ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Tuis

Tuis May 2020

Add to favorites

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 288
8 Issues

in this issue

3 min.
hallo

Hoe vinnig kan die lewe nie verander nie. Net verlede maand kla ek nog oor Eskom, en kyk waar sit ons nou. Soos ons een medewerker, Maryke, my per WhatsApp laat weet: “Hoe wens ek dat die beurtkrag waaroor jy in jou April-brief skryf maar al was waaroor ons nou moet worry …” Dis inderdaad vreemde tye. Ongekend, en onvoorspelbaar. Daarom gaan ek liefs nie in hierdie brief skryf oor die koronavirus nie – dit voel vir my na moeilikheid soek. Bid jou aan teen volgende maand is daar iets nog ergers wat ons lewens ontwrig! Die Tuis-span is ’n klein groepie mense wat elke maand jou gunsteling-tydskrif aanmekaarsit. Party dae is ons letterlik ’n handjie vol op kantoor, want Marian en Francois skiet huise, die advertensiemense sien kliënte, Johané is in…

3 min.
ons lesers sê

Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. WENBRIEF My eie handewerk Dirk Louw van Mosselbaai skryf Nadat ek die mooi klein tuine in Februarie 2020 se uitgawe gesien het, deel ek graag foto’s van my eie tuin in die Mosselbaai Aftree-en-Leefstyloord, wat ek self ontwerp en aangeplant het. Ons was beperk tot plante uit die fynbos-spesies; ek moes ook sorg dat onderhoud en waterverbruik so laag moontlik bly. Die tuin is nou vyf maande oud, en ek is so trots op hoe dit lyk. My eie klipkuns Rayno Lourens van Brackenfell skryf In julle Desember 2019-uitgawe het ek Adèle Botes se brief raakgelees. Onmiddellik het ek geweet ek moet dié storie met julle deel. Ek…

2 min.
wat’s nuut

SKEP EN INNOVEER! WIE Riana Mostert WAAR Durbanville BESIGHEID Riana Mostert Designs HAAR WERK Ná agt jaar as binneontwerper het Riana Mostert uit haar werk bedank om ’n tuisbly-ma te wees. Sy het haar heel eerste ononderbroke lyntekening as ’n geskenk vir iemand gemaak – en gou was dit ’n besigheid. “Die idee agter so ’n lyntekening is dat jy op een punt begin en die skets voltooi sonder om jou hand op te lig,” verduidelik Riana. “Dit gee jou ’n abstrakte tekening.” Riana het haar reeks illustrasies uitgebrei, en dit pryk nou op dekorbykomstighede soos strooikussings, lopers, planthouers en keramiekbekers. Sien meer by rianamostert.com. Iets vir elke smaak Verfris jou huis met ’n nuwe helder kleur: John’s Joy van Tjhoko Paint. Blaas nuwe lewe in jou leefruimtes met een van 16 pragtige afdrukke uit Haus se…

2 min.
laag op laag dis maklik om tekstuur te skep met die regte kombinasie van afwerkings; kyk net na dié slim dekorplanne.

Op sy eentjie Minder kan soms meer wees wanneer dit kom by teksture byvoeg en afwerkings kies. Langs dié lieflike ingang staan ’n enkele dekoratiewe teël pragtig uit teen die sagte terracotta agtergrond, asook die vintage-deur omraam met klompie-stene. Dié speelse element het ons beslis twee keer laat kyk! Moenie teleurgesteld wees as jy net ’n paar teëls in jou gunsteling-ontwerp of selfs een met defekte kry nie. Gee sulke spesiale vondste die ereplek – iewers waar dit iemand gaan verras. Puik skuif! Tydens die opknap van hul huis in Vishoek, Kaapstad, het Kelly en Jonathan Croeser die kombuis in die hoofslaapkamer verander. Pleks van die kragboks en koopkragmeter te skuif, het hulle ’n pasgemaakte “skuifkopstuk” gemaak van ’n eenvoudige reghoekige houtraam en ’n standaardskuifdeurmeganisme. Kelly het die hout met verdunde roomkleurige akrielverf geverf…

5 min.
ver genoeg van die stadsgewoel

WIE WOON HIER? Adrian Lombard WAAR Pringlebaai, Wes-Kaap GROOTTE 344m² (stoepe ingesluit) Ruimtes word gevul met mense, daarom moet die klem op die mense, eerder as op die voorwerpe daarin, val. – Adrian Adrian Lombard maak nie net graag ander mense se blyplekke mooi nie, hy herskep ook sy eie huise in smaakvolle fokuspunte – soos dié houthuis op Pringlebaai wat hy en sy suster, Monica Soer, die afgelope twee jaar opgeknap het. Tydens sulke projekte werk hy so ver moontlik met klein, plaaslike bouspanne en entrepreneurs, terwyl Monica kreatiewe insette lewer. “Monica is goed met kleur en komposisie; sy’t ’n oog vir detail,” sê hy. “Ek noem myself ’n reeks-entrepreneur, want ek het ’n ingenieursen tegniese agtergrond, wat ’n goeie grondslag is vir my loopbaan as skeppende direkteur, handelsmerkstrateeg en produkontwikkelaar. Maar ons is nie…

1 min.
[ adrian se ontwerpbeginsels ]

• Werk met ’n 80/20-verhouding: Gebruik 80% van jou tyd vir beplanning en strategie, en 20% vir die uitvoering daarvan. Die meeste mense bestee te veel tyd aan uitvoering, wat jou duur te staan kan kom. • Hergebruik wat jy kan. Spandeer geld op dit wat reeds daar is of wat jy het, eerder as om net voor die voet nuut aan te koop. Herstilering en herskepping is uiters bevredigend. • Gee genoeg aandag aan vloei deur jou daaglikse bewegings en rituele in ag te neem. ’n Woning is nie ’n blote nutsruimte nie, dis ’n ruimte mét mense – mense met bepaalde persoonlikhede en gebruike. As ek ruimtes ontwerp of herontwerp, dink ek altyd hoe daardie ruimte sal lyk met mense wat daarbinne beweeg. • Gun jouself genoeg tyd. Jy hoef nie…