EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Women's Lifestyle
VrouekeurVrouekeur

Vrouekeur 25 october 2019

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read More
SUBSCRIBE
R1 250
50 Issues

IN THIS ISSUE

4 min.
’n skoen wat pas

Doen dinge vir mense – nie oor wie hulle is of wat hulle vir jou kan doen nie, maar omdat jy die mens is wat jy is– Harold S Kushner Ek het lankal ophou tel hoeveel keer ek al iets op hierdie blad te sê gehad het. Vanoggend het ek die som gemaak: 466 kere het ek probeer om iets sinvols kwyt te raak. Van daardie 466 briewe het baie oor die liefde gehandel. En vandag is dit weer so. Oor dié tema blyk dit kan mense nie uitgepraat raak nie. In die artikel op bl 28 “Ouderdom is net ’n syfer” skryf Carla van der Spuy oor die liefde tussen mense waar ’n groot ouderdomsgaping ter sprake is. ’n Ouderdomsgaping is ’n relatiewe begrip. Wat vir my ’n klein gaping is, is…

1 min.
35% afslag!

BEL RAMSAY MEDIA by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) kredietkaartBESONDERHEDE en vir debietorderOPSIES SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS) STUUR ’N FAKS na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening SKRYF IN OP ONS WEBWERWE www.vrouekeur.co.za/ www.magsathome.co.za STUUR ’N E-POS na subs@magsathome.co.za POS ’N TJEK uitgemaak aan RamsayMe dia Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450 TEKEN IN OF HERNU jou inskrywing teen R812,50 PER JAAR! Doen ’n ELEKTRONIESE OORBETALING of betaal met ’n DIREKTE DEPOSITO Rekeningnaam: RamsayMedia Subs Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 BELANGRIK! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou VAN en SELFOONNOMMER as verwysing met ’n elektroniese betaling…

1 min.
wen

’n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur, is nou beskikbaar. Met Jan se lipleklekker braaibroodjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters vir nog ’n skeppie terugkom. www.nb.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS VEGETARIES gevolg deur jou naam, van en adres voor 30 Oktober 2019 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxtontydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrifaanbiedinge aan jou te bied.…

1 min.
vrouekeur

REDAKTEUR Eldaleen Hugo ADJUNKREDAKTEUR Zerelda Esterhuizen BESTURENDE REDAKTEUR Anlie Janse van Rensburg KUNSREDAKTEUR Je’Maine van Kradenburg DIGITA LE REDAKTEU R, MODE & SKOONHEID Dané Neuhoff TEKSREDAKTEUR & GESONDHEIDSJOERNALIS Christa Swanepoel TEKSREDAKTEUR Margot Pakendorf Schultz PROEFLESER Louïne van der Vyver BOEKEREDAKTEUR Willie Burger VERHALEREDAKTEUR Melt Myburgh vkfiksie@gmail.com KUNSTER EDAKTEUR Johan Myburg KOSSKRYWERS Suzanne Crozier en Mareli Visser DEKOR EN TUIN Anna Celliers, Connall Oosterbroek, Maryke Roberts MUSIEKRESENSENT EN VERMAAKJOE RNALIS CJ de Swardt KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel HOOFBESTUURDER Anton Botes BEMARKINGSBESTUURDER Reinhard Lotz BEMARKINGSNAVORSINGBESTUURDER Debbie McIntyre PRODUKSIEBESTUURDER Sada Reddhi ADVERTENSIES HANDELSBESTUURDERS DRUKWERK CTP-Gravure Printers VERSPREIDERS RNA 011 248 3500…

6 min.
driedubbele talent

Leah is op ons skerms as aktrise in flieks soos Susters en as geliefde aanbieder van Boer soek ’n vrou. Oor die radio hoor ons haar met treffers soos Met jou klere aan en Nooit alleen (haar duet met Jo Black) en op die verhoog tydens optredes wys sy sy kan sommer nog lekker dans ook! Haar nuwe album, Kyk na my, is nou op die rakke en digitaal beskikbaar en word as “liedjies van hoop, pret en die wete dat jy goed genoeg is” bestempel. HOE BALANSEER JY DIE DRIE TALENTE? Ek het nog altyd gehoop dat ek al drie – aanbieding, drama en sang – sal kan bemeester, maar ek dink wel dit het redelik organies gebeur. Dis nog altyd vir my belangrik om op meer as een ding te…

7 min.
onblusbare coenie

Daar was twee magiese oomblikke in Coenie de Villiers se kinderjare wat dit duidelik uitgespel het dat hy eendag ’n musikant gaan word. Die klanke van die klawers het hom as driejarige tjokkertjie reeds bekoor. “My ma was ’n musiekonderwyseres en daar was altyd musiek in ons huis. Sy het vertel ek kon skaars by die klavier bykom, maar het eendag op my tone gestaan en toe een of twee note gedruk. Ek was in ekstase,” vertel hy. Die tweede onvergeetlike oomblik het ’n paar jaar later opgeduik toe sy ouers hom na ’n klassiekemusiek-konsert geneem het. “Ek onthou nog ek het ’n kortbroek en kort sokkies na die konsert gedra. Terwyl ons in die konsertsaal gesit het, het ek skielik gevoel my vel is te klein vir my lyf en ek…