ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Tuis Badkamers

Tuis Badkamers

Tuis Badkamers

Tuis Badkamers is ’n eenstopgids vir enigeen wat droom van ’n badkamer-opknap – of jy nou wil bou en breek, of net lus is vir mooimaak. In ware Tuis-styl is dié uitgawe propvol praktiese wenke en kennersraad, van opsies vir teëls en stortkoppe tot elegante pootjiesbaddens en die mooiste bykomstighede.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
One-off
R 60,50

in this issue

8 min
min moeite, groot verskil

#1 In volle blom ’n Vars geur verskaf altyd ’n tikkie weelde. Pluk in jou eie tuin, koop ’n bos vars blomme of belê in ’n pragtige geurverspreider, soos Nikki Zigras, ’n residensiële interieur-ontwerper en eienaar van Studio Do Cabo, in die badkamer van haar klein Victoriaanse kothuis in die Bo-Kaap gemaak het. Kas en spieël ontwerp deur Nikki Zigras #2 Alles bymekaar Pleks van jou lyf-bederfies rond en bont laat staan, groepeer dit in ’n mooi skinkbord en kyk hoe ’n bietjie stilering dit in ’n kalm fokuspunt omskep. Put inspirasie uit dié pragtige versameling in Craig Olckers se huis in Kaapstad. Geurkopies 1 Charlotte Rhys Keylime & Ginger Atmosphere-geurverspreider (100ml) R519, yuppiechef.com 2 Cowshed Lazy Cow Soothing-geurverspreider (250ml) R795, Woolworths 3 Blush Peony-geurverspreider (100ml) R199, Poetry #3 SNEEUWIT Wit op wit kan jou ruimte meer modern laat…

8 min
romantiese ruimtes

#1 Swierig verby Oluf en Michelle Erichsen was nog altyd mal oor Europese argitektuur, asook sonkamers en kweekhuise. Met die ontwerp van hul huis op die Glen Cullen-landgoed in Middelburg, Mpumalanga, het hulle die uitleg en voorkoms van ’n skuur in gedagte gehad, kompleet met ’n sinkdak en ongepleisterde baksteenmure. Die Erichsens, wat graag kontrasterende elemente in hul ontwerpe gebruik, het besluit op ’n apploustrekker van ’n badkamer in die konservatoriumstyl. The Crystal Conservatory het die panele vir dié imposante struktuur vir hulle ingevoer. Die panele is met warmdompelgalvanisering behandel om die kleur presies reg te kry, en hulle moes die struktuur self aanmekaarsit. “Dis was nogal ’n uitdaging, want die aanwysings was in Frans!” sê Oluf. KENNERSRAAD Kandelabers is steeds baie gewild in badkamers, maar huiseienaars moet seker maak hulle koop die regte soort…

1 min
winkels toe!

VERSKAFFERS @home 0860 576 576, home.co.za CTM 0800 010 810, ctm.co.za Hansgrohe 086 111 1941, hansgrohe.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Pilgrimage Spaces 021 300 1925, pilgrimagespaces.co.za Poetry 0860 555 529, poetrystores.co.za…

3 min
maak dit jou eie

Dis nou wel net ’n toilet, maar vir my is dit die mooiste een op aarde!– Mpho Dis die grootte wat tel Die interieur-en meubelontwerper Mpho Vackier van Centurion het ’n slag met opwindende dekorelemente en ryk tekstuur – en haar eie gastetoilet is die perfekte weerspieëling van haar kreatiwiteit. Hier skep ’n treffende oorgroot Tretchikoff-afdruk ’n imposante fokuspunt wat perfek werk in dié klein ruimte. Plakpapier van Robin Sprong Swart op wit Jeanne Botes het swart-en-wit geometriese plakpapier op al vier mure van die gastebadkamer in haar huis in Kaapstad gebruik. Vir kontras met die dramatiese motief het sy die houtvloer behandel met Woodoc Stain in die kleur Ebony. “Dit was eers so ’n dooie ruimte,” sê Jeanne. “Dis nie ’n vertrek waar ek baie tyd deurbring nie; daarom het ek gemik vir maksimum…

3 min
nou’s dit perfek

Ek wou nog altyd ’n treffende vloer hê. Die perfekte teël was elke sent werd!– Marietha In dié huis met sy eenvoudige, perfek vierkantige en simmetriese uitleg (die eienaars vergelyk dit met ’n kind se onklaar tekening), gee kleurryke meubels en eksotiese troeteldiere lewe aan elke hoekie. Dis nommerpas vir Marietha en Keith Quixley, wat in 2013 van Observatory na Plumstead getrek het waar hulle hul seun, Eddie (8), in ’n rustige buurt kan grootmaak. “Ons het begin deur mure uit te breek, matte uit te haal en die kombuis op te knap,” sê Marietha. “Dit was eers in Maart verlede jaar dat ons met die badkamer kon begin.” Dit was die piepklein bad – net 40 liter water is nodig vir ’n gemaklike skuimsessie – wat die opknap aan die gang gesit…

7 min
van binne na buite

#1 Koel kalant Die argitek Jacques Grobler het ’n huis in Ballito aan KwaZulu-Natal se noordkus ontwerp wat nommerpas is vir ’n buitelug-leefstyl. Buiten vensters van die vloer tot die plafon deur die hele huis het hy ook ’n buitestort bygevoeg wat perfek inskakel by die binnestort in die hoofslaapkamer se en suite. Die binnehof wat hy ontwerp het, is net so groot soos die badkamer. En met ’n groot glas-skuifdeur tussenin voel dit kompleet asof jy buite stort, al is jy binne! Dis net reg vir KwaZulu-Natal se soel klimaat. KENNERSRAAD Dennehout-dekplanke is ’n bekostigbare oplossing vergeleke met balau, sê Etienne du Preez van BUCO. “Dié dekplanke se tekstuur is soortgelyk aan balau s’n en dit het groewe aan een kant wat dit glyvas maak. Die hout verkleur ook grys as jy dit onbehandeld…