menu
close
search
EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg! KampkosWeg! Kampkos

Weg! Kampkos

2016

Die smaaklikste en maklikste resepte uit WegSleep, WegRy en Weg oor die afgelope ses jaar verskyn in die eerste uit- gawe van Kampkos. Min dinge in die lewe is lekkerder as ’n aand onder die sterre met vriende en familie rondom ’n kampvuur – en natuurlik goeie kos om die kuier nóg geselliger te maak. Of jy nou iets op die rooster wil gooi, ’n potjie maak of die oondjie in ’n selfsorgplek gebruik, Kampkos het meer as 100 watertand resepte vir elke geleentheid of gaarmaakmetode.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down

IN THIS ISSUE

access_time1 min.
is die kole al reg?

Daar waar een of meer om ’n kampvuur vergader, smaak die kos mos net beter… of hoe? Dalk is dit die rook in jou hare, die effens geskroeide randjie van jou braaibroodjie, en die agteroorsit en gesels terwyl die beesstert maats maak met ’n bottel rooiwyn in die pot. Of dalk is dit die feit dat ’n mens meer bewus en dankbaar is vir alles wat jy het (ook die kos op jou bord) wanneer jy in die bos kuier. In ons tweede uitgawe van Kampkos snoer ons weer die afgelope jare se beste resepte uit Weg, WegRy en WegSleep saam. Ons het dié resepte gekies omdat dit meestal in ’n kampterrein oor ’n oop vuur, of in ’n pan of pot op ’n gasstofie berei kan word. Ons gee ook…

access_time1 min.
kook ons voorblad!

ONS VOORBLADSTER Lamstjoppies met roomkaas en sondroogtamaties Vir 4 | Voorbereityd 10 minute Gaarmaaktyd 10 minute 8 lamslendetjoppies 1 eetlepel gemaalde koljander sout, na smaak soutpeper, na smaak 250 ml roomkaas 10 sondroogtamaties, gekap hand vol pietersielie, gekap 1 Vryf die lamstjoppies in met koljander, sout en swartpeper. 2 Meng die roomkaas, sondroogtamatie en pietersielie saam, stop die tjop daarmee en vou die vet oor. Gebruik ‘n sosatiestokkie om die vet vas te steek. 3 Braai oor matige kole tot die vet uitgebraai en die vleis gaar is volgens jou smaak. Laat rus vir ’n paar minute voordat jy dit voorsit. Spekbraaibroodjies Vir 4 | Voorbereidingstyd 10 minute Gaarmaaktyd 10 minute 8 snye witbrood botter, na smaak 1-2 tamaties, in dun skyfies ½ rooiui, in dun skyfies ’n hand vol cheddar, gerasper 4 repies spek 1 Botter die brood aan al twee kante. Verdeel die uie, tamatie en…

access_time8 min.
padkos

Padkos-calzones Lewer 5 | Voorbereityd 20 minute Gaarmaaktyd 20 minute • 500 g brooddeeg (koop dit sommer by ’n supermark) • ¼ koppie meel • 2 koppies mozzarella, gerasper • ½ koppie salami, fyngekap • 20 olywe, ontpit en grofgekap (opsioneel) • ’n hand vol sampioene, fyngekap • 5 eetlepels sondroogtamatiepesto (opsioneel) • 2 eetlepels olyfolie • 1 teelepel droë oreganum • 1 bakkie (230 g) roomkaas • sout en peper na smaak 1 Verhit die oond tot 220 °C en smeer ’n groot bakplaat met olie of botter. 2 Verdeel die deeg in vyf eweredige dele en rol dit in bolletjies. Rol elke bolletjie plat uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot dit ½ cm dik is of ’n sirkel met ’n deursnee van 20 cm vorm. 3 Meng die res van die bestanddele saam in ’n mengbak. Verdeel die vulsel tussen die vyf pizzas, maar…

access_time10 min.
ontbyt

Monte Christobraaibroodjies Lewer 4 broodjies | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 10 minute • 8 snye brood • 2 eetlepels botter vir smeer • 3 teelepels Dijon-mosterd • 4 skywe parmaham • 4 skywe emmenthaler • 2 eetlepels botter, vir braai • 2 eetlepels olyfolie, vir braai • 2 eiers, geklits en gegeur met sout en peper 1 Smeer botter en ’n dun lagie mosterd op die brood. Sit ’n skyfie ham en ’n skyfie kaas op elke sny en maak ’n toebroodjie. 2 Verhit nou van die botter en olyfolie in ’n pan, doop die toebroodjie in die geklitste eier en braai dit vir 2-3 minute aan albei kante tot goudbruin. 3 Sny dit middeldeur en sit dit voor. Mieliepoffertjies en sambals met suurroom Lewer 16 poffertjies | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 15 minute Hierdie is ’n vetkoek met persoonlikheid – dit kan…

access_time16 min.
ligte etes

Dekselburgers Lewer 7 patties | Voorbereityd 10 minute Gaarmaaktyd 10 minute • 1 sny brood • ½ koppie melk • 500 g maalvleis • 250 g varkworsies, vleis uit die derm gedruk • 1 middelslag-ui, fyngekap • 1 eetlepel blatjang • 1 teelepel Robertsons se knoffel-enspeseryemengsel • ½ teelepel mosterdpoeier • 2 teelepels Aromat (kaasgeur) • ½ teelepel paprika • ½ koppie vars pietersielie, fyngekap • sout en gemaalde swartpeper na smaak • 7 Consol-flesdeksels • kookolie om die rooster te verf 1 Week die brood in die melk totdat dit deurweek is. Meng dan die brood, maalvleis, worsvleis, ui, blatjang en speserye met ’n lang vurk. Moet dit egter nie te styf saammeng nie. 2 Vorm nou jou patties in die flesdeksels se skroefringe. Die skroefringe is oop aan albei kante, maar die een kant het ’n lippie wat sal keer dat die vleis uitval. Sit…

access_time26 min.
braai

Paprika-varkrib Vir 4 | Voorbereityd 45 minute plus marineertyd | Gaarmaaktyd 30 minute • 1,2 kg heel varkrib (sowat 12 ribbetjies) • ½ koppie sjerrie-asyn of goeie rooiwynasyn • 2 eetlepels gerookte paprika • 3 teelepels gemaalde komyn • 2 teelepels Weg-braaisout • 4 knoffelhuisies, fyngekap • 2 eetlepels olyfolie • 2 eetlepels heuning 1 Plaas die heel rib bedek met water in ’n groot pot. Bring dit tot by kookpunt en laat prut dan oor matige hitte vir 45 minute. Verwyder die rib en laat dit droog drup op ’n rakkie. 2 Meng die asyn, speserye, knoffel, olyfolie en heuning en smeer die ribbetjies deeglik in. Bedek en laat rus in die yskas vir ten minste twee uur, maar verkieslik oornag indien moontlik. 3 Die rib moet eers weer kamertemperatuur wees voordat jy dit braai. Haal die rib uit die marinade,…

help