Tuis July 2021

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
R 56
R 336
8 Issues

in this issue

3 min
liewe leser

Karin Brynard se rubriek oor slaaploosheid (bl. 138) laat my terugdink aan ’n storie uit my onderwysdae. Dis stelwerk-dag, en die gewone kandidate is vol verskonings. Lang stories oor die kort opdrag wat nie voltooi is nie. Die kronkelpad tussen die skoolbanke deur kon netsowel ’n droë rivierloop in die Karoo gewees het: Die ene beloftes dat daar – eendag! – weer water sal vloei, maar nie vandag nie. Vandag is dit droog en stowwerig, nes die verskonings. Behalwe een leerder s’n: Dié lê op sy arms en kreun, die las van ’n onbekende mediese insinking swaar op sy skouers. Die vorige dag is ’n wasige herinnering, vertel hy. Sy sinne is swaar en langsaam; hy kom met temerige moeite tot die punt. Hy was baie siek, loop die storie. En sy pa,…

tuisza210701_article_004_01_01
3 min
ons lesers sê

WENBRIEF Asemrowend! Arina Meyer van Pretoria skryf Ek het die afgelope paar maande so las van my bors dat ek fluit-fluit deur die dag kom. Dan gebruik ek dié druppels, dan daardie gas ... Toe koop ek die April-uitgawe van Tuis – en dis die einde van die fluit! Dié is nou nie ’n nonsens-storie nie. Hier teen bladsy 40, 41 kom ek agter ek hou my asem op, en toe my brein roep “haal asem!” besef ek dis van verbasing – soos wanneer iets jou asem wegslaan. En hoe verder ek blaai, hoe beter voel ek. My hele lyf gaan in verbaasde skok oor hoe kreatief en met liefde die mense hul huise mooimaak. Ek besef net weer: Gaan doen jou passie-aankope, maar sorg dat jou en jou huis se hartklop…

tuisza210701_article_006_01_01
4 min
wat’s nuut

SKEP & VERNUWE WIE Paula Dubois WAAR Kaapstad BESIGHEID Paula Dubois Art & Design HAAR WERK Om in aanraking te bly met die natuur – en veral die band tussen die mens en die natuur te vier – is ’n sleutelgedagte in Paula se kuns. Sy soek die skoonheid in die alledaagse en put inspirasie deur elke dag teen Tafelberg te gaan stap en in die see te swem. Paula, wat die agterblad in elke Tuis illustreer, se jongste werk is te sien by “Reflect”, ’n uitstalling wat 1 Julie by Haas Collective (haaskoop.com) in Kaapstad open. Haar kuns is ook beskikbaar in die vorm van gedrukte plakpapier as deel van die Wallpaper Artist-versameling by Orms. Besigtig haar werk byormsprintroom.co.za/product/wallpaper-collection;plakpapierpryse begin by R495/m2 . Rig navrae aan decor@orms.co.za. Volg Paula op facebook @pauladuboisart en…

tuisza210701_article_008_01_03
3 min
grootte tel!

Speel jou kaarte Muurkuns vir ’n slaapkamer laat baie mense kopkrap, want hoe skep jy ’n rustige luim sonder dat dit vervelig is? Kies jy muurpapier vir tekstuur, ’n rits kleiner werke of een groot stuk met trefkrag? In die Blou Disa, ’n tweeslaapkamer-kothuis op die Johannesdal 1207-landgoed naby Pniel buite Stellenbosch, pryk ’n karaktervolle ou wêreldkaart teen die muur. Die kaart is ’n vintage-vonds wat Dané Erwee, een van die eienaars, reggemaak het voordat dit sy ereplek gekry het. “Die grootste aantrekkingskrag vir my was dat die papier so oud is, dit lyk omtrent soos lap,” verduidelik hy. “Ek het die ottoman oorgetrek met ’n versameling tapisserieë wat ek bymekaargesit het omdat die seilskepe daarop met die kaart gesels. Trouens, die ottoman het eers tot sy reg gekom toe die kaart…

tuisza210701_article_012_01_01
7 min
sonder pretensie

WIE WOON HIER? Suzette en Piet du Plessis WAAR Nieu-Bethesda GROOTTE 328m² ‘Hier moet ons so vinnig as moontlik wegkom,” sê Piet du Plessis vir sy vrou toe hulle die eerste keer die stofpad vat deur Nieu-Bethesda. Suzette, daarenteen, dink by haarself: hier sal sy kan woon. “Toe ons so by daardie pas afkom, toe weet ek dit. Moenie my vra hoekom nie. Terwyl ons deur die dorp ry, het ek sterre in my oë gehad. Piet het gedink die plek is te stil vir hom en wou nooit soontoe ry nie, selfs toe ons in ’n stadium in Cradock gewoon het. Toe ons egter ’n viertrek kry, kon ek hom ompraat.” ’n Jaar later, in 2007, koop die twee Pretorianers vir hulle ’n vakansiehuis op dié Karoo-dorpie aan die voet van die Sneeuberge waar die…

tuisza210701_article_016_01_01
7 min
’n tuiskoms in volkleur

WIE WOON HIER? Terry de Vries WAAR Barrydale, Klein-Karoo GROOTTE Sowat 200 m² (voorstoep uitgesluit), erf 1 115 m² Die helderblou tuinhek sit so half astrant tussen pragtige handgestapelde klipmure by Terry de Vries se huis op Barrydale. Die klip is pure Karoo, maar die kobaltblou hek herinner aan Mexiko. Terry, ’n oudjoernalis en jare lange Stellenbosser, woon sedert Junie 2018 op Barrydale. Sy is ’n bondel energie, maar terselfdertyd ook die ene rustigheid. Hoewel sy ’n B.Sc.-landbougraad het, is sy deesdae ’n transformasie-fasiliteerder en bied sy jogaklasse, labirintstappe en meditatiewe stilwordsessies aan by haar plek, Kamala Retreat House. In 1996, toe Terry reeds twee jaar klas gegee het by Maties se joernalistiek-departement, het haar reismiere erg begin kriewel. Die jaar voor haar seun, Josua (nou 29, ’n filmmaker), graad R toe is, het sy…

tuisza210701_article_026_01_01