’n Verstommende sukses
Op vanjaar se Woonwaskou in Midrand het ek opnuut besef hoe baie ’n mens iets kan mis. Hoewel die skou net verlede jaar gekanselleer is, het die afwesigheid daarvan veel langer gevoel. Onthou, die laaste skou is in 2020 gehou, enkele weke voordat ons almal daai Sondagaand na die president se droewige gesig moes kyk toe hy sê: “My fellow South Africans...” “Heelparty mense was bereid – amper gretig – om die doodsberigte te begin skryf, maar by vanjaar se skou is al daardie doemprofete dubbel en dwars verkeerd bewys.” Onder die meer as 20 000 kampentoesiaste wat oor die drie dae deur die deure gestroom het, was daar duidelik ook ’n behoefte om te sien wat in die mark aan die gang is. En die woonwa- en kamptoerustingvervaardigers het omtrent hulle…