EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg! NamibiëWeg! Namibië

Weg! Namibië

2018

Ons gewilde jaarlikse Namibië-gids bevat 132 bladsye vol klassieke bestemmings, ons 20 top-kampplekke, meer as 240 blyplekke met GPS-punte en kaarte, die beste doendinge, perfekte dagplanne, grensposinligting en nog meer!

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
stilte gewaarborg

Wye ooptes is nie almal se ding nie. Party mense hou daarvan om in ’n stad vakansie te hou. Hulle wil winkels toe gaan en by fênsie restaurante eet. Maar die meeste van ons verlang na ’n eenvoudiger, stiller plek. ’n Plek waar jy jou hart kan hoor klop, waar ’n klipperige pan met ’n enkele sebra op die gesigseinder bo die gemaal in jou kop kom lê. Suid-Afrika het ook sulke plekke: die Tankwa-Karoo, Boesmanland, die Knersvlakte… Maar Namibië is anders. Dit maak nie saak waar jy jou bevind nie: Spitzkoppe (foto bo), die C43 tussen Opuwo en Warmquelle, man, selfs op die B1 op pad Keetmanshoop toe. Jy kan byna enige plek uit jou kar klim en jy’s omring deur stilte en ’n uitsig wat strek tot waar die aarde…

access_time21 min.
dis nou of noord

DAG 1 Kamp in styl Beplan jou dag só dat jy Windhoek nie later as tweeuur die middag verlaat nie. As jou biltong gedaan is, kyk net voor jy Okahandja uitry, op linkerhand vir Piet’s Biltong Shop (hoewel Johan Kotze dit deesdae besit). Camp Elephant in die Erindi-privaat-wildreservaat is een van die beste kampplekke wat jy ooit gaan besoek. Dis duur om hier te oornag, maar die moeite werd. Dinge is fênsie: Jy het jou eie stukkie gras, afdak, badkamer, yskas en kragpunte. Die ruskamp is omhein en netjiese paadjies lei jou na die uitkykpunt oor die watergat waar die diere kom en gaan – en hier’s ’n lig sodat jy laataand kan kom kyk wie hou middernagpartytjie saam met die rooijakkalse. SLAAP HIER Erindi-privaatwildreservaat Koste Kamp: 30 staanplekke. Let wel: hierdie pryse is slegs vir SAOG-burgers. R890…

access_time17 min.
de smalle weg deur kloof en berg

Hartbreekpas noem hulle hom, dié warboel van groot wit rotsblokke waaroor ons nou al ’n geruime tyd klouter. Doer onder lê vanoggend se skurwe klipbanke – kompleet soos ’n olifant se vel; boontoe reik die kranse reg rondom ons helderoranje na die hemele. Agter die dolomiet-en kalksteenkolosse wag ’n landskap vol bergspitse en diep canyons met ondergrondse waterweë wat die Naukluft se rotslae oor eeue heen al wegvreet. Dis ’n haas ondeurdringbare oerland hierdie. Ek wonder vir die hoeveelste keer: Wat maak ek hier? Ek is nie ’n stapper nie! Kýk net hierdie mense: Matthew en sy verloofde, Louise, en hulle vriende, Wayne en Michael, is vrywilliger-brandbestryders – hulle hol hoeveel keer elke somer met swaar toerusting op die rug die Wes-Kaap se brandende berghellings tegemoet. En Dené is pas terug van ’n…

access_time5 min.
ry rally in   die woestyn!

Die reuk van petroldampe vul jou neusgate en jy lek stof van jou lippe af terwyl die gesanik van die hoeveelste limiter in jou ore suis. Elke nou en dan loop iemand verby met ’n donkerblou T-hemp wat in helderoranje letters vra: “Where the #@*%! is Koës?” “Kyk, daar word gesê dié is georganiseerde chaos!” vertel Rickus Vermeulen, wat agter die stuur staan van die Koës Pan Rally. Die rally word al 30 jaar lank op ’n kleipan net buite dié klein Kalaharidorp (bevolking: ± 5 000 mense) in die suidooste van Namibië gehou. Die rally het in 1985 begin toe ’n paar manne op Koës stry gekry het oor ’n onderwerp wat al sekerlik vandat die eerste bakkies gebou is, aankom: Wie s’n is nou eintlik die beste? En Koës het…

access_time15 min.
die ánder kalahari

Die Kalahari loop nie dood by die grens van die Kgalagadi-oorgrenspark nie. Dié woestyn se rooi duine lê soos ’n roesbruin sinkplaat tot anderkant Stampriet naby die Hardapdam in Namibië. Die C15-grondpad volg die enigste lewensaar – die Auobrivier – binneland toe. Langs dié pad is verskeie gasteplase en lodges net ’n klipgooi van die Kgalagadi-oor-grenspark se Mata Mata-hek af. Trouens, as jy nie ’n slaapplekkie in die park kry nie, oorweeg om hier te bly en dagbesoeke te doen. Of as jy ’n vakansie na Namibië beplan via die park, rek jou tydjie in die Kalahari deur ’n paar dae by van sy mense oor te bly. Ek het al die pad uit Kaapstad gery om dié kol te besoek. Op pad het ek ’n indrukwekkende hoeveelheid stof versamel nog voordat…

access_time14 min.
vanzylspas – het jy genoeg murg in jou pype?

Dis nie aldag dat ’n pawiljoen vol mense sit en kyk hoe jy aan 50 m ry nie. Maar in Vanzylspas se érgste deel, onder sommige bekend as die Hillary Step (na aanleiding van die naam van Berg Everest se laaste uitdaging op pad na die piek), is dit jou voorland (sien foto links). In dié deel klim passasiers gewoonlik uit – uit benoudheid, om foto’s te neem én om die voertuie ligter te maak. Hier konsentreer bestuurders dat die sweet loop. As jy ’n fout maak, kry jou voertuig seer. En as jy hier karprobleme kry, gaan niemand jou kom haal en insleep na die naaste dorp nie (Opuwo is dalk jou “naaste” opsie, en dié is rofweg 160 km – ’n halfdag se ry – ver). Vanzylspas se 12 km kan…

SPECIAL ISSUES

RECENT ISSUES

help