menu
EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Home & Garden
TuisTuis

Tuis June 2019

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R37,60
SUBSCRIBE
R423
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time3 min.
hallo

Dis ’n vakansiedag, en ek is nog in my pajamas. “Nee,” sê sy. In haar huis geld twee reëls: “Jy vat nie ’n glas wyn bed toe nie en jy sit nie in die sitkamer in jou pajamas nie.” Ek dog sy gaan kla oor die hond, want hy sal nie huiwer om in te leun, met sy kop so op jou skouer, as hy op sy gemaklikste is nie. Maar dit pla haar klaarblyklik min. Die feit dat ek in my nagkabaai daar sit, is die steen des aanstoots. Ek is gelukkig te oud vir groepsdruk, sê ek, en dis bowenal my huis. Die lekkerste kuiers is in elk geval sulke luilekker tjommels waar almal op ’n koue wintersdag so op die banke lê, pannekoek eet, die kaggel stook … heeldag…

access_time1 min.
tuis

REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Kaapstad-kantoor 20ste Vloer, Media24-gebou, Heerengracht 40, Kaapstad Kaapstad-posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Kantoorbestuurder Amina Essop 021 406 2401 Johannesburg-kantoor Media Park-gebou, Kingswayweg 69, Auckland Park REDAKSIE Artikelredakteur Kim Arendse • kim.arendse@media24.com Kreatiewe redakteur Marian van Wyk Kosredakteur Johané Neilson • johane.neilson@tuis.co.za Ontwerpredakteur Andrew Maritz Uitlegkunstenaar Jade Cupido Teksredakteurs Desiree Hartney en Johletta Brits Digitale redakteur Shané Barnard • shane.barnard@media24.com Multimediajoernalis Suné Esterhuizen Fotograaf Francois Oberholster Foto-opknapper René Nortjé MEDEWERKERS Shelly Bergh, Karin Brynard, Elza Cooper, Deon de Goede, Paula Dubois, Gerda Engelbrecht, Marié Esterhuyse, Kerryn Fischer, Suretha Jansen van Rensburg, ER Lombard, Kay Montgomery, Beatrice Moore-Nöthnagel, Misi Overturf, Juané Scheepers, Mari Smalberger, Jeandri Streicher, Ludwig Taschner, Luanne Toms, JJ van Rensburg, Elna van der Merwe, Amanda van Wyngaardt, Henrique Wilding, Elsa Young Bemarkings-en-funksiebestuurder Andile Nkosi Produksiebestuurder Kerry Nash Algemene navrae Donvé Myburgh 021 406 2387 ADVERTENSIES Hoof: Advertensieverkope (Kaapstad en KZN) Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 Sleutelklantbestuurder (Kaapstad)…

access_time2 min.
ons lesers sê

WENBRIEF Tuin met musiek Izelle Theunissen van die Strand skryf Baie dankie vir die pragtige artikel oor die Johnmantuin (Tuis, Mei 2019). Ek is een van die mense wat bevoorreg is om tjello te neem by die musieksentrum in die Johnmans se pragtige ou huis. Afgesien van ’n wonderlike “musiekjuffrou” in Marelise Diener, is die tuin ook ’n rede hoekom ek graag musiekles toe gaan. Daardie tuin wat onder Pietman, Paula en die werkers se hande vorm aangeneem het, is beslis ’n lushof. Wanneer ek vroeg is vir ’n les, is daar niks lekkerder nie as om in die tuin te gaan sit en te kyk hoe alles verander namate die seisoene hul loop neem. Jy kan skaars glo die tuin is net ’n blok van die bedrywige Dorpstraat af! Kosbare geskenk Marna van…

access_time1 min.
dagboek

OP DIE KASSIE In Tuis se TV-program 1, 2, 3 fixit! loop die spanning hoog. Die einde is in sig en almal wonder watter een van die blou, geel of oranje span die wenner gaan wees. In die laaste episode kyk die beoordelaars na die drie grootse projekte – die kombuis, leefarea en Airbnb-woonstel – en kondig dan die wenners aan! Sal die huiseienaar, Annelie Carstens, tevrede wees met die eindresultaat? En watter span stap weg met die R100 000-kontantprys van BUCO en Timbercity? Kyk die slotepisode op Donderdag, 23 Mei om 17:30 op VIA, kanaal 147 op DStv. KWILTS OP CLARENS 18–21: Clarens, Vrystaat Winter in die Vrystaat beteken kwilts op Clarens! Dis die ideale naweekwegbreek vir beginners en enigeen wat in ’n rustige omgewing wil kwilt. Agt klasse word elke dag aangebied…

access_time1 min.
junie-flitse

13: Geniet sjef Ivor Jones en sy span se jaarlikse Chefs4Soil-ete by die Chefs Warehouse Beau Constantia in Kaapstad. Die opbrengs word gebruik om werklose mense in lae-inkomstebuurte te help om hul eie kos te kweek. Kaartjies kos R1600 per paartjie. Skakel 021 794 8632 om te bespreek. 14–17: Put inspirasie uit ’n verskeidenheid handwerk – van weef en verf tot beeldhou en plakboek maak – by die jaarlikse Art and Craft Ramble op Wakkerstroom. Besoek artramblewakkerstroom.co.za vir besonderhede oor slypskole en demonstrasies. 15: Kies koers na die Franschhoek- kelder vir vanjaar se Franschhoek Winter Wines waar jy van die seisoen se beste rooiwyne saam met hartlike winterkos kan geniet. Koop kaartjies by webtickets.co.za teen R295 per persoon; skakel 021 876 2861 vir nog inligting. 15–16: Bederf jou pa dié Vadersdag by die…

access_time1 min.
skep en innoveer

WIE Chris Roets en Wayne Hayward WAAR Kaapstad BESIGHEID Grys HUL WERK Chris, ’n marknavorser, en Wayne, ’n rekenmeester, het die idee vir hul besigheid gekry nadat hulle hulself verras het deur eiehandig ’n betonblad vir hul houteetkamertafel te maak. So het Grys in 2018 ontstaan. “Ons wou nog altyd iets kreatiefs saam doen, en met ons pragtige nuwe tafel en gedeelde liefde vir die kleur grys was dit amper vanselfsprekend dat ons betonware vir die huis begin vervaardig,” sê Chris. Hy en Wayne maak en ontwerp al hul produkte, waaronder kombuisware en tafelgerei, self; dit kan na enige plek in Suid-Afrika versend word. Sien grys.co.za.…

help