ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Tuis

Tuis Tuis Opknap 2019

Add to favorites

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 288
8 Issues

in this issue

1 min.
tuis opknap

REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Kaapstad-kantoor 20ste Vloer, Media24-gebou, Heerengracht 40, Kaapstad Kaapstad-posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Kantoorbestuurder Amina Essop 021 406 2401 Johannesburg-kantoor Media Park-gebou, Kingswayweg 69, Auckland Park REDAKSIE Artikelredakteur Shané Barnard • shane.barnard@media24.com Kreatiewe redakteur Marian van Wyk Kosredakteur Johané Neilson • johane.neilson@tuis.co.za Ontwerpredakteur Andrew Maritz Uitlegkunstenaar Jade Cupido Teksredakteurs Desiree Hartney en Johletta Brits Multimediajoernalis Suné Esterhuizen Fotograaf Francois Oberholster Foto-opknapper René Nortjé MEDEWERKERS Kim Arendse, Shelly Bergh, Simone Borcherding, Candice Botha, Sally Chance, Elza Cooper, Greg Cox, Deon de Goede, Paula Dubois, Suretha Jansen van Rensburg, ER Lombard, Marlene Malan, Beatrice Moore-Nöthnagel, Misi Overturf, Elna van der Merwe, Amanda van Wyngaardt, Pamela Whitby, Henrique Wilding Bemarkings-en-funksiebestuurder Andile Nkosi Produksiebestuurder Kerry Nash Algemene navrae Donvé Myburgh 021 406 2387 ADVERTENSIES Hoof: Advertensieverkope (Kaapstad en KZN) Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 Sleutelklantbestuurder (Kaapstad) Charlene Meyer 082 928 5970 Verkoopbestuurder (Johannesburg) Susan Pienaar 083 281 7300 Toonvenster-advertensies Evonne Mehl 021 461 2396 SPESIALE PROJEKTE Skeppende…

2 min.
dis als in die detail

Die berge, valleie en see herinner ons aan die wonderlike uitsigte wat ons op ons reise geniet het. Daarom het ons die berge huis toe gebring!– Caroline ’n Asemrowende landskap Caroline Jacobs en haar seuns, Kyle en Cameron, noem hul kombuis hul “alles-in-een-hartsplek”; dis waar hulle gehaltetyd saam deurbring en “koesterkos” kook. Maar dit was nie altyd die gesellige, kreatiewe ruimte wat dit vandag is nie. Caroline sê die oorspronklike kombuis het “gesmeek om verandering”. Met inspirasie uit die duine langs die see digby hul huis in Melkbosstrand, asook die berge dieper die binneland in, het sy ’n besonderse muurskildery op ’n gewone, deels geteëlde muur aangebring – een wat perfek by haar nuutgeverfde kaste en nuwe werkvlakke pas. “Ons hou van verf met aardse kleure en neutrale skakerings. Dié palet skep ’n veelsydige…

1 min.
winkels toe!

VERSKAFFERS Annie Sloan anniesloansa.co.za Block & Chisel 087 015 0181, blockandchisel.co.za Coricraft 011 611 8700, coricraft.co.za Dulux 0860 330 111, dulux.co.za Duram 0800 500 222, duram.co.za Eight Degrees South 076 766 9842, eightdegreessouth.com Eurolux 021 528 8400, eurolux.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Plascon 0860 20 40 60, plascon.com Poetry 0860 55 55 29, poetrystores.co.za Sheet Street 0800 212 535, sheetstreet.com Sofaworx 021 418 0363, sofaworx.co.za Tjhoko Paint 073 206 3104, tjhokpaint.co.za…

7 min.
want vyf is nie twee nie

Die grootste deel van die opknap het aan die voorkant van die eiendom gebeur. Met die hoë, skuins dakke het die huis voorheen amper soos ’n kerk gelyk. Eerder as om met iets nuuts vorendag te kom, het die argitek die dak se skuins lyne op ’n moderne manier gebruik. Dieselfde dakvorm is vorentoe gebring, maar dit is gemoderniseer deur dakvensters in te sit en af te wissel met platdak-elemente. In die jaar voor hul troue 15 jaar gelede koop Corine en Adri hul eerste huis. Maar dit sou lank wees voor hulle hulle daar kon vestig, want eers is hulle Frankryk toe. “Ek het by Boland College gewerk en Adri het vir Maties en later WP rugby gespeel,” vertel Corine. “Ons is in Desember 2004 getroud en op die dag toe…

1 min.
wen dié leerbank van incanda!

Incanda Furniture is ’n trots Suid-Afrikaanse verskaffer van meubels en dekor wat moderne, organiese mooigoed verkoop wat nommerpas is vir die Suid-Afrikaanse leefstyl. Als by Incanda Furniture word handgemaak met fyn aandag aan detail – perfek vir kieskeurige kopers wat glo in topgehalteprodukte wat ’n leeftyd sal hou. Geïnspireer deur Mzansi se eenvoudige, elegante en moderne styl, fokus Incanda Furniture op die volhoubare gebruik van natuurlike materiale soos hout, leer en lap om ’n warm, innemende en stylvolle ruimte in te rig – of jy nou ’n klassieke, aanloklike huis wil mooimaak of ’n professionele en gesofistikeerde kantoor wil skep. Jy sal tuis voel by Incanda! Het jy geweet? Incanda het ’n span binneontwerpers wat graag sal help met die mooimaak van jou ruimte. Skep ’n knus tuiste wat net reg is vir jou. Besoek…

3 min.
ons lieflike nuwe kombuis!

KOMBUIS Danksy nuwe Swedish Style-kaste in Ice White van Milestone Kitchens het die kombuis ’n vars, kontemporêre voorkoms. Die rugkante van die oop rakke is blou geverf vir ’n mooi fokuspunt en om die kleur in die spatpaneel te herhaal. EETAREA Die kombuis is uitgebrei na die eetdeel langsaan, waar onder meer die yskas nou staan; die wasmasjien is na die badkamer geskuif. “Dit het heelwat ruimte in die knap kombuis beskikbaar gestel,” sê Tiyon. TOTAAL: R95 425 Kombuiskaste 82 709 Loodgieter 2 500 Kraan 750 Vloerteëls 400 Nuwe gas-kookblad 3 600 Gas-installasie 2 250 Viniel-muurteëls 1 116 Verf 600 Skroewe, verseëlaar, ens. 1 500 Dié sjarmante huisie in Harfield Village, Kaapstad, is alles wat die verloofde paartjie Tiyon Loubser en Sipho Evans in hul eerste tuiste wou hê: Dis naby goeie restaurante en nie te ver van die middestad en voetslaanpaaie in die…