EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Women's Lifestyle
VrouekeurVrouekeur

Vrouekeur 8 November 2019

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read More
SUBSCRIBE
R1 250
50 Issues

IN THIS ISSUE

3 min.
’n heksejag sonder hekse

Die Ndlovu Youth Choir het onlangs wêreldwyd bekendheid verwerf met hul suksesvolle optrede op die Amerikaanse TVprogram America’s got Talent. Op bl 14 kan jy lees hoe hierdie koor tot stand gekom het en die verreikende impak wat dit op die koorlede se lewens gehad het en steeds het. In ’n land waar daar ook ongelukkig dikwels ’n gebrek aan samehorigheid is, het hierdie koor vir ongeveer ses weke mense oor alle grense heen saamgetrek en het almal, ten spyte van groot meningsverskille, die koor entoesiasties ondersteun. Dit was goed, mooi, opbouend en het almal diep geraak. Wat my by hierdie week se punt uitbring. Wat is dit wat mense verdeel en wat is dit wat hulle laat saamstaan? Die Salem-heksejag was ’n reeks vervolgings in koloniale Massachusetts, Amerika, tussen Februarie 1692 en Mei…

1 min.
35% afslag!

BEl RAMSAY MEDIA by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) KREDIETKAARTBESONDERHEDE en vir DEBIETORDEROPSIES SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS) STUUR ’N FAKS na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening SKRYF IN OP ONS WEBWERWE www.vrouekeur.co.za/www.magsathome.co.za STUUR ’N E-POS na subs@magsathome.co.za POS ’N TJEK uitgemaak aan RamsayMedia Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450 Doen ’n ELEKTRONIESE OORBETALING of betaal met ’n DIREKTE DEPOSITO Rekeningnaam: RAMSAYMEDIA SUBS Bank: NEDBANK Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 BELANGRIK! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou van en selfoonnommer as verwysing met ’n elektroniese betaling of direkte deposito en faks dit met jou betalingsbewys en posadres…

1 min.
wen

In By die brandende berg soek JJ sy rykdom in Afrika se kobaltriwwe. Hy is hardwerkend, hardegat en vestig ’n myn in die Kongo saam met twee Chinese vennote. Toe hulle begin geld maak, probeer hulle van hom ontslae raak. Hy moet vir sy lewe vlug. www.penguinrandomhouse.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS BERG gevolg deur jou naam, van en adres voor 13 November 2019 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxtontydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrifaanbiedinge aan jou te bied.…

1 min.
vrouekeur

REDAKTEUR Eldaleen Hugo ADJUNKREDAKTEUR Zerelda Esterhuizen BESTURENDE REDAKTEUR Anlie Janse van Rensburg KUNSREDAKTEUR Je’Maine van Kradenburg DIGITALE REDAKTEUR, MODE & SKOONHEID Dané Neuhoff TEKSREDAKTEUR & GESONDHEIDS JOERNALIS Christa Swanepoel TEKSREDAKTEUR Margot Pakendorf Schultz PROEFLESER Corné Coetzee BOEKEREDAKTEUR Willie Burger VERHALEREDAKTEUR Melt Myburgh vkfiksie@gmail.com KUNSTEREDAKTEUR Johan Myburg KOSSKRYWERS Suzanne Crozier en Mareli Visser DEKOR EN TUIN Anna Celliers, Connall Oosterbroek, Maryke Roberts MUSIEKRESENSENT EN VERMAAKJOERNALIS CJ de Swardt KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel HOOFBESTUURDER Anton Botes BEMARKINGSBESTUURDER Reinhard Lotz BEMARKINGSNAVORSINGBESTUURDER Debbie McIntyre PRODUKSIEBESTUURDER Sada Reddhi ADVERTENSIES HANDELSBESTUURDERS Johannesburg en Kaapstad (insluitend landwye kleinadvertensies): 010 492 8356, 021 001 2401 Durban: Eugène Marais eugene@caxton.co.za 031 716 4444…

5 min.
net waar hy wil wees

Hy ken die klankbane van flieks soos Frozen en Coco deesdae nét so goed as die lirieke van sy eie rockmusiek, erken Francois (Badenhorst) van Coke laggend. Kleinding Alex (sy word eersdaags drie jaar oud) maak seker daarvan, want sy draai haar pa om haar pinkie. “Sy kies van haar gunstelingstories se karakters en lig ons dan saans in dat ons dié rolle moet vertolk wanneer ons haar in die bed gaan sit.” Francois en sy vrou, Lauren, speel dan gelate saam en leef hulself in as enigiets van Kristoff in Frozen tot Gekko van PJ Masks. Dis wêrelde verwyder van die era in sy lewe toe Francois elke aand in ’n ander plattelandse dorpie geslaap het wanneer Fokofpolisiekar op toer was. Hy koester daardie herinneringe en hy is nie spyt daaroor nie, sê hy,…

7 min.
mondig

Sy kan self nie glo hoe die tyd gevlieg het nie, sê Margit Meyer-Rödenbeck een loom middag in ’n koffiewinkel in Durbanville. Mens wonder hoe Dolla oor dié mylpaal en terselfdertyd oor ouer word voel. “Nee, wat. Sy blom! Sy is forever 21,” sê Margit en skater. Daar sou destyds net een vertoning vir dié vlymskerp blondine wees, maar haar gewildheid het almal verras. Nou spog sy met ’n loopbaan van meer as twee dekades, het die land al deurkruis, en het selfs al die Suid-Afrikaners in Nieu-Seeland, Australië en Londen laat huis toe verlang. Margit vertel dat Dolla se gehore deur die jare nogal dramaties verander het. “Aanvanklik was dit meer Engelse gay gehore wat haar ondersteun het. Ek het in gay klubs in Kaapstad opgetree en dit was verfrissend om te…