JOU EIE stempel
Uit die omgewing Ons is mal oor die sandsteenwerk aan Louise en Manfred Vietze se huis op Stilbaai. Die klip kom uit die omgewing, en saam met die dekoratiewe traliewerk in die handrelings en kleurkombinasie van hout, sagteblou hortjies en grys vensterrame is die plek pure romanse. Toe die Vietzes ’n kothuis op die erf wou bou vir wanneer hul kinders kom kuier, moes hulle fyn beplan om by die erfenisbepalings van die munisipaliteit te hou. Die huis is immers oor ’n 100 jaar oud. “Ons het reeds heelwat gekapte klip op die werf gehad en moes nog ’n paar bykoop. Gelukkig kon ons kundige klipkappers kry wat ons kon help met die nuwes,” vertel Manfred. Teëltjie, teëltjie om die rand Jill en Craig Marion van Wildernis wys ’n gedaantewisseling hoef nie jou beursie…