ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Tuis

Tuis April 2021

Add to favorites

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 336
8 Issues

in this issue

3 min.
liewe leser

Hier in die Kaap is stap op die promenade in Seepunt ’n ding – vroegoggend of laatmiddag promeneer (ja, dié werkwoord is aangeteken in die Pharos-aanlynwoordeboek) mens en dier langs die kronkel-kus van Seepunt en Drieankerbaai en Mouillepunt, ’n gesellige uitbundigheid van saamwees. ’n Mens sien wonderlike goed as jy promeneer. Vir my is die snaaksste nog ’n skraal blondekopman wat ek gereeld sien draf – met sulke plat Bybel-sandale, opgebind met riempies om sy kuite. Dit lyk pynlik ongemaklik, maar op sy gesig is daar net vreugde. Dit laat my terugdink aan hoe Zola Budd in die 1980’s die wêreld stomgeslaan het as kaalvoet-kampioen oor 5 000 meter. Dalk is die salige drawwer met die plat skoene soos eendepote dalk die Zola Budd van 2021, maar hy’s bang vir duwweltjies,…

3 min.
ons lesers sê

WENBRIEF Hoe sê mens dankie? Mimi Swart van Postmasburg skryf Hier in die verre Noord-Kaap is my verjaardagritueel gewoonlik oproepe van familie wat oor die land versprei is en hoogstens koek en tee vir vriende wat opdaag. Maar toe ek ’n belangrike mylpaal bereik – ekhet 70 geword! – ontvang ek die een verrassing op die ander: Al my susters en my broer daag uit alle windrigtings op met hul gades; ons eet saam in ’n spogrestaurant; en hulle oorhandig aan my ’n publikasie met foto’s en staaltjies oor my lewe. Ek moes ’n knop in my keel wegsluk. Nog ’n spesiale geskenk sou later afgelewer word “omdat daar nog afrondingswerk aan gedoen word”... Toe die sagte pakkie opdaag, is dit ’n kwilt van blokke gemaak deur elke familielid – mans, vroue en…

4 min.
wat’s nuut

SKEP EN VERNUWE! WIE Wendy Viola WAAR Kaapstad BESIGHEID Muddy Jane HAAR WERK Nadat Wendy Viola die korporatiewe wêreld vaarwel geroep het, het sy lank met die idee gespeel om haar eie onderneming te bedryf. In 2020 het sy Muddy Jane gestig en kon sy uiteindelik haar lewenslange passie volg en iets spesiaals deur middel van fotografie skep. Muddy Jane fokus op tekstiele, kombuisware en dekorbykomstighede met oorspronklike ontwerpe – almal gebaseer op Wendy se foto’s. “Ek put inspirasie uit die alledaagse lewe, die natuurskoon op ons drumpel en nuwe insigte soos gesien deur my kameralens,” verduidelik sy. Muddy Jane se lieflike natuurlike lap word met ekovriendelike ink bedruk en is te kry in die vorm van voorskote, vadoeke, tafellinne, strooikussings en bykomstighede. Sien meer by muddyjane.com. Die Craft Cupboard is Milestone Kitchens se lieflike oplossing…

3 min.
’n boer maak ’n plan

Hout en staal Toe Johan Else tydens die grendeltyd in 2020 noodgedwonge ’n paar weke by sy dogter Francéne Bekker in Durbanville moes kuier, het dié afgetrede argitek-pa ’n slim uitstalplek vir haar geliefde vetplante ontwerp en gebou. Sonder toegang tot winkels vir nuwe boumateriaal moes Johan ’n plan maak met wat by die huis beskikbaar was. En dit kon nie sommer enige plantrak wees nie: Met dié dat die leefarea daarop uitkyk, moes die ontwerp sag op die oog wees; dit moes ook wegstaan van die muur vir wanneer die huis weer geverf moet word. Johan het die uitdaging aangegryp. Hy het al die staalstawe vooraf met roesweerder behandel en die houtwerk afgerond met twee lae akrielverf vir duursaamheid. “Sonder my rekenaar en Autocadprogram moes ek al die beplanning met…

8 min.
landelik kontemporêr

In dié kosblogger se Oosters geïnspireerde huis op ’n rivieroewer wentel alles om die kombuis. Daar’s ’n eerlikheid aan ontblote balke wat ek waardeer; dis asof die huis niks hoef weg te steek nie.– Liam WIE WOON HIER? Liam Ghani en Brian Prehn en hul Ierse terriër Zuko WAAR Stanford in die Overberg GROOTTE 270m² “Beskeie van buite maar alte astrant van binne.” So beskryf Liam Ghani die huis wat hy en sy man, Brian Prehn, langs ’n rivier gebou het toe hulle die Kaapse suidelike voorstede vir ’n landgoed langs die bekoorlike dorpie Stanford in die Overberg verruil het. Brian, wat vir ’n nie-regeringsorganisasie werk wat geletterdheid bevorder, het die meer visueel ingestelde Liam, wat kunsfotografie gestudeer het, vrye teuels gegee met die ontwerp. Laasgenoemde het in die Maleisiese staat Penang grootgeword en op…

14 min.
kry ’n kombuis na jou smaak

#1 Klassiek Neutrale kleure, eenvoudige kaste, werkoppervlakke van kwartsiet en natuurlike materiale gee aan dié kombuise ’n elegansie wat nooit uit die mode sal raak nie. Lig en ruim Hannchen Louw en Vernon Boulle het reeds drie jaar in hul huis in Nuweland, Kaapstad, gewoon toe hulle in 2014 besluit het op groot opknapwerk aan veral die kombuis en leefvertrekke. “Die hele huis was eintlik donker en daar was geen vloei tussen die vertrekke nie. Die eetkamer – nou die sitkamer – was beknop en ’n muur het die kombuis van die res van die huis geskei.” Deur een muur van die nou kombuis uit te breek en te vervang met ’n stutbalk en pilare, kon die kombuis en leefvertrek met mekaar verbind word. ’n Eiland tussen die twee vertrekke bied nou oorgenoeg kook-…