EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Women's Lifestyle
VrouekeurVrouekeur

Vrouekeur 11 october 2019

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read More
SUBSCRIBE
R1 250
50 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
dis hóé jy dit sê

In die artikel “Haal die kopseer uit konflik” het Yolanda Wessels met kenners gepraat oor konflik tussen lewensmaats en dié mense gee op bl 26 raad oor hoe mens dit kan hanteer. Jy kan maak wat jy wil, as jy saam met iemand leef, gaan daar dinge wees waaroor julle nie saamstem nie. Verskillende menings, persoonlikhede, agtergronde en waardestelsels kan tot konflik lei en dit is nie tot ’n liefdesverhouding beperk nie. Om minstens agt uur per dag saam met ’n verskeidenheid mense te werk, is eweneens ’n verhouding waarin humeure kan opvlam, ’n gebrek aan kommunikasie tot misverstande kan lei en die hare soms kan waai. Ek kan met ’n rein gewete sê in die Vrouekeur-kantoor baklei ons nie. Hoewel ons uiteenlopende persoonlikhede is wat saam met mekaar werk, is ons werksomgewing…

1 min.
35% afslag!

▪ BEL RAMSAY MEDIA by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) kredietkaartBESONDERHEDE en vir DEBIETORDEROPSIES▪ SMS DIE WOORDE ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS)▪ STUUR ’N FAKS na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening n▪ SKRYF IN OPONS WEBWERWE www.vrouekeur.co.za / www.magsathome.co.za ▪ STUUR ’N E-POS na subs@magsathome.co.za▪ POS ’N TJEK uitgemaak aan RamsayMeAFSLAG dia Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: VROUEKEUR-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450▪ Doen ’n ELEKTRONI ESE OORBETALing of betaal met ’n DIREKTE DEPOSITO Rekeningnaam: RamsayMedia Subs Bank: NEDBANK Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 BELANGRIK! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou van en selfoonnommer as verwysing met ’n elektroniese betaling of direkte deposito en faks…

1 min.
wen

Rudie van Rensburg is terug met ’n nuwe misdaadfiksie, Vloek. Carl Bester keer terug na SA en moet ’n saak van internasionale belang help ontrafel – een wat met lyke besaai lê. Maak gereed om die boek sommer in een sitting te wil klaar lees! www.nb.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS VLOEK gevolg deur jou naam, van en adres voor 16 Oktober 2019 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxtontydskrifte die reg om ander Caxtontydskrifaanbiedinge aan jou te bied.…

1 min.
vrouekeur

Redakteur Eldaleen Hugo Adjunkredakteur Zerelda Esterhuizen BESTURENDE REDAKTEUR Anlie Janse van Rensburg KUNSREDAKTEUR Je’Maine van Kradenburg DIGITA LE REDAKTEU R, MODE & SKOONHEID Dané Neuhoff HOOFTEKSREDAKTEUR & GESONDHEIDSJOE RNALIS Christa Swanepoel TEKSREDAKTEUR Margot Pakendorf Schultz PROEFLESER CORNé COETZEE BOEKEREDAKTEUR Willie Burger Verhaleredakteur Melt Myburgh vkfiksie@gmail.com KUNSTER EDAKTEUR Johan Myburg KosSKRYWERS Suzanne Crozier en Mareli Visser Dekor EN Tuin Anna Celliers, Connall Oosterbroek, Maryke Roberts MUSIEKRESENSENT EN VERMAAKJOE RNALIS CJ de Swardt KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel NAVRAE 087 158 1832 en vrouekeur@caxton.co.za Vrouekeur, Caxton-tydskrifte, Jan Smutslaan 368, Craighall Park 2196 en Posbus 1480, Saxonwold, 2132 HOOFBESTUURDER Anton Botes bemarkingsbestuurder Reinhard Lotz BEMARKINGSNAVORSINGBESTUU RDER Debbie McIntyre PRODUKSIEBESTUURDER Sada Reddhi…

8 min.
veteraanakteurs

Die dramareeks Fynskrif 2 is tans op die kassie en aan drama en intrige is daar weer geen tekort nie. Van die land se voorste akteurs is in die reeks te sien, soos Chris van Niekerk en Susanne Beyers wat die patriarg en matriarg, Hans en Renè van Wyk, speel. In die eerste seisoen het kykers die prokureurs en klerke van Van Wyk & Vennote leer ken. In elk van die 13 episodes het die prokureurs ’n saak wat hulle tussen persoonlike en familiedramas deur moet hanteer. Die feit dat Hans die regsfirma aan sy seun, Ben, in plaas van sy tweelingsuster, Lara, oorgegee het, het tot vuurwarm intrige gelei. In die tweede seisoen is daar nuwe uitdagings vir die egpaar nadat Hans afgetree het en sy memoires skryf. Dit is ’n…

7 min.
wilhelm fokus op die hier en nou

Ek wag vir hom in ’n koffiewinkel net duskant die hawe in Mosselbaai. Wilhelm het ’n draai by Africa Burn in die Tankwa Karoo gaan maak en daarna vir sy familie kom kuier. Die uwe wat deesdae aan die Tuinroete woon, het die geleentheid aangegryp. Links by ’n tafel sit ’n ou met ’n pelsjas oor ’n kaal bolyf en regs is ’n paartjie besig om mekaar vuurwarm te vry. Dit lyk inderdaad soos ’n toneel in ’n teaterstuk. Eintlik die ideale agtergrond waarteen jy met ’n ou wat onlangs met ’n Fiësta vir beste akteur bekroon is, ’n onderhoud kan doen. Akteurs sê graag toekennings beteken nie veel vir hulle nie, maar jy wonder of dié akteur darem so ’n bietjie windgat voel. Wilhelm is duidelik nie ’n ou wat sy…