ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Tuis

Tuis Werf 2020

Add to favorites

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 288
8 Issues

in this issue

1 min.
tuis werf

REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Kantoorbestuurder Amina Essop 021 406 2401 REDAKSIE Artikelredakteur Shané Barnard • shane.barnard@media24.com Kreatiewe redakteur Marian van Wyk Kosredakteur Johané Neilson • johane.neilson@tuis.co.za Ontwerpredakteur Andrew Maritz Uitlegkunstenaar Jade Cupido Teksredakteurs Desiree Hartney en Johletta Brits Digitale redakteur Amy Johnson Multimediajoernalis Suné Esterhuizen Fotograaf Francois Oberholster Foto-opknapper René Nortjé MEDEWERKERS Shelly Bergh, Candice Botha, Kim Bougaardt, Sally Chance, Elza Cooper, Deon de Goede, Martie de Wet, Marié Esterhuyse, Cecile Greyling, Carissa Govender, Suretha Jansen van Rensburg, Marlene Malan, Beatrice Moore-Nöthnagel, Marie Opperman, Misi Overturf, Maryke Roberts, Jeandri Streicher, Elna van der Merwe, Amanda van Wyngaardt, Henrique Wilding Produksiebestuurder Kerry Nash Algemene navrae Donvé Myburgh 021 406 2387 ADVERTENSIES Hoof: Advertensieverkope (Kaapstad en KZN) Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 Sleutelklantbestuurder (Kaapstad) Charlene Meyer 082 928 5970 Verkoopbestuurder (Johannesburg) Susan Pienaar 083 281 7300 Toonvenster-advertensies Evonne Mehl 021 461 2396 MEDIA24 LIVE Handelshoof (projekte) Francois Malan 021 406 2376 Borgskappe Nikki Ruttiman 011…

3 min.
’n lewende vloer – of nie?

Van bo tot onder Die argitek Nadine Engelbrecht het die skuinste van die erf waarop wat haar ouers se kontemporêre huis in Zwavelpoort, Pretoria staan, benut toe sy ’n paadjie na die kothuis op ’n laer vlak ontwerp het. Só het dié pragtig geïntegreerde grastrappe ontstaan. “Die trappe buite is die enigste verbinding tussen die hoofhuis en die gastekothuis,” verduidelik Nadine, wat dit saam met die landskapargitek Nandi Koster beplan het. “Die gras versag die skakel en vorm deel van die landskap.” Die kontrakteur Hans Boersema en sy span het hol betonstene teen die skuinste gepak, dit met staalstawe versterk en met grond gevul; daarna is LMgras bo-oor geplant. ’n Ander hoek Die ontwerper Marius Hitge se grasperk by sy huis in Welgemoed, Kaapstad, wou plek-plek nie groei nie. Sy oplossing? Vierkantige grys plaveiblokke…

2 min.
sien die lig!

VERSKAFFERS Ambiente Luce 021 853 2555, ambienteluce.com Builders 0860 284 533, builders.co.za Eurolux 011 608 2970, eurolux.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com The Lighting Warehouse 011 201 2600, lightingwarehouse.co.za RAAD OOR ELEKTRISITEIT “Stel altyd ’n gekwalifiseerde elektrisiën aan wat ’n voldoening-sertifikaat uitreik nadat sy werk afgehandel is,” sê Gerrit Terreblanche van G.T.E.C. in Kaapstad. Ook belangrik: • Kies tuinligte met ’n IP- (“ingress protection”) gradering van minstens 65 vir ruimtes wat nie onder dak is nie. • Maak seker dis eenvoudig genoeg om die gloeilamp self te vervang wanneer nodig. • Gebruik ’n kombinasie van atmosfeer- en veiligheidsbeligting vir die beste resultate. As jy ’n meer subtiele atmosfeer wil skep, werk ’n paar tuinligte beter as een 100W-LUD-vloedlig, maar ’n vloedlig het natuurlik sy veiligheidsvoordele. • Danksy tegnologiese vordering is daar talle wonderlike opsies vir die gebruik…

6 min.
van die begin af reg

WIE WOON HIER? Trix en Koos Grové en Prins Charles die kat WAAR Napier, Wes-Kaapland GROOTTE VAN TUIN 750 m² GRONDTIPE Klei As ’n mens die basiese goed van die begin af reg doen, spaar jy jouself op die lange duur baie moeite en geld. Met dié goeie filosofie as riglyn, vorige bou-ondervinding en hope kreatiweit kon Trix en Koos Grové van Napier hul werf omskep in ’n moeitevrye, waterslim apploustrekker waar hulle nou rustig kan agteroor sit en rus, pleks van sukkel met instandhouding. Presies nes hulle dit wou hê. Die Grovés besit en bedryf Napier Antiques, wat in Mei vanjaar sy vyf en twintigste bestaansjaar gevier het. Nadat hulle oor die jare in verskeie huise op dié mooi Overbergse dorp gewoon het, het hulle sowat 12 jaar gelede laat bou. Hul nuwe blyplek moes aan ’n…

5 min.
van dek tot dek

WIE WOON HIER? Johan en Sanet van Rooyen en hul kinders, JD (23) en Sylvia (22) WAAR Durbanville GROOTTE VAN TUIN 400 m² GRONDTIPE Klei Ná die groot Kaapse droogte van 2018 was daar net mooi niks oor van Johan en Sanet van Rooyen se mooi agterplaas van vroeër nie. “Waterwys” was daarom ’n moet met die herbeplanning van hul tuin in 2019. “Ons woon al 23 jaar hier en toe ons begin planne maak, wou ons ook seker maak dat onderhoud tot die minimum beperk word,” verduidelik Sanet. “Maar natuurlik moes dit steeds mooi en gesellig wees!” Sy en Johan het toe kuierplekke geskep met balaudekke, verbind met houtpaadjies wat van een ontspanningshoekie na die volgende lei. “Hout is tydloos en skep ’n sagter voorkoms as plaveistene,” verduidelik Sanet. “En oor ons huis van siersteen is,…

1 min.
kom saam winkels toe!

VERSKAFFERS Block & Chisel 080 012 7337, blockandchisel.co.za Keter South Africa 0861 866 766, za.keter.com MØN Exteriors 0861 866 766, monexteriors.com NewLife Plastics 079 557 1374, newlifeplastics.co.za Patio Warehouse 087 825 1120, patiowarehouse.co.za WilsonStone 011 615 6212, wilsonstone.co.za…