Liewe leser
In Oktober gebeur ’n wonderlike ding: Vir die eerste keer sedert Maart hou Tuis ’n event – ons eerste dekorskool in vennootskap met MRP Home. Van oral kom die “studente” en vir drie dae het ons oneindige pret. Kennerspraatjies, ’n fotosessie, voorblaaie maak, besoeke aan ’n asemrowende huis en ’n inspirerende materiaal-ontwerper. Ek dink dis oor almal van ons so uitgehonger was vir die “ou” normaal dat dié samekoms in Kaapstad so heerlik was, al moes ons maskers dra en elke dag vorms invul en koors meet by die voordeur. Weens Covid-reëls kon ons nie in die Media24-gebou se raadsaal byeenkom nie, want dié is nog gesluit vir besoekers. Toe maak ons ’n ander plan: huur ’n pragtige ou Victoriaanse huis op Airbnb en bied die hele geleentheid daar aan – van…