ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Weg!

Weg!

December - January 2021

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Bimonthly
SUBSCRIBE
R 252
6 Issues

in this issue

2 min.
van kus tot kus

Berge, bosveld, woude, woesryn, grasvlakres en ’n kuslyn sonder weerga war 2800 km van die Oranjerivier in die wesre ror by Kosibaai in die oosre srrek! Suid-Afrika her haar uirdagings (ai, haar mense darem!), maar war naruurskoon berref, her sy voor in die ry gesraan die dag roe gawes uirgedeel is. Mer die dar ons nou (versigrig) ons pandemiekleed afskud, voel dir vir my daar is ’n nuwe waardering vir die mooi war ons land bied. In my vriendekring word klassieke reisplanne aangepak oor die lengre en breedre van die land. Parry nosralgiese reise na berekenisvolle plekkies uir die verlede, ander onrdekkingsrogre na punre op ’n kaarr war lank op ’n wenslysie gelê en wag her. Ons srorie oor gunsrelingkusdorpe op bl. 30 her my laar dink aan ’n onrdekkingsreis van my…

1 min.
agter die skerms

Wat was jou grootste uitdaging? Ons baba! Dis die eerste keer wat ek my vrou, Marilize, én ons dogter, Essie (1½), saamgeneem het op ’n storie. Ek moes my besoeke en onderhoude haarfyn beplan rondom Essie se middagslapies en by elke blyplek moes ek ’n impromptu versperring “bou”om haar van die trap af weg te hou. Maar Essie het haar kant gebring. ’n Plaat magrietjies is ’n vervelige kiekie, maar plak ’n baba tussen die blomme as ’n model en skielik het jy ’n fantastiese foto (bl. 101)! Hoe het die inperking die storie beïnvloed? Voor die inperking het ek gereeld op Yzerfontein gekuier. Dit was jammer om te sien ’n paar plekke op die dorp moes hulle deure sluit. Tog was die inwoners grotendeels positief en baie besighede kon hulle…

6 min.
briewe

Die môrestond het (altyd) goud in die mond Ek het in Julie 2020 dié mooi toneel skaars 1 km van die ingangshek in die Rietvlei-natuurreservaat af vasgevang. Dit was 7vm. en ’n ysige -5° C en ek het die mis oor die Rietvleidam naby die Coots Cornervoëlskuiling sommer deur my motorvenster afgeneem. Rietvlei is sekerlik die koudste plek in Pretoria. Die miskolom wat in die agtergrond uitstaan, is die watervalletjie by Otterbrug – die temperatuur is altyd laer daar. Die sonsopkoms was beslis die vroeg opstaan en koue trotseer werd! ALTA PRETORIUS, Pretoria Heita, ek sien jou! My kleindogter Isabelle Hahndiek (11) het onlangs dié Robertsondgerg-verkleurmannetjie, ook bekend as die Klein-Karoo-dgergverkleurmannetjie, in die Langeberg naby Montagu gesien. Baie van die verkleurmannetjies gat in Suid-Afrika voorkom, is bedreig en ons gas opgegonde om een in die…

2 min.
v&a

LOUISETTE LE ROUX van Mbombela skryf: Ek het hierdie olifantbul met ’n groot gat in sy oor naby Crooks’ Corner in die noordelike deel van die Krugerwildtuin afgeneem. Ek vermoed die olifant het dalk seergekry in ’n geveg met ’n ander olifant. Die wildlewekenner L.D. VAN ESSEN antwoord: ’n Olifant se ore ontwikkel verskeie skeure, kepe en gate deur die verloop van sy lewe. Die meeste word deur takke en dorings veroorsaak en word as normale slytasie beskou. Olifante met dikker ore sal gewoonlik minder skade hê aan die oorrand. Hierdie merke, asook die aarpatroon op die oor en die vorm en toestand van die olifant se tande, word gebruik om individue te identifiseer. Dit is nie onmoontlik dat ’n ander olifant se tand die gat in hierdie olifant se oor kon veroorsaak…

3 min.
kortliks

Die Walvisroete is oop én opgeknap! Ná ’n jaar se opknapwerk is dié gewilde vyfdagroete nou weer oop. Vir diegene wat dit nie ken nie: Die Walvisroete lei ’n mens van berghange oortrek met fynbos af tot teen die see waar jy kan swem en snorkelduik. Tussen Junie en November kan jy op die uitkyk wees vir suidelike noorkapperwalvisse. Met die opknapwerk het die oornaghutte sonkragpanele met groter batterykapasiteit gekry (jy kan voortaan jou selfoon laai); die watergehalte en -druk is verbeter; die voetpad het – waar nodig – vlekvryestaalversterkings en trappies gekry. Die getypoel by Stilgat is nou makliker bereikbaar. Stappers wat al die Walvis gestap het, sal saamstem: Die sterrehemel is merkwaardig. Die hutte spog nou met dakvensters; dus kan jy van bínne af ook sterre kyk! Verder het elke hut…

2 min.
slange as troeteldiere

Vir Suid-Afrikaners is dit glad nie aardig om ’n slang as troeteldier aan te hou nie, en die verskeidenheid wissel van skadeloos tot dodelik giftig. Party entoesiaste bou vir Riekie, die rinkhals, ’n spoggerige hok versier met plante en fonteintjies en tot ’n verwarmer en spesiale beligting. Slangtelers aan die ander kant, hou die diere gewoonlik in eenvoudig dog funksionele en higiëniese kaste aan. Jy het ’n permit nodig om inheemse slange aan te hou behalwe in KwaZulu-Natal waar jy bykans enige slang – selfs ene wat jy in die veld gevang het – sonder papiere mag aanhou. (Kontak jou provinsiale natuurbewaringskantoor vir ’n permit, of stuur ’n e-pos vir Johan by johan@asiorg.co.za – Red.) Die meeste provinsies sal die nodige permit uitreik indien jy ’n eksotiese slang wil aanhou. Daarom…