Tuis August 2021

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
R 56
R 336
8 Issues

in this issue

3 min
liewe leser

Op ’n grou Maandagoggend sit ons in ’n yskoue kerk in Bellville vir ’n begrafnis. Dis ’n Kaapse winter soos uit my kinderdae. Dae en dae aanmekaar sous dit. Covid se derde vlaag het ons beet, en ons sit kol-kol op die harde banke – letterlik, want rooi plakkers wys jou wat ’n veilige afstand is. Ek is dankbaar vir die masker wat in die ysige lug my wange warm hou. In my skoene begin my tone stadigaan gevoel verloor, soos toe ek as tiener in die winter met my fiets moes skool toe ry. Namiddae moes my skoolskoene lou-oond toe om droog te bak. Dis my vriend Tony se begrafnis. Hy was ’n groot man: van lyf, van hart, van gees, van omgee. Tot die groot K hom kom haal het. Hy was…

tuisza210801_article_004_01_01
3 min
ons lesers sê

WENBRIEF Welkom, Dover! Lelanie Watson van Bloemfontein skryf Jare lank staan hierdie ou stoof al agter die huis op ons plaas, maar dié winter het ek besluit: Hoekom sal ek nou so koud wil kry as ek hom kan inbou? Hy is gediens en skoongemaak, en toe kom die groot besluit oor waar om hom te sit. Daar’s ’n leefarea tussen die kombuis en slaapkamers. Met ’n paar aanpassings sou Dover hier sy staanplek kon kry en ’n fokuspunt in die vertrek word. Ek was nog altyd lief vir kleur, en met blou mure, ’n oranje deur en helder erdeware in die kombuis was ’n Mexikaans geïnspireerde muur die oplossing. Ek het die talavera-teëls van Hadeda laat koerier uit Johannesburg en toe die uitleg, beplanning en lê van die teëls self behartig. Ek…

tuisza210801_article_006_01_01
4 min
wat’s nuut

SKEP EN VERNUWE! WIE Lana Sinclair WAAR Somerset-Wes BESIGHEID RAW Stonecast Décor HAAR WERK Lana wou graag beton meer gebruikersvriendelik maak, en het begin eksperimenteer met die verhouding van herwindepapierpulp tot beton in die mengsel waarmee sy ligter en ekovriendeliker gegote betonprodukte maak. Sy maak haar eie gietvorms vir haar produkreeks wat uit tafellampe, planthouers en vase bestaan. Ons het Lana se nuwe reeks driehoekplanthouers (vanaf R350 vir ’n stel van 4) by die Blaauwklippenmark buite Stellenbosch raakgesien. Dis so lig dat alkant-plakband sterk genoeg is om dit teen ’n muur te monteer – jy hoef glad nie gate te boor nie! “Dis die perfekte laeonderhoud-dekorstuk,” sê Lana. “Grond, ’n mooi vetplant en ’n teelepel water een keer per week is al wat dit vra.” Die driehoekplanthouers is te kry in wit, betongrys en swart; kyk…

tuisza210801_article_008_01_03
3 min
onmiskenbaar jou eie

Skuif nader Toe Johané en Allister Neilson in hul nuwe huis in Durbanville intrek, het hulle ’n onnodige buitetoilet laat omskep in ’n klein wynkelder met stoorplek wat nou in die studeerkamer oopmaak. “Die kamertjie is heerlik koel en perfek vir wyn bêre, maar piepklein. Vir maksimum muurspasie het ons bouer die deuropening taamlik nou gemaak, met net genoeg spasie langsaan vir ’n skuifdeur,” vertel Johané, Tuis se kosredakteur. “Pleks van ’n deur wou ek eers ’n dekoratiewe skerm laat lasersny sodat dit by die kunsmuur langsaan kan pas, maar dit sou baie duur wees. Gelukkig sien Allister toe ’n deur met vlak rakkies op Pinterest. Dit was sy inspirasie om self dié deur te bou wat nie net praktiese ekstra bêreplek vir my kookboekversameling bied nie, dis boonop mooi ook!” Allister…

tuisza210801_article_012_01_01
7 min
eklektiese elegansie

WIE WOON HIER? Steven en Lella Kondylis, met Charlie die Jack Russell en Lulu die Yorkie WAAR Constantia, Kaapstad GROOTTE 506 m² Lella Kondylis sê self sy’s presies die teenoorgestelde van Marie Kondo, die beroemde Japannese ontrommelaar wat glo elke ding moet op sy plek wees. Nie dat sy van ’n deurmekaarspul hou nie. Dis juis die bekoring van haar 30 jaar oue huis in Constantia: Aan die een kant is dit lig en lugtig; aan die ander kant die ene dramatiese dekor met groot areas bedek met plakpapier en helder kleure – wat uiteindelik perfek saamwerk. “Alles het ’n storietjie, maar ek oordink beslis nie my dekor nie,” sê Lella, ’n keramiekkunstenaar wat onder die naam Porcelain Petites werk. “Ek verkies ’n gesellige huis, nie ’n skouhuis nie.” Lella en Steven het hul huis…

tuisza210801_article_016_01_01
1 min
kennersraad

Sandy Warner, wat in badkamerontwerp spesialiseer, het hierdie wenke vir ’n stortvloer: • Skep ’n naatlose voorkoms deur dieselfde vloerteëls in die stort as in die res van die badkamer te gebruik. Groot teëls (1 200 x 600 mm) is tans baie gewild. • Die meeste moderne badkamervloerteëls is glyvas; jy kan ook ’n produk bo-oor aanwend wat die oppervlak veiliger vir nat voete maak. • Mosaïekteëls bly ’n gewilde keuse vir stortvloere; kies ’n mooi ontwerp, soos stylvolle ses- of agthoekige vorms, in ’n soortgelyke kleur as die res van die vloer. Mosaïek verskaf meer tekstuur en detail en is ook meer glyvas; hou net in gedagte dat die voegbry onderhoud verg. • Patrone wat van die badkamervloer reg deur tot in die stort strek, werk goed – selfs in klein ruimtes! • Vir…

tuisza210801_article_027_01_02