweldes in rye. Alle kookgereedskap en langleefbestanddele moet gehoorsaam in die laaie sonder handvatsels verdwyn. Binne maande word ’n skrynwerker gebel. Kom sit asseblief kasdeure in, die oop rakke werk glad nie, kom so gou as moontlik! Dit is ’n…