EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Women's Lifestyle
VrouekeurVrouekeur

Vrouekeur 1 November 2019

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read More
SUBSCRIBE
R1 250
50 Issues

IN THIS ISSUE

4 min.
rommel is soos ’n kredietkaart

Verdrink ons in ons rommel? vra Shanda Luyt hierdie week op bl 14. En die kort antwoord is: Ja. Rommel is soos ’n kredietkaart. Jy sien nie onmiddellik die skade wat dit jou kan berokken nie. Dis maklik om jou kaart te gebruik, makliker as harde kontant, maar voor jy jou kom kry, verdrink jy in die skuld. Dis ewe maklik om gemors in ’n asblik te gooi, maar dit verdwyn nie net as jy dit weekliks voor jou huis laat om weggeneem te word nie. Dit hoop nes skuld op en later kan dit jou verswelg. Ek was nog op laerskool toe ek eendag by my slim pa wou weet wat met die vullis wat weggery word, gebeur. Dis die eerste keer wat ek besef het daar is iets soos ’n…

1 min.
35% afslag!

TEKEN IN OF HERNU jou inskrywing teen R812,50 PER JAAR! BEL RAMSAY MEDIA by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) KREDIETKAARTBESONDERHEDE en vir DEBIETORDEROPSIES SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS) STUUR ’N FAKS na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening SKRYF IN OPONS WEBWERWE www.vrouekeur.co.za/ www.magsathome.co.za STUUR ’N E-POS na subs@magsathome.co.za POS ’N TJEK uitgemaak aan RamsayMe dia Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450 Doen ’n ELEKTRONI ESE OORBETALING of betaal met ’n DIREKTE DEPOSITO Rekeningnaam: RamsayMedia Subs Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 belangrik! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou van en SELFOONNOMMER as verwysing met ’n elektroniese…

1 min.
wen

Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Vandag is sy 21 jaar oud en vertel vir die heel eerste keer haar verstommende verhaal. www.lapa.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS GRUWELS gevolg deur jou naam, van en adres voor 6 November 2019 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxtontydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrif-aanbiedinge aan jou te bied.…

1 min.
vrouekeur

REDAKTEUR Eldaleen Hugo ADJUNKREDAKTEUR Zerelda Esterhuizen BESTURENDE REDAKTEUR Anlie Janse van Rensburg KUNSREDAKTEUR Je’Maine van Kradenburg DIGITALE REDAKTEUR, mode & skoonheid Dané Neuhoff TEKSREDAKTEUR& GESONDHEIDSJOERNALIS Christa Swanepoel TEKSREDAKTEUR Margot Pakendorf Schultz PROEFLESER Louïne van der Vyver BOEKEREDAKTEUR Willie Burger VERHALEREDAKTEUR Melt Myburgh vkfiksie@gmail.com KUNSTER EDAKTEUR Johan Myburg KOSSKRYWERS Suzanne Crozier en Mareli Visser DEKOR EN TUIN Anna Celliers, Connall Oosterbroek, Maryke Roberts MUSIEKRESENSENT EN VERMAAKJOE RNALIS CJ de Swardt KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel NAVRAE 087 158 1832 en vrouekeur@caxton.co.za Vrouekeur, Caxton-tydskrifte, Jan Smutslaan 368, Craighall Park 2196 en Posbus 1480, Saxonwold, 2132 HOOFBESTUURDER Anton Botes BEMARKINGSBESTUURDER Reinhard Lotz BEMARKINGSNAVORSINGBESTUURDER Debbie McIntyre PRODUKSIEBESTUURDER Sada Reddhi ADVERTENSIES HANDELSBESTUURDERS JOHANNESBURG en Kaapstad (insluitend landwye kleinadvertensies): 010 492 8356, 021 001 2401 Durban: Eugène Marais eugene@caxton.co.za 031 716 4444 DRUKWERK CTP-Gravure Printers VERSPREIDERS RNA 011 248 3500…

8 min.
meer as die koninginne van komedie

Die twee sterre van die splinternuwe komediereeks Huis Lelieveld, Hélène Truter en Lizz Meiring, het baie gemeen. Albei vroue is soos natuurkragte: dinamies, talentvol, veelsydig en altyd besig, besig, besig … HÉLÈNE TRUTER Met ’n bos krulhare tot op haar skouers is Hélène Truter onopgesmuk mooi nog voor sy tydens dié voorbladfotosessie op die grimeerkunstenaar se stoel gaan sit het, al meen sy self sy was nooit ’n “pretty poppie” volgens die standaarde van die vermaaklikheidsbedryf nie. Haar geblomde rok en bedrukte leerhandsak met die gesig van ’n koningin (“die ontwerper het dit spesiaal vir dié queen gemaak”) is van haar eie winkel, Amulet Lifestyle, op Hermanus. Sy en haar man, Percy Pretorius, wat onder meer teksredakteur by Binnelanders was, het die winkel tien jaar gelede gekoop en impulsief van Johannesburg af see toe…

7 min.
’n droomrol

Die program Trackers is op Deon Meyer se boek Spoor gegrond. Wat die reeks merkwaardig maak, is dat dit deur Cinemax, die susterskanaal van HBO, wat onder meer Game of Thrones en Big Little Lies gemaak het, vervaardig is. Die Britse vervaardigingsmaatskappy Three River Studios en Suid-Afrika se Scene 23, was ook deel van die vervaardigingspan. Trackers is ook op MultiChoice se Showmax beskikbaar. Trackers vertel die verhaal van Lemmer die lyfwag, wat sy vreedsame bestaan in die Karoo opgee vir ’n opdrag in Limpopo, waar hy gedreig word en sy Glock, met sy vingerafdrukke daarop, gesteel word. Die boek is vir die reeks aangepas en Deon Meyer is nie net die skrywer van die oorspronklike boek nie, maar deel van Scene 23. Deon het in ’n kort video oor Trackers vertel: “Ons kykers…