EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Women's Lifestyle
Vrouekeur

Vrouekeur 22 November 2019

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read More
SUBSCRIBE
R1 250
50 Issues

IN THIS ISSUE

4 min.
oor trauma & vergifnis

Zephany Nurse is as baba gesteel en haar biologiese ouers het 17 jaar lank na hul dogter gesoek. Op bl 8 vertel sy aan Maryke Roberts dat sy die vrou wat sy as haar ma geken het, vergewe het. Hoe en hoekom vergewe jy iemand wat vir die trauma in jou en ander mense se lewens verantwoordelik was? Zephany gee die antwoord: “… ek moes haar vergewe – vir my eie onthalwe”. Ek het onlangs ’n boek gelees oor trauma, die erkenning en verwerking daarvan, vergifnis en die helingsproses. Die boek het vir my meer beteken as wat jare lange terapie sou kon beteken het en ek het summier etlike kopieë gekoop om vir mense te gee, wat ek weet met sekere gebeure in hul lewens sukkel. Die boek, The Choice, is deur…

1 min.
teken in of hernu

35% AFSLAG! jou inskrywing teen R812,50 PER JAAR! ▪ BEL RAMSAY MEDIA by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) KREDIETKAARTBESONDERHEDE en vir DEBIETORDEROPSIES ▪ SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS) ▪STUUR ’N FAKS na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening ▪ SKRYF IN OP ONS WEBWERWE www.vrouekeur.co.za www.magsathome.co.za ▪STUUR ’N E-POS na subs@magsathome.co.za ▪POS ’N TJEK uitgemaak aan RamsayMedia Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonder hede van hernuwing of inteke ning na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450 ▪ Doen ’n ELEKTRONIESE OORBETALING of betaal met ’n DIREKTE DEPOSITO Rekeningnaam: RamsayMedia Subs Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 BELANGRIK! Gebruik jou VAN en SUBSKRIP SIE NOMMER of jou VAN en SELFOONNOMMER as verwysing met ’n elektroniese betaling of direkte deposito…

1 min.
wen

Gardening with Keith Kirsten is ’n praktiese, geïllustreerde gids vir alle tuiniers. Ongeveer 2 000 plante word beskryf, en daar is ’n kort bekendstelling van tuinontwerp, onderhoud en peste en plae. www.penguinrandomhouse.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS KEITH gevolg deur jou naam, van en adres voor 27 November 2019 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxtontydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrifaanbiedinge aan jou te bied.…

1 min.
vrouekeur

REDAKTEUR Eldaleen Hugo ADJUNKREDAKTEUR Zerelda Esterhuizen BESTURENDE REDAKTEUR Anlie Janse van Rensburg KUNSREDAKTEUR Je’Maine van Kradenburg DIGITALE REDAKTEUR, MODE & SKOONHEID Dané Neuhoff TEKSREDAKTEUR & GESONDHEIDS JOERNALIS Christa Swanepoel TEKSREDAKTEUR Margot Pakendorf Schultz PROEFLESER Louïne van der Vyver BOEKEREDAKTEUR Willie Burger VERHALEREDAKTEUR Melt Myburgh vkfiksie@gmail.com KUNSTEREDAKTEUR Johan Myburg KOSSKRYWERS Suzanne Crozier en Mareli Visser DEKOR EN TUIN Anna Celliers, Connall Oosterbroek, Maryke Roberts MUSIEKRESENSENT EN VERMAAKJOERNALIS CJ de Swardt KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel HOOFBESTUURDER Anton Botes BEMARKINGSBESTUURDER Reinhard Lotz BEMARKINGSNAVORSINGBESTUURDER Debbie McIntyre PRODUKSIEBESTUURDER Sada Reddhi ADVERTENSIES HANDELSBESTUURDERS Johannesburg en Kaapstad (insluitend landwye klein advertensies): 010 492 8356, 021 001 2401 Durban: Eugène Marais eugene@caxton.co.za 031 716 4444 DRUKWERK CTP-Gravure Printers VERSPREIDERS RNA 011 248 3500…

8 min.
lief vir verandering

Tinarie van Wyk Loots bly die afgelope vyf jaar op Riebeek-Kasteel in die Swartland en haar katte, goudvisse en hoenders – wat almal pittige name het – is haar beste geselskap. Sy was die afgelope ruk baie meer op die kassie as op die verhoog en onder meer te sien in Fynskrif, Dwaalster en ook Onder die Suiderkruis. In een van ons vorige geselsies het sy genoem TV bly ’n uitdaging. Ek wonder of dit makliker word. Sy lag: “Ek geniet my werk geweldig baie en hou van uitdagings. Ek sou nie noodwendig sê dit word makliker nie, maar mens leer gedurig jou ambag beter ken en ervaring is jou grootste leerskool.” In die rol van Lara is sy die dogter van die patriarg, Hans van Wyk (Chris van Niekerk), en getroud met…

7 min.
nou kyk sy vorentoe

Haar desperate ouers, Morné en Celeste Nurse, het oor die jare gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van hul baba nie. Elke jaar, 17 jaar lank, het hulle op haar verjaardag kerse aange steek, gehoop en gebid. Nie ver van hul huis in Gladiola nie, het die 17-jarige Miché pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel en toegewyde ouers gehad. Sy het oor die matriekafskeid en die rok gedroom wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool wat ongelooflik baie soos sy lyk en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie. Die eerste twyfel het by haar ontstaan toe sy haar biologiese suster, Cassidy, op skool ontmoet en “onmiddellik…