HALLO
Trends is darem maar ’n fassinerende verskynsel. Hoe ’n sekere styl begin posvat en voor jy jou oë kan uitvee, sien jy dit oral. Dit gebeur in die modewêreld, met grimering, natuurlik in dekor – selfs vakansiebestemmings, plaaslik en oorsee... Ek verwonder my altyd aan hoe trends ontstaan. Dink nou maar aan die mooi skoolstyl-staalraamvensters wat ’n mens in soveel opknapprojekte sien. Die ontwerp is glad nie nuut nie, maar iewers het iemand nie lank terug nie met ’n tikkie nostalgie besluit dié ouskoolse (woordspeling aspris!) ontwerp is presies wat hulle wil hê, en kort voor lank was dit oral. As dit by kleure kom, kan ek dae lank aangaan. Ek weet nie of ek al kan sê grys as ’n trend is heeltemal verby nie, maar ek dink ons is oor…