ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Weg! Platteland

Weg! Platteland

Winter 2021

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
R 76
R 247
4 Issues

in this issue

2 min
kies jy vleis of vinkel?

Ons het pas uit De Rust gery en ons aan die natuurskoon in Meiringspoort begin verwonder toe ’n taai tameletjie ons tussen die oë tref – nóg harder as die tor wat sekondes terug ’n morsige lobotomie teen die voorruit ondergaan het. Platteland was op pad na Tortoiseback, die dierearts Brett Bard se “nie-gewelddadige veganistiese toevlugsoord” tussen Klaarstroom en Prins Albert, om ’n profielstorie oor hom en sy permakultuurtuin te doen, maar ook oor die sogenaamde “vegan-revolusie” wat stadigaan in Suid-Afrika posvat (lees die storie op bl. 100). Maar toe onthou ons skielik van die groot kosstorie in hierdie uitgawe: ’n eerste uittreksel uit Annelien Pienaar se nuwe boek, Vleis – Die omvattende gids, wat middel Junie landwyd in boekwinkels te koop sal wees. (Ons deel ons gunstelingresepte op op bl. 126-134.) Voor…

9 min
vertel ons

LAAT HOOR VAN JULLE! Skryf vir ons en vertel ons van jou skuif of verlange platteland toe, die karakters op jou dorp, die dinge waaroor jy mal is (of wat jou pla)… Stuur ’n e-pos na helloplatteland@gmail.com of skryf aan Platteland Vertel ons, Posbus 526, Moorreesburg 7312. Ons gee voorkeur aan briewe van minder as 300 woorde. Onthou om jou voornaam en van te gee en, belangrik, die dorp waar jy woon. Platteland behou hom die reg voor om briewe na goeddunke te redigeer en verkort. wen-brief Hoe verlang ek na my ‘tarentaalkinders’… Ek het op Ladybrand in die Oos-Vrystaat grootgeword, en julle artikel oor “Vreemde beste vriende” in die Herfs 2021-uitgawe het my ver laat terugdink. As kind kon ons gesin nooit Desembervakansies saam weggegaan nie, want my pa was direkteur van die Ladybrand-kinderhuis. Die…

1 min
kaatjie van die baan!

Wie raak nié heeltemal nostalgies oor kanniedood-handelsname soos Black Cat, Lucky Star, Steri Stumpie, Marmite of Bovril nie? Dink ’n bietjie terug aan die dae van Zookoekies, die heengegane Chocolate Log en Wilson’s-toffies… (Deesdae skrik die ou tande maar vir sulke dinge. – Reds.) Nou kan jy al dié produkte verewig op enigiets van rugsakke en oorkruislyfsakke tot strooikussings, teddiebere, pennesakkies en muntbeursies. Daar’s vadoeke, voorskote, oondhandskoene, winkelsakke en sagte plantpotte – noem maar op. En alles word met die hand gemaak, onder andere deur vroue van Kylemore buite Stellenbosch. Die oudjoernalis Malani Venter maak geruime tyd al in haar vrye tyd by haar huis in die Banhoekvallei buite die Eikestad onrealistiese akrielverfportrette van mense, diere en groepe, wat gelei het tot haar onderneming, Kaatjie Produkte – genoem na haar eie “vet…

1 min
kaas-en-tee, enigiemand?

Almal ken die klassieke kombinasie van kaas en wyn. Maar ’n kaas-en-tee? By Babylonstoren tussen die Paarl en Franschhoek kan besoekers nou in die restaurant Babel dié kombinasie beproef. Die smake daarvan kom bymekaar soos vinkel en koljander en vul jou mond met ’n simfonie van geure. Die warmte van die tee beklemtoon die aardse, skerp geure van die kaas, terwyl die kaas op sy beurt die bitter-suur smaak van die tee kalmeer. Net soos wyn, leer ’n mens, bevat tee ook baie tanniene wat wissel volgens die terrior en soort tee. Wit- en groentee pas goed by sagter kase soos brie, terwyl die aardse geure in swarttee beter werk saam met die skerp smake van beleë of gerookte kase. Die grootste rede waarom die meeste van ons melk by ons…

1 min
die beste medisyne!

Babylonstoren het onlangs ’n boek die lig laat sien waarin hulde gebring word aan tee as ’n wonderlike natuurlike middel. An Invitation to Tea is saamgestel deur Maranda Engelbrecht, en die kruieteeresepte is deur Gundula Deutschländer, kruiespesialis en Babylonstoren se hooftuinier. “Ek het grootgeword in ’n huis waar ons net tee gedrink het,” sê Maranda. “Dit is altyd met liefde gemaak en in fyn, delikate koppies voorgesit. Tee gaan oor geur, maar uiteindelik is daar niks so strelend en opbouend soos tee nie – as alles skeef loop, maak net ’n koppie tee!” An Invitation to Tea kos R490 en is te kry in Babylonstoren se plaaswinkel of aanlyn. Kontak shop.babylonstoren.com…

3 min
slaan ’n nuwe blaartjie om

Watter blomplante is die beste geskik vir ons wintermaande? Die wintertuin hoef beslis nie vaal en triestig te wees nie. Plant gesiggies (pansies), papawers, petunias en primulas – in Engels is dit die vier P’s. Dan is dit ook die tyd om saad soos Namakwalandse gousblomme en bokbaaivygies in die grond te kry, wat albei inheems is. Maar my gunsteling is pronkridderspore (of delphiniums) – sterk, lang en statige blomme wat goed werk in diep beddings én selfs in potte. Wanneer moet winterblomplante geplant word? Van middel April tot einde Mei, veral as jy saai. Saailinge en volwasse plante is regdeur die winter, tot in die lente, in die meeste tuinsentrums beskikbaar. Dit is ’n lekker kitskleuroplossing! Hoe berei ’n mens jou tuin voor vir die winter? Indien jy in ’n streek bly waar dit…