Liewe leser
Ek lag nou eendag lekker in my mou toe iemand heel onskuldig op ’n Facebook-groep vra wat mens kan gebruik om ’n swart leerbank in ’n ligbruin leerbank te verander. Nee, sy soek nie ’n “slip cover” nie, sy hou van die leer. Net nie die kleur nie. My vingertjies het natuurlik gejeuk om te tik: Jy kort ’n ligbruin koei (met ’n hartkwaal), maar ek het my natuurlik ingehou want, jy weet, nie almal se sin vir humor is goed ontwikkel nie. Hoe dit ook al sy, kort voor lank was daar natuurlik ’n paar spitsvondige antwoorde, waarvan “Magic! You need magic!” my laat proes het. Soms is “magic” inderdaad die enigste oplossing, al moet jy dan jou eie “magic” skep. Dis mos waarvoor Tuis-lesers bekend is, en soos ek al telkemale…