menu
close
search
EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Home & Garden
TuisTuis

Tuis October 2019

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R37,60
SUBSCRIBE
R423
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
hallo

Dis seker te wagte. Namate ons die kalendermaande aftel en Kersfees al hoe nader kom, raak die tregter se punt ál nouer. Dinge moet klaar, en hoe langer die lys, hoe vinniger moet jy “multi-task”. Ek hou van ’n spertyd. As jy wil hê iets moet klaarkom, gee my ’n datum. Dis seker hoekom ek so tuis voel in die mediabedryf, want spertye is alles. Dis daarom nie vreemd dat die eerste vraag uit iemand se mond wanneer ’n nuwe projek bespreek word, dikwels net een woord is nie: “Deadline?” Eers met ’n introspektiewe frons. Dan met oë wat stip kyk. Want die vraagsteller se brein is besig met somme. Gaan ons dit maak? En hoe lyk die ander spertye? Ek sê altyd ’n mens moet die vlamme blus wat om jou…

access_time1 min.
tuis

REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Kaapstad-kantoor 20ste Vloer, Media24-gebou, Heerengracht 40, Kaapstad Kaapstad-posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Kantoorbestuurder Amina Essop 021 406 2401 Johannesburg-kantoor Media Park-gebou, Kingswayweg 69, Auckland Park REDAKSIE Artikelredakteur Kim Arendse • kim.arendse@media24.com Kreatiewe redakteur Marian van Wyk Kosredakteur Johané Neilson • johane.neilson@tuis.co.za Ontwerpredakteur Andrew Maritz Uitlegkunstenaar Jade Cupido Teksredakteurs Desiree Hartney en Johletta Brits Digitale redakteur Shané Barnard • shane.barnard@media24.com Multimediajoernalis Suné Esterhuizen Fotograaf Francois Oberholster Foto-opknapper René Nortjé MEDEWERKERS Shelly Bergh, Karin Brynard, Lianne Burton, Sally Chance, Elza Cooper, Deon de Goede, Paula Dubois, Gerda Engelbrecht, Amora Erasmus, Marié Esterhuyse, Gillian Eva, Kerryn Fischer, Martin Hahn, Kosie Jansen van Rensburg, Suretha Jansen van Rensburg, ER Lombard, Kay Montgomery, Beatrice Moore-Nöthnagel, Misi Overturf, Melissa Rautenbach, Biddi Rorke, Jeandri Streicher, Ludwig Taschner, Luanne Toms, JJ van Rensburg, Amanda van Wyngaardt, Dina Venter, Henrique Wilding, Elsa Young Bemarkings-en-funksiebestuurder Andile Nkosi Produksiebestuurder Kerry Nash Algemene navrae Donvé Myburgh 021…

access_time3 min.
ons lesers sê

WENBRIEF Toe maak ons so Comine Opperman van Darling skryf Ek voel soms ek kan die dae van die maand oprol tot wanneer die nuwe Tuis op die rakke verskyn. Ek en my man is “jong” afgetredenes en die fantastiese projekte in die tydskrif het verborge talente in ons na vore gebring. Ons kon die een op bladsy 72 van die Augustus-uitgawe nie weerstaan nie en is omtrént in ons noppies met ons kas! Stokperdjie word kuns Shawn Griffin van Pretoria skryf Julle tydskrif laat my altyd besef dat jy nie in ’n paleis hoef te bly om ’n lewende, stylvolle huis te skep nie. Ek het dié kunswerke by my ma, Mabel Griffin, gekoop. As natuurliefhebber het sy jare lank blare, gras en blomme in ou telefoonboeke gepers. Nou, op 64, maak sy…

access_time3 min.
dagboek

OP DIE KASSIE In Mooi (seisoen 3 begin 14 Oktober op VIA, DStv-kanaal 147) reis die stylvolle Anet Pienaar-Vosloo wyd en syd en nooi kykers by van haar gunsteling-mense se mooiste huise, plase en plekke in. Heruitsendings is op Sondae om 19:00. STEENBERG-TUINPARTYTJIE 5 Oktober, The Kitchen by L’antico Giardino, Lanseria, Johannesburg Vier die lente met die voorste vonkelwyn en heerlike wyne wanneer Constantia en Gauteng ontmoet by die jaarlikse Steenbergtuinpartytjie. Kom geniet ’n ontspanne al fresco-middagete rondom ’n oestafel, met lewende musiek in die agtergrond. Kaartjies kos R600 per persoon by webtickets.co.za. Vir nog inligting, besoek steenberg.com of skakel 021 713 2211. DIE GROOT PLAASPROE 12–13 Oktober: Sandringham, Stellenbosch Ervaar die plaaslewe by die jaarlikse Groot Plaasproe op Sandringham buite Stellenbosch. Prikkel jou proeknoppies met gunstelinge soos roosterkoek, Karoo-lam en meer. Die kleinspan kan plaasdiere ontmoet…

access_time3 min.
wat’s nuut

Uit Lapland Vang die oog met die dramatiese Moorea Pacifickatoengordynlap van Stuart Graham (R525/m, 137cm B); besoek stuartgraham.co.za. EKSOTIESE BELIGTING Ons is gaande oor die nuwe Marokkaans geïnspireerde reeks Tangier-hanglampe van The Lighting Warehouse – veral dié skoonheid in die kleur Old Brass (R1 199, 55 cm H x 28cm D). Sien lightingwarehouse.co.za. MANDALA-KUNS Boek 3 in die gewilde reeks Colouring for Adults: Mandala Art deur Lize Beekman is op die rakke! Dit spog met 10 van Lize se handgetekende kunswerke op dik kunspapier wat maklik uitskeur sodat jy jou meesterstukke kan raam en ophang. Die boek kos R180 en is beskikbaar by lizebeekman.co.za of by die boekwinkels wat op die webtuiste gelys is. Paint & Décor in Durbanville het ’n nuwe verf-op-lap- en verf-op-plakpapierreeks onder die naam SophiaHelen, hul eie ontwerpateljee. Dit beteken jy kan…

access_time1 min.
vir jou badkamer

VERSKAFFERS Block & Chisel 021 691 0878, blockandchisel.co.za Hadeda 011 788 5774, hadeda-tiles.com Italtile 011 510 9000, italtile.co.za Jeeves 0861 533 837, jeeves.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Mungo 087 135 5988, mungo.co.za Pedersen + Lennard 021 447 2770, pedersenlennard.co.za Poetry 0860 555 529, poetrystores.co.za Rebtex 083 616 0535, rebtexrsa.com Robin Sprong Wallpaper 021 447 9842, robinsprong.com Sheet Street 0800 212 535, sheetstreet.com SHF 033 330 6610, shf.co.za WOMAG 021 447 6161, womag.co.za Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za…

help