menu
close
search
EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Home & Garden
TuisTuis

Tuis September 2019

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Get 40% OFF with code: BLACK40
BUY ISSUE
R37,60
SUBSCRIBE
R423
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
hallo

en onderneem ’n bootvaart na die piepklein vulkaniese eiland daar naby, Nea Kameni. Ons toergids is ’n eietydse Griekse god. Die vroue swymel. Sy glimlag is ’n tandepasta-advertensie en hy draf die bult na die uitkykpunt lag-lag uit terwyl die res van ons hygend agterna strompel. Indrukwekkend, dink ek. Maar toe maak die man sy mond oop, en dit blyk hy sit die bod nog hoër in: Hy praat sewe tale vlot. Die woorde val soet soos baklava uit sy mond. Hy glip tussen Grieks, Italiaans, Frans, Engels... Ek kan die ander tale nie eens onthou nie; dis asof hy Google Translate ingesluk het. ’n Ware poliglot. As liefhebber van tale verluister ek my terwyl die res hulle verkyk. Ek mompel onderlangs dat hy dan seker ’n “poligod” moet wees, met daai looks en taalvaardigheid.…

access_time1 min.
tuis

REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Kaapstad-kantoor 20ste Vloer, Media24-gebou, Heerengracht 40, Kaapstad Kaapstad-posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Kantoorbestuurder Amina Essop 021 406 2401 Johannesburg-kantoor Media Park-gebou, Kingswayweg 69, Auckland Park REDAKSIE Artikelredakteur Kim Arendse • kim.arendse@media24.com Kreatiewe redakteur Marian van Wyk Kosredakteur Johané Neilson • johane.neilson@tuis.co.za Ontwerpredakteur Andrew Maritz Uitlegkunstenaar Jade Cupido Teksredakteurs Desiree Hartney en Johletta Brits Digitale redakteur Shané Barnard • shane.barnard@media24.com Multimediajoernalis Suné Esterhuizen Fotograaf Francois Oberholster Foto-opknapper René Nortjé MEDEWERKERS Shelly Bergh, Karin Brynard, Sally Chance, Elza Cooper, Deon de Goede, Paula Dubois, Gerda Engelbrecht, Marié Esterhuyse, Gillian Eva, Kay Montgomery, Beatrice Moore-Nöthnagel, Petro Mostert, Karl Rogers, Ludwig Taschner, JJ van Rensburg, Amanda van Wyngaardt, Henrique Wilding Bemarkings-en-funksiebestuurder Andile Nkosi Produksiebestuurder Kerry Nash Algemene navrae Donvé Myburgh 021 406 2387 ADVERTENSIES Hoof: Advertensieverkope (Kaapstad en KZN) Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 Sleutelklantbestuurder (Kaapstad) Charlene Meyer 082 928 5970 Verkoopbestuurder (Johannesburg) Susan Pienaar 083 281 7300 Toonvenster-advertensies Evonne Mehl 021 461 2396 SPESIALE…

access_time3 min.
ons lesers sê

WENBRIEF Hoe rooier hoe mooier Elmarie Krige van Krugersdorp skryf Tuis is vir my ’n uitbundige tydskrif en ek is altyd opgewonde wanneer dit op die rakke verskyn. Ek sê uitbundig, want dis hoe al die kleurvolle foto’s my laat voel. ’n Mens wil amper jou hele huis omkeer en oordoen! Die artikel “’n Vars bries” (Junie 2019) oor die Buchholz-huis het my tone laat omkrul van lekkerkry. Suid-Afrika is ’n kleurvolle land met kleurvolle mense, en ’n huis vol kleur en patroon soos dié een laat my hart warm klop. ’n Mens voel hier kan jy kruisbeen op die stoele sit en as jy ’n paar koekiekrummels mors, is dit nie die einde van die wêreld nie. Party mense is tog so bang vir kleur en bly by die veilige bruine…

access_time3 min.
dagboek

OP DIE KASSIE Die tweelingsusters Fatima en Gadija Sydow is passievol oor alles wat Kaaps-Maleis is, en in Kaap, kerrie en koesisters (seisoen 4 begin 5 September op VIA, DStv-kanaal 147) vier hulle die kookkuns én die gemeenskap. In elke episode nooi Gadija ’n plaaslike held by Fatima se kombuis in vir ’n feesmaal om hulle te vereer vir hul bydrae aan die gemeenskap. 10 DE JAARLIKSE WATERBLOMMETJIEFEES 7 September: Paarl Vier plaaslike wynprodusente span saam om die 10de Waterblommetjiefees ’n prettige ervaring vir die hele gesin te maak. Smul aan tradisionele waterblommetjiebredie en -sop, of proe jenewer-mengeldrankies en dekadente waterblommetjieroomys. Toegang is gratis, mits jy een blikkie kos per voertuig skenk – dit gaan na ’n plaaslike liefdadigheidsorganisasie. As jy meer inligting verlang oor die wynplase wat deelneem en die spesiale proeë, besoek…

access_time3 min.
wat’s nuut

SKEP EN INNOVEER! WIE Esmé Kruger WAAR Swellendam BESIGHEID The Hand Printing Studio HAAR WERK Nadat sy verskeie kursusse in tekstielontwerp, druk- en kleurwerk geloop het, het die beeldende kunstenaar Esmé Kruger verlief geraak op die proses van drukwerk met die hand. In 2018 het sy toe The Hand Printing Studio op die been gebring. Hier druk sy en haar span motiewe op lap vir haar reeks kussingoortreksels, vadoeke, tafeldoeke, serpe en dekens. “Die ontwerpe word geïnspireer deur die Suid-Afrikaanse landskap en ons diverse erfenis,” sê Esmé. “Ons maak klein oplae met linodruk- of syskermdruktegnieke op suiwer katoen. Ons gebruik ink met ’n waterbasis en voeg borduurwerk by om iets regtig spesiaals te skep.” Esme bied ook opleidingsessies oor dié tegniek aan; sien meer by The Hand Printing Studio op Facebook. Hoogmode! Ons is gaande oor…

access_time1 min.
lieflik in groen!

VERSKAFFERS @home 0860 576 576, home.co.za Block & Chisel 021 691 0878, blockandchisel.co.za Cielo 0861 999 193, cielo.co.za Concreative Tiles 021 555 2465, concreativetiles.com Coricraft 021 508 5200, coricraft.co.za Eurolux 021 528 8400, eurolux.co.za Hertex 021 461 7420/3,hertex.co.za Makro 0860 600 999, makro.co.za Mobelli 021 512 2662, mobelli.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Sofaworx 021 418 0363, sofaworx.co.za The Cotton Company 060 505 7894, thecottoncompany.co.za Twiggy Décor 062 753 5063, twiggydecor.co.za Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za…

help