ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Tuis

Tuis April 2020

Add to favorites

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 288
8 Issues

in this issue

3 min.
redakteur

Dis seker nie snaaks – of moet ek liewer sê vreemd – nie dat “loadshedding” in 2019 een van die woorde was wat die meeste gegoogle is in Suid-Afrika, aldus die sakenuus-webblad Business Insider South Africa. Meer as Meghan Markle én Game of Thrones, as dit jou perspektief gee ... Hier is ons nou goed op dreef met 2020, en ek wed jou my laaste kers en vuurhoutjie “loadshedding” gaan vanjaar wéér koning kraai. Selfs ná Meghan en Harry se onverwagse maar nuuswaardige “onttroning” – ’n game of thrones van ’n heel ander aard: Die Sussex’e het gebrexit voor Brexit! Oor lag feitlik altyd beter is as huil, vra ek my Facebook-vrinne vir hul snaaksste Eskom-grappie, want ons weet mos: Ons kon darem nog altyd vir onsself lag hier aan die suidpunt…

3 min.
ons lesers sê

WENBRIEF 10 jaar later Mercia Kruger van die Paarl skryf Met trots dink ek terug aan 10 jaar gelede toe my tuin in die Januarie 2010-uitgawe van Tuis gepronk het. Ek onthou nog soos gister toe Anneke Blaise (nie meer met ons nie) en Francois Oberholster van vroegdag tot laatmiddag my tuin deurkruis het. By die foto op bladsy 78 beskryf Anneke dit so mooi: “Mercia en haar twee dierekinders, die woelige beagles Amber en Mischka.” Ek moes onlangs totsiens sê aan my dierekinders, en my hart is nog baie seer. My tuinmaatjies, wat gehou het van gaatjies grawe, al snuffelende agter die kompossakke aan, is nie meer met ons nie. Ek mis my dierekinders wat so bevoorreg was om ook saam met my in Tuis te kon pronk. Vir die voëls David Gleeson…

3 min.
dagboek

OP DIE KASSIE Aansit (seisoen 1 begin 17 April op VIA, DStv-kanaal 147) is ’n splinternuwe kosprogram waarin passievolle huiskokke hul huis in ’n opskiet-eetplek moet verander en disse van restaurantgehalte optower vir die aanbieder en hoofbeoordelaar, Reuben Riffel, en ’n gasbeoordelaar. En wat ’n prys wen hulle nie! Die wenner kry ’n kosliefhebber se droomvakansie in Frankryk, met ’n besoek aan die Michelinster-restaurant JAN. DECOREX KAAPSTAD 30 April–3 Mei: Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) Besoekers aan Decorex Kaapstad sal vanjaar se tema, “Lifestyle by Design”, duidelik sien in die groot verskeidenheid nuwe uitstallings wat die jongste trends uitbeeld. Kom kyk wat Decorex se kreatiewe direkteur, Anita Bloom, as die top-10 tendense beskou by die 2020 Trends Installation, en luister wat voorste vervaardigers, ontwerpers en dekorkenners te sê het by die Instudio Trend Theatre. Sien…

3 min.
wat’s nuut

Uit Lapland Studio G se nuwe Palmero-versameling (R800/m) is nou te kry in Suid-Afrika, eksklusief by Hertex. Dis gemaak van geborselde suiwer katoen, en spog met botaniese ontwerpe, kunstige teksture en sagter geometriese patrone. Verken jou wilde sy met diep, donker skakerings en treffende blommotiewe, of skep ’n kalm toevlug met fyner flora en sagter kleure. Laat dié Bertie-lamp van The Lighting Warehouse (R599; lightingwarehouse.co.za) jou lessenaar of bedkassie opvrolik. Kyk bietjie na Paint & Décor se lieflike Slow Living-reeks met 20 nuwe kleure, beskikbaar in 50ml-toetspotjies (R30), of groter potte van 1 liter (vanaf R165) tot 20 liter. Besoek paintdecordiy.com. Nuut op straat Sheet Street het sy eie reeks basiese meubels, soos rakke, kanttafels, stoele en lampe, bekendgestel. Die reeks is beskikbaar by uitgesoekte winkels, insluitend Cape Gate, Menlyn Park Shopping Centre, Mafikeng Mall,…

2 min.
kreatiewe kinkels

’n Ander deuntjie Stefan Blom en Albie du Toit van Groenpunt in Kaapstad het die kleur pienk gebruik om vloei en sprankel in ’n andersins vervelige gang te skep. Dié ruimte is ook die “musiekkamer” met Stefan se klavier uit sy kinderdae. Pleks van net ’n pienk fokusmuur verf, het hulle die kleur teen die plafon gebruik en herhaal op die klavierbankie se kussing. ’n Groot foto deur Gary van Wyk skep ’n treffende fokuspunt bo die klavier, terwyl meer van sy foto’s, asook ander deur Antonia Steyn (en Stefan en Albie se eie), op die muur regs pryk. ’n Gesin keramiek-hasies op die klavier gee ’n speelse gevoel aan die ruimte. ’n Gaatjie vir als Chanelle Steenekamp het die gebruik van gaatjieborde in dekor op Pinterest en later ook op Tuis se Facebook-blad…

6 min.
blikboks vol skatte

WIE WOON HIER? Carla en Charles Duckitt WAAR Voëlklip, Hermanus GROOTTE 340m² Ek het al letterlik op skrootwerwe rondgeklouter om goed te kry wat ek wou hê. – Carla Hermanus het nog altyd spesiale herinneringe gehad vir Carla en Charles Duckitt. Hier het Charles se familie jare lank vakansie gehou, en die rustige atmosfeer van die buurt Voëlklip was perfek om die toevlug te skep waarheen hul studentekinders kon ontsnap terwyl die paartjie self nog in die buiteland gewoon het. Carla was uit die staanspoor oortuig dat hulle dié effens afgeleefde huis moet koop toe sy dit op ’n eiendomswebblad raaksien, maar Charles glad nie. “Hy het twee máánde lank daaroor gedink – ’n leeftyd wanneer mens ’n aanbod moet maak,” onthou Carla. “Uit die bloute een oggend sê Charles toe dis reg, ek…