ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Tuis

Tuis Tuis Opknap 2020

Add to favorites

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 288
8 Issues

in this issue

1 min.
tuis opknap

REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Kaapstad-posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Kantoorbestuurder Amina Essop 021 406 2401 REDAKSIE Artikelredakteur Shané Barnard • shane.barnard@media24.com Kreatiewe redakteur Marian van Wyk Kosredakteur Johané Neilson • johane.neilson@tuis.co.za Uitlegkunstenaars Jade Cupido en Andrew Maritz Teksredakteur Johletta Brits Digitale redakteur Amy Johnson Multimediajoernalis Suné Esterhuizen Fotograaf Francois Oberholster Foto-opknapper René Nortjé Produksiebestuurder Kerry Nash MEDEWERKERS Bielle Bellingham, Candice Botha, Elza Cooper, Greg Cox, Cornel Dunn, Marié Esterhuyse, Desiree Hartney, Marlene Malan, Beatrice Moore-Nöthnagel, Marie Opperman, Jan Ras, Elna van der Merwe, Amanda van Wyngaardt, Henrique Wilding ADVERTENSIES Hoof: Advertensieverkope (Kaapstad en KZN) Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 Sleutelklantbestuurders (Kaapstad) Charlene Meyer 082 928 5970 Daniela De Giovanni 083 709 7040 Verkoopbestuurder (Johannesburg) Susan Pienaar 083 281 7300 Toonvenster-advertensies Evonne Mehl 021 461 2396 MEDIA24 LIVE Handelshoof (projekte) Francois Malan 021 406 2376 Borgskappe Nikki Ruttiman 011 713 9147 Bemarkings-en-funksiebestuurder Andile Nkosi 021 406 2257 LEEFSTYL-ATELJEE Skeppende direkteur Michael de Beer Handelsbestuurder (maandeliks) Lise Coetsee Handelsredakteur Gerda…

3 min.
al die kleure van die reënboog

6 van die bestes Dié ses kompakte dog funksionele en suite-badkamers in Annamarie en wyle Dirk Blom se woonhuis op Bettysbaai het elkeen sy eie identiteit – en met goeie rede. Die Bloms het vier volwasse seuns wat elkeen ’n lewensmaat het, asook ses kleinkinders. Dis meer as ’n dosyn gaste wat vakansietye die huis op horings neem! Elke badkamer se palet pas by sy slaapkamer se dekor, en die kamers maak almal op ’n binnehof oop. Vir ’n woonhuis wat ook as vakansiehuis dien, werk dit uitstekend, want niemand hoef ooit tou te staan vir die badkamer nie. Dié oulike ontwerpidee was hul oudste seun, Theuns, s’n. En nadat die hele familie oor en weer koppe bymekaargesit het, het die idee van die vierkantige teëltjies agter elke wasbak as basis van die…

8 min.
kleurryk en karaktervol, nes sy inwoners

Karen Dudley bak vir Tuis se besoek aan haar gerestoureerde huis in Woodstock ’n papawersaadkoek. Dis hoe ons haar ken – kosmaker, resepteskepper. Daarom dat sy amper twee jaar lank vir Tuis ’n kosrubriek geskryf het. Sy is immers ook die skrywer van drie kosboeke, A week in The Kitchen, Another week in The Kitchen en Set a Table. Kos is haar lewe, maar mooimaak en versamelgoed ook. “Ek het nie moed om die oond oop te maak nie,” sê Karen toe ons ná ’n toer van die huis weer in die kombuis eindig. Sy het nie geweet dis nogmaals tyd vir beurtkrag nie en het die koek in die oond gedruk net 10 minute voor die krag afgegaan het. Sy skakel dit weer aan sonder om te kyk wat binne…

10 min.
karoo-k arakter in wit

Nadat ’n regte Karoo-plaashuis – spesifiek een wat gesmeek het om ’n opknap – jare lank op sy wenslys was, loop Adrian Lombard dit in 2016 op Prins Albert raak: ’n Ruim hoekhuis in die hoofstraat met ’n reuse-wildevy in die agterplaas en ’n uitgestrekte voor-, sy- en agterstoep. “Dié dorp is die perfekte ontsnapplek om my kreatiewe idees te laat floreer,” vertel Adrian, ’n handelsmerkstrateeg en produkontwikkelaar van Kaapstad. “En die lig! Dis een van die beste eienskappe van die Karoo – behalwe die skoon, helder lug, ook sy asemrowende lig.” Byna vier jaar nadat hy die ou huis aangeskaf het, is dit steeds ’n work in progress, soos hy dit noem. Maar die belangrikste – die kuier-en onthaaldeel, sowel as die vooraansig – is afgehandel. ’n Tweede tuiste Hy geniet sy huis-weg-van-die-huis…

6 min.
blyplek in ’n graansilo

Toe vriende en familie hoor Sumari en Alexander wil die twee vervalle silo’s voor hul huis op ’n plaas naby Klapmuts in gasteverblyf omskep, was almal baie verbaas – maar ook nuuskierig en opgewonde. Hulle ken Sumari immers as ’n vrou van durf en daad en iemand wat so ’n projek met die nodige deernis sou aanpak ten einde die erfenis van die geskiedkundige wynplaas wat uit 1715 dateer, te eerbiedig. “Die silo’s is in 1935, nog voor die Tweede Wêreldoorlog, gebou en is oorspronklik vir die opberg van graan gebruik,” vertel sy. “Toe Alexander se oupa Mordaunt Milner die plaas in 1969 koop, het hy dit in perdestalle omskep as deel van sy groot passie om renperde te teel.” Die silo’s het byna 30 jaar lank as perdestalle gedien, maar nadat…

7 min.
in toeka se styl

Ryan en Carla Jardine was nog altyd aangetrokke tot plattelandse huise met ’n ryk geskiedenis, propvol karakter en artikels uit toeka se tye. Toe hulle uiteindelik hul droom verwesenlik deur ’n huis op ’n Weskus-dorpie te koop, het hulle besef hulle kon die oorspronklike hoefsmid se stal op die werf omskep in ’n gesellige selfsorghuisie waar hulle self kon woon terwyl hulle die grootste opknapwerk aan die hoofhuis klaarmaak. “Hopefield is net ’n uur se ry van Kaapstad, maar geheel en al verwyder van die stadsgedruis,” sê Carla. “Die dorp spog met ’n jaarlikse blomfees en heelparty kunstenaars wat hier woon, maar die meeste mense vlug eintlik hierheen agter die rustigheid aan. Dis die oudste dorp aan die Weskus, gestig in 1853. En die titelakte van hierdie eiendom dateer uit 1862.” Die stal…