EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Women's Lifestyle
Vrouekeur

Vrouekeur 29 November 2019

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read More
SUBSCRIBE
R1 250
50 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
oor karma & maai wat jy saai

As kind op skool in die jare sewentig het menige onderwyser, dominee (ag, eintlik die samelewing waarin ek grootgeword het in die algemeen) gefrons oor enigiets wat anders was, maar dit meer dikwels veroordeel. As mense nie volgens die groep se reëls en regulasies gedink of gedoen het nie, was hulle verkeerd, soms selfs van die duiwel. Die Rooms-Katolieke Kerk, maar ook die AGS-kerk, was gevaarlik. Behoede jou as jy ’n kruisie om jou nek gedra het en van die mense in die AGS-kerk is as die “wederdopers” gepraat. Oor Oosterse gelowe is daar nie eens gepraat nie – joga, meditasie en wierook was gewoon uit die bose. Die drie susterskerke was die norm. Dit was die waarheid en die einde van die gesprek. Boonop mag mens ook nie teëgepraat het nie. En vandag? Wel, daar…

1 min.
35% afslag!

BEL Magsathome by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasio naal) KREDIETKAARTBESONDERHEDE en vir DEBIETORDEROPSIES SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS) STUUR ’N FAKS na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening SKRYF IN OP ONS WEBWERWE www.vrouekeur.co.za/www.magsathome.co.za STUUR ’N E-POS na subs@magsathome.co.za POS ’N TJEK uitgemaak aan Magsathome Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonder hede van hernuwing of inteke ning na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450 Doen ’n ELEKTRONIESE OORBETALING of betaal met ’n DIREKTE DEPOSITO Rekeningnaam: Magsathome Subs Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 BELANGRIK! Gebruik jou VAN en SUBSKRIP SIE NOMMER of jou VAN en SELFOONNOMMER as verwysing met ’n elektroniese betaling of direkte deposito en faks dit met…

1 min.
wen

Kwaaikofski is ’n privaat speurder. Hy het nou eenmaal die talent daarvoor. Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Geskik vir ouderdomme ses tot nege. www.nb.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS KWAAIKOFSKI gevolg deur jou naam, van en adres voor 4 Desember 2019 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxtontydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrifaanbiedinge aan jou te bied.…

1 min.
vrouekeur

REDAKTEUR Eldaleen Hugo ADJUNKREDAKTEUR Zerelda Esterhuizen BESTURENDE REDAKTEUR Anlie Janse van Rensburg KUNSREDAKTEUR Je’Maine van Kradenburg DIGITALE REDAKTEUR, MODE & SKOONHEID Dané Neuhoff TEKSREDAKTEUR & GESONDHEIDS JOERNALIS Christa Swanepoel TEKSREDAKTEUR Margot Pakendorf Schultz PROEFLESER Louïne van der Vyver BOEKEREDAKTEUR Willie Burger VERHALEREDAKTEUR Melt Myburgh vkfiksie@gmail.com KUNSTEREDAKTEUR Johan Myburg KOSSKRYWERS Suzanne Crozier en Mareli Visser DEKOR EN TUIN Anna Celliers, Connall Oosterbroek, Maryke Roberts MUSIEKRESENSENT EN VERMAAKJOERNALIS CJ de Swardt KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel HOOFBESTUURDER Anton Botes BEMARKINGSBESTUURDER Reinhard Lotz BEMARKINGSNAVORSINGBESTUURDER Debbie McIntyre PRODUKSIEBESTUURDER Sada Reddhi…

7 min.
sa bly haar nommer een

Demi-Leigh Nel-Peters het Suid-Afrika vroeër vanjaar as beoordelaar vir Mej SA besoek. Dit was ’n besige paar dae vir haar en om by die propvol dagboek in te pas, is die Vrouekeur-voorbladfoto’s een weeksoggend baie vroeg in Johannesburg geskiet. Met die instap is dit duidelik sy is baie professioneel en tydens die shoot kan mens sien hoekom sy ’n internasionale model is. Terwyl die grimeerkunstenaar haar reeds mooi gesig grimeer, gesels ons oor haar lewe in New York, haar verloofde, en hoe ’n tipiese dag in haar lewe lyk. Die meeste van ons kan net daarvan droom om New York te besoek, maar dit is in hierdie wêreldstad waar Demi-Leigh nou al bykans twee jaar woon. “Ek geniet dit baie, maar ek moet eerlik wees, dit ís oorweldigend.” Sy sê New York is anders…

7 min.
liedjieboer innie langpad

“Ek wroeg nie, die lewe is te kort. Ek probeer om met humor ’n huppel in die stap te sit. Die lewe is ’n lang, onbekende pad. Ek hou van the road less travelled. In realiteit is ek steeds ’n outsider – die een wat van buite na binne kyk en wanneer ek tuis is, van binne na buite …” sê Anton Goosen, die Liedjieboer. Dié Suid-Afrikaanse musieklegende vier vanjaar 40 jaar in die musiekbedryf met ’n splinternuwe album, 40 jaar: Liedjieboer innie langpad: 1979–2019. Dié album bevat nuwe liedjies, onder meer Swart Water (Die vloek van Boontjieskraal), Skippetjie skommel en ’n Veer uit die Klein-Karoo. Daar is ook temaliedjies van rolprente en alternatiewe 1980-opnames van onder meer Boy van die Suburbs, Blommetjie gedenk aan my, Byeboerwa en Harlekyn. Die oorspronklike weergawe…