EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Tuis

Tuis August 2019

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
R37,60
SUBSCRIBE
R423
12 Issues

In this issue

2 min.
hallo

In ’n herberg in Griekeland is ons onlangs die enigste gaste saam met ’n vrolike groep jeugdiges uit Duitsland Yorgos, die eienaar, het vooraf gewaarsku: “There will be noise. Maybe I find you different place.” Maar ek ken die herberg met sy uitsig oor die Egeïese see en die kerkklok van die Grieks-Ortodokse kerk links voor wat drie keer weeïg lui as iemand in die dorpie die lewe groet. “We don’t mind noise,” sê ek vir Yorgos, en ons bevestig die bespreking. Die herberg het ’n gemeenskaplike kombuis en soggens is dié bymekaarkomplek ’n geroesemoes van stemme en gelag. En lepels wat teen koppies en bakkies se rande klingel. Ek praat seker drie woorde Duits, maar die klomp jongmense, almal uit Beiere, wil gesels. Ons word ge-“high five” as ons daar instap, en uitgevra…

2 min.
ons lesers sê

WENBRIEF Kleiner is beter Bernard Otto van Vaalpark skryf Janene, jy is my heldin. Ek het groot bewondering vir jou en Waentoe, die huisie op wiele wat 2018 se Regruk met Flair-kompetisie gewen het. Ek stel self belang in die “tiny house”-beweging. Is daar ooit so iets in Suid-Afrika? Twee jaar gelede het ek by my huis aangebou. Nou vra ek myself af: Waarom ’n huis wat voldoende is vir ’n half-eksentrieke alleenloper nog groter maak? “Afskaal!” is al wat ek deesdae roep. As daar ooit ’n mikrohuis-dorpie in ons land sou ontstaan, is ek daar. Want ’n huisie op wiele het my nog altyd gefassineer. As selfdoener besef ek wat dit moes gekos het om Waentoe self te ontwerp en te bou. Laastens: Ek liéf die “trailer trash”-asblik wat ewe astrant…

3 min.
dagboek

OP DIE KASSIE Dit proe soos huis (seisoen 1 begin Maandag 12 Augustus om 17:30 op VIA, kanaal 147 op DStv) bring hulde aan die geliefde Sarie-kosredakteur, Herman Lensing, se oorlede ma. In die program nooi hy bekende gaste by sy kombuis in om resepte vir egte huiskos te berei en uit te ruil. VRYSTAAT-WYNSKOU 2–3 Augustus: Ilanga Estateboetiekhotel, Bloemfontein Kom proe nuwe, belowende wyne, asook geliefde ikoniese versnitte by die jaarlikse Vrystaat-wynskou. Hier kan jy uit sowat 200 wyne – van volronde rooi versnitte tot vonkelwyn – kies en dit paar met heerlike fynkos. Koop jou kaartjies teen R200 by webtickets.co.za. Besoek freestatewineshow.co.za vir nog inligting of skakel 011 482 5936. DECOREX JOHANNESBURG 7–11 Augustus: Gallagher-uitstalsentrum, Johannesburg Kom verlustig jou in keurig uitgesoekte produkte van voorste ontwerpers en vervaardigers by een van die grootste dekor-en-ontwerptentoonstellings in…

2 min.
wat’s nuut

Mooi kurwes Minima is die breinkind van die argitek Jacques Cronje van Jacques Cronje Timber Design. Dié pragtige kombuisstoel (R2880, ongebeits) is deel van die nuwe stoelreeks wat onlangs by hul beligting-en-meubel-aanbod gevoeg is. Die ontwerp verteenwoordig ’n liefde vir meetkunde, skoon lyne en gerief. Dis gemaak van volhoubare berkelaaghout en is geskik vir binne, of buite-areas onder dak. Besoek minima.co.za vir meer. Skep en innoveer WIE Theresa McGill WAAR Skukuza, Nasionale Krugerwildtuin BESIGHEID Miss Milly HAAR WERK Toe Theresa se man, Mark, sy droomwerk in die teenstroperybedryf losslaan, het sy nagte lank wakkergelê en haar bekommer oor sy veiligheid. Pleks van skape tel, het sy toe klein kunsvlytprojekte met washi-lint begin doen. “Ek het alles waarop ek my hande kon lê, beplak – van borsspelde tot pennetjies,” sê sy. En dit is hoe haar reeks…

1 min.
laat dit kook!

VERSKAFFERS @home 0860 576 576, home.co.za Builders 0860 284 533, builders.co.za Caesarstone 083 608 5810, caesarstone.co.za Cara Saven Wall Design 082 413 9370, carasaven.com Decobella 021 205 6250, decobella.co.za Hoity Toity Furniture 021 553 0056, hoitytoityfurniture.co.za Homewood 011 262 4268, homewood.co.za Italtile 010 271 2272, italtile.co.za K. Light 021 552 4370, klight.co.za Milestone Kitchens 076 949 5745, milestonekitchens.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Poetry 086 055 5529, poetrystores.co.za Victorian Bathrooms 021 418 0855, victorianbathrooms.co.za…

4 min.
lekker warm!

Perfekte pasmaats Tania de Clercq wou graag pakplek skep vir al die onooglike braaibykomstighede soos ’n tang en vuuraanstekers, daarom het sy kaste aan weerskante van die binnebraai in haar Brackenfellhuis laat installeer. Om te pas by die hout wat in die middelste deel gebêre word, is houtstompies in skywe gesaag, waarna dit teen die kasdeure geplak is. In die hoek Die trap in die stilis Amanda van Wyngaardt se meenthuis in Randburg is meer as 20 jaar gelede gebou. “Ek veronderstel dis ’n ruimtebesparende ontwerp,” sê sy. “Die vorige eienaars het die gaskaggel laat pasmaak by Heatwave om perfek in die trap te pas – daar was nie ’n gerieflike staanplek daarvoor in die leefarea nie. Dis wonderlik, want dit maak die onderste verdieping én die solderruimte daarbo warm.” Amanda het die dubbelhoë…