Liewe leser
Ek het ’n nuwe aanneemhond. Sy naam is Knapie en hy is obsessief oor die bougainvillea teen die grensmuur in my agterplaas. Dit was ’n nare sameloop van omstandighede wat tot dié obsessie gelei het: ’n rondloperkat wat op Knapie se eerste dag tuis in die bougainvillea vir hom sit en sis het, en sedertdien is dié struik vir hom sinoniem met dreigende gevaar. As ek die agterdeur oopmaak, bestorm Knapie die boom – so driftig dat die bougainvillea se stam nou al nerf-af en merkbaar dunner is van sy skerp tandjies. Die Kaap het die natste en langste winter in jare gehad, en eendag toe Knapie weer uitstorm om die boom te byt, sak ’n tweede reën uit die blare op hom neer. Kort tevore het dit gesous, en die blare…