My pa het altyd gesê
’n mens moenie jou lewe omwens nie. Maar soos ek hier – dis einde November – dié brief sit en skryf, tel ek die dae. Stel dit so: As 2020 ’n Whatsapp-groepie was, sou die woorde “Wicus Pretorius left” die somtotaal van my Desember-bydrae wees. Gelukkig is daar lafenis vir die siel in dié uitgawe van Tuis, huise waar mens net wil ontspan; bly- en kuierplekke wat ’n mens sommer moed gee vir die nuwe jaar. Ek verbeel my ek ry van huis tot huis, met my hond, Asgat, agter in die stasiewa. By die Kommetjie-huis van ons Rookie Stylist-wenner (ons jaarlikse Instagram-wedstryd in vennootskap met MRP Home) is ek veral beïndruk met die Nortjes se buitestort (kyk op bl.14), want so iets sal heel goed by my huis ook werk. Elke…