Liewe leser
Ek glo nogal in sinchronisiteit – daardie wonderlike, onverwagse sameloop van omstandighede wanneer die legkaartstukke reg val en die lewe ’n lekker verrassing is. Dis iets wat ek al dikwels in my eie lewe ervaar het. En telkens wanneer dit gebeur, hoor ek hoe my ma in die agtergrond sê “alles het ’n doel, my kind” of “die tyd sal leer”. Een ding is seker, veral nou: Ons het eintlik oor niks beheer nie. Nie lank terug nie was die konsensus nog dat ’n mens darem ’n vyfjaarplan vir jou lewe kan hê, maar niks langer nie – die tegnologie en die ritme van die wêreld verander so vinnig dat jy nie kan weet hoe die toekoms daarná gaan lyk nie. Deesdae, wel ... een jaar op ’n slag? Of is ons…