ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Weg! Ry & Sleep

Weg! Ry & Sleep January 2020

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 252
6 Issues

in this issue

2 min.
’n mond vol vir die nuwe jaar

“As jy nader aan die huis wil bly en plekke binne trefafstand besoek, moet jy ons Oordgids vir 2020 aanskaf.” Hier by ons op kantoor is die laaste klompie weke van die jaar nié vir die swakkes van gees nie. In die laaste vyf weke voor ons ons deur vir ’n rukkie sluit om tyd saam met ons geliefdes deur te bring, moet ons nog vier saktye agter die rug kry. Dit is dus g’n verrassing nie dat ek pas vir die boontjietellers moes verduidelik hoekom die kantoor se koffiemasjien skielik dubbel so hard werk. Buiten die tydskrif wat jy hier vashou en die komende Februarie-uitgawe, het die span ook ons Pretboek én vanjaar se Oordgids drukker toe gestuur. Daar is dus nie veel tyd om te sit en tob oor Nuwejaarsvoornemens nie. En…

1 min.
bieliebrief

Anton wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, die koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 l-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, asook ’n skouerband as jy jou hande vry wil hê.winkel.weg.co.za…

2 min.
goeie diens... én nou soveel ligter!

Ek dink baie van ons is maar traag om jou woonwa uit te pak sodat hy gediens kan word. Daarom gebruik ek etlike jare al die dienste van ’n mobiele werkswinkel – hulle kom diens my woonwa by my huis. Ek is só streng oor dienste dat ek selfs elke vierde jaar die bande vervang, al lyk die loopvlak nog heel goed. Onlangs maak ek weer so en die werktuigkundige kom na my huis toe om my wa te diens. Dis hoog tyd, want iets klink verdag by die koppelstuk van die woonwa. Nadat die spesifieke werktuigkundige die afspraak ’n hoeveelste keer uitstel, vervies ek my en blaai deur die September-uitgawe van Ry & Sleep. Hierin sien ek toe die advertensie van Wessel Mc­Master van Caravan Services & Repairs. Ek pak net daar…

1 min.
facebook-kommentaar

Hennie Botha Al wat regtig probleme kan gee langs die pad, is jou woonwa se wiellaers. Hulle kan onklaar raak, maar ’n band kan ook bars. ’n Mens moet eerder die wiellaers een keer per jaar vervang, en as jy kan, betaal maar ’n paar rand ekstra vir die beter handelsmerk. Gaan ook die bande gereeld na vir barsies of ’n lek. Dis min moeite vóór die tyd wat jou verlore tyd langs die pad kan spaar. Andre van Wyk Ek het ook nog nie teëspoed langs die pad gehad nie. Ek het nog nooit wiellaers vervang nie. Een keer per jaar luister ek en maak seker daar is genoeg smeermiddel in die laers. Maak ook seker die bande het nie krake of bulte nie, veral aan die binnekant van die band. Piet Botha Ons…

4 min.
baljaar by die water

Lugdrama Met geduld agter die kameralens kan jy met ’n wenfoto beloon word – kyk maar na Vanessa Kruger van Polokwane en die rooijakkals wat sy afgeneem het. “Ek het ’n reeks foto’s van ’n rooijakkals geneem by die Cubitje Quap-watergat net noord van Nossob in die Kgalagadi-oorgrenspark. Die hele oggend wat ek hom sit en dophou het, het hy herhaaldelik probeer om sy prooi langs die watergat vas te trek. Vir elke poging het hy die water van die regterkant af bekruip, en dan gewag dat die duiwe hulle sit kry. Daarna het hy skielik deur die lug geduik in die rigting van die voëls – dit het gelyk of hy weet die voëls gaan opvlieg. Die jakkals het nie moed opgegee nie, en ek was gelukkig genoeg om sy vangs…

1 min.
na waters waar ruah is

Skaars 30 km buite Pretoria, uit op die Molotopad, kan jy nou by die nuutste kampplek in dié omgewing afdraai. Nadat Ruah Park sy deure begin laasjaar vir kampeerders geopen het, is die tweede deel van die kampplek gedurende Augustus ontwikkel. Ruah Park – die naam kom van die Hebreeuse woord wat “asem van lewe” beteken – lê op ’n lappie grond van net groter as 30 ha, en die 38 staanplekke is in ’n klofie tussen die omliggende rante ingerig. ’n Natuurlike fontein ontspring op die grond en loop ook deur die eiendom. Soos jy aankom na die kantoor toe, kry jy eerste die Blesbokkamp (die nuutste staanplekke), gevolg deur die Njalakamp wat op terrasse parallel aan die fontein uitgelê is. Hier is selfs ’n paar bokke te sien – ja,…