menu
EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Home & Garden
TuisTuis

Tuis July 2019

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R37,60
SUBSCRIBE
R423
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time3 min.
hallo

Toe hulle my vra of ek die gasspreker sal wees by dié ledevergadering in die Swartland, maak ek ’n teenvoorstel: Ja, ek sal kom praat, maar ek bring ’n verfkenner saam, dan verf almal iets wat hulle kan saamneem huis toe. Ek laai my oudkollega, die verfkenner Dale Niehaus, in die kar, en potjies Tjhoko Paint wat op die agtersitplek ratel, asook kwaste en stensils waarmee die VLV-vroue wit linneservette kan opdollie. Dis ’n vrolike spul vroue wat ons teëloop in die Tillies-saal in Tilla-laan, en ons smul aan tee en eetgoed voor die verfdemonstrasie begin. Tee uit ’n vlekvryestaal-pot proe darem net anders. Lekker, en vol nostalgie. Laat my dink aan kerkbasaar. Dale laat waai, soos net sy kan. Die vroue lag, die verf spat en die servette is merendeels ’n sukses.…

access_time1 min.
tuis

REDAKSIE Artikelredakteur Kim Arendse • kim.arendse@media24.com Kreatiewe redakteur Marian van Wyk Kosredakteur Johané Neilson • johane.neilson@tuis.co.za Ontwerpredakteur Andrew Maritz Uitlegkunstenaar Jade Cupido Teksredakteurs Desiree Hartney en Johletta Brits Digitale redakteur Shané Barnard • shane.barnard@media24.com Multimediajoernalis Suné Esterhuizen Fotograaf Francois Oberholster Foto-opknapper René Nortjé MEDEWERKERS Shelly Bergh, Karin Brynard, Sally Chance, Elza Cooper, Deon de Goede, Paula Dubois, Gerda Engelbrecht, Amora Erasmus, Marié Esterhuyse, Gillian Eva, Suretha Jansen van Rensburg, ER Lombard, Kay Montgomery, Beatrice Moore-Nöthnagel, Misi Overturf, Juané Scheepers, Ludwig Taschner, JJ van Rensburg, Amanda van Wyngaardt, Henrique Wilding Bemarkings-en-funksiebestuurder Andile Nkosi Produksiebestuurder Kerry Nash Algemene navrae Donvé Myburgh 021 406 2387 ADVERTENSIES Hoof: Advertensieverkope Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 (Kaapstad en KZN) Sleutelklantbestuurder (Kaapstad) Charlene Meyer 082 928 5970 Verkoopbestuurder (Johannesburg) Susan Pienaar 083 281 7300 Toonvenster-advertensies Evonne Mehl 021 461 2396 SPESIALE PROJEKTE Skeppende direkteur Michael de Beer Handelsbestuurder (maandeliks) Lise Coetsee Handelsredakteur Gerda Engelbrecht Handelshoof (projekte) Francois Malan SIRKULASIE Sirkulasiebestuurder Adele…

access_time2 min.
ons lesers sê

WENBRIEF Nagereg in die bed Annemarie Meyer van George skryf Opgaar is nie een van my swakhede nie, maar een ding wat ek nie kan wegmaak nie, is my versameling van ses jaar se Tuise. Ná ’n slegte ongeluk is ek bedgebonde en moet ek myself besig hou om nie in depressie te verval nie. Die gedagte kom by my op om my tydskrifte in maande te groepeer, en wat ’n belewenis om die Mei-stapeltjie uit te haal! Dit voel soos ses splinternuwe boeke waarin ek alles oor Mei se tuinmaak, dekor en herfskosse kan lees. Sodra my man die jongste uitgawe van die winkel af bring, gaan ek my eers in my ses ou (“nuwe”) Tuise verlustig en 2019 s’n vir nagereg hou! My wêreld! Ilze Venter van Pretoria skryf Sedert ek die…

access_time1 min.
dagboek

OP DIE KASSIE In Opgetof (seisoen 2 begin 15 Julie op VIA, DStv-kanaal 147) kry drie gastehuis-eienaars hulp by ’n span gesoute selfdoeners om hul besighede te verbeter ten einde hul gradering ’n hupstoot te gee. DIE VRYSTAAT-KUNSTEFEES 1–7 Julie: Bloemfontein Hier is iets vir almal – van voorste teater- en musiekproduksies in Afrikaans, Engels en Sesotho tot eksperimentele dans, kunsvlyt en visuele kuns. Besoek vrystaatkunstefees.co.za. 25ste BASTILLE-FEES 13 & 14 Julie: Franschhoek, Wes-Kaap Teken dié datum in jou dagboek aan. Bring die dag by die historiese Hugenotemonument deur en smul aan fynproewerkos en die voorste wyne uit die streek. Kaartjies is beperk; kry joune teen R395 per persoon by webtickets.co.za (dit sluit ’n gratis proeglas, wynproe-koepons en ’n R20-geskenk-bewys in wat vir een dag geldig is). Vir nog inligting, besoek franschhoekbastille.co.za. WODAC PET EXPO 19–21 Julie: Gallagheruitstalsentrum, Midrand Die jaarlikse…

access_time1 min.
julie-flitse

27 Junie–7 Julie: Die Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad) is terug met plaaslike én internasionale talent. Sien die program en bespreek plek by nationalartsfestival.co.za of skakel 0860 002 004. 1–28: Die Jive Cape Town Funny Festival is weer by die Baxter-teater in Kaapstad met die beste plaaslike en internasionale skerpskertsers. Kaartjiepryse begin by R160 by webtickets.co.za. Skakel 021 685 7880 of besoek funnyfestival.co.za. 6: Kom vier die Irene-mark se 30ste bestaansjaar by die Big Red Barn in Olifantsfontein en geniet al die stalletjies en lewende musiek. Skakel 060 965 4894 vir inligting. 6: Besoek die Greyville-renbaan in Durban vir die jaarlikse Vodacom Durban July met die tema Stars of Africa. Kaartjiepryse begin by R220 by computicket.com. Besoek vodacomdurbanjuly.co.za. 12–14: Die RMB Turbine Art Fair skuif na Illovo, Johannesburg. Verwag groter galeryruimtes en opwindende uitstallings.…

access_time3 min.
wat’s nuut

SKEP EN INNOVEER WIE Primrose Chimhanda WAAR Kaapstad BESIGHEID Primrose Charmz HAAR WERK Die argitek-tegnoloog Primrose Chimhanda het haar passie vir kreatiewe ontwerp ingespan en haar eerste reeks strooikussingoortreksels geskep. Dit heet 27 – genoem na haar ouderdom toe sy die onderneming op die been gebring het. Elke detailryke ontwerp (regs is Daffodil, Dandelion en Lotus) is geïnspireer deur die natuur en meetkunde, en word op suiwer katoen gedruk. “Vir my simboliseer dié blomme bemagtiging,” sê Primrose. “Ek wil hê dit moet dien as visuele motivering en herinnering dat ons as mens sterker is as wat ons dink; ons het die mag om struikelblokke te oorkom en sterker anderkant uit te kom.” Besoek primrosecharmz.com of Instagram by @primrose_charmz. HOE PRETTIG! Rolecia Janse van Rensburg het haar laat inspireer deur Liquorice Allsorts vir die maak van die O-RO-kashandvatsel…

help