ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Weg! Ry & Sleep

Weg! Ry & Sleep April 2020

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 252
6 Issues

in this issue

2 min.
draai eerder om

“As ons by ’n plek aankom en dit slaag nie die ‘Sal ek my ma hierheen bring’-toets nie, draai ons eerder om en gaan soek iets anders.” Wanneer laas, indien ooit, het jy vir iemand ’n foto van ’n vuil toilet op Whatsapp gestuur? Ek vra, want ek wil weet of dit nét ons redaksionele span is wat dit doen. Ons het ’n Whatsapp-groepie waarop ons met mekaar gesels wanneer ons nie saam op kantoor is nie. Ek is die eerste wat sal erken ek is nie ’n groot voorstander van sulke groepe nie, veral as net twee mense besluit om daar met mekaar te gesels oor onbenullige ditjies en datjies. Maar wat die Ry & Sleepredaksie betref, kom dit heel handig te pas as jy wil weet waar die langtermyntoetsvoertuig geparkeer is…

1 min.
weg ry and sleep

REDAKSIE REDAKTEUR SCHALK JONKER schalk.jonker@media24.com JOERNALISTE LEON BOTHA leon.botha@media24.com CYRIL KLOPPER cyril.klopper@media24.com KYLE KOCK kyle.kock@media24.com UITLEGKUNSTENAARS DOMINIC WIENAND dominic.wienand@media24.com OWEN WILLOUGHBY owen.willoughby@media24.com TEKSREDAKTEUR PETER VAN NOORD peter@subteks.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON MULTIMEDIA MARCELLE VAN NIEKERK marcellevanniekerk@media24.com UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON UITVOERENDE HOOF: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBEMARKINGSBESTUURDER: LEEFSTYL NERISA COETZEE HOOF: PROJEKBESTUUR RAJ LALBAHADUR FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com SAKEBESTUURDER: VERKOPE DANIE NELL danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE KAAPSTAD HANNES BURGER hannes.burger@media24.com 076 152 4605 NICK FITZELL nick.fitzell@media24.com 071 430 6311 DANIELA DI GIOVANNI daniela.digiovanni@media24.com 083 709 7040 SANETHA MEINTJIES sanetha.meintjies@media24.com 084 416 5797 JOHANNESBURG KYLEE ROBERTSON kylee.robertson@media24.com 076 263 9114 JEANINE KRUGER jeanine.kruger@media24.com 082 342 2299 LIZEL PAUW lizel.pauw@media24.com 082 876 8189 SHARLENE SMITH sharlene.smith@media24.com 083 583 1604 YUMNA ROJAN yumna.rojan@media24.com 072 399 5789 YELANDA MITCHELL yelanda.Mitchell@media24.com 074 897 576 DURBAN MARISKA VENTER mariska.venter@media24.com 082 898 4376 MEDIA24 LEEFSTYL KREATIEWE ATELJEE KREATIEWE HOOF MICHAEL DE BEER 021 406 3512 BESTURENDE…

1 min.
bieliebrief

Lourens wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piek-niek hou of langs die krieketveld sit, dié koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 l-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer, wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klits-rits heg, asook ’n skouerband ingeval jy te min hande en te veel goed het.winkel.weg.co.za…

2 min.
posbus

Toe ontdek ons die kamplewe... Ek en my vrou, Christa, is lief daarvoor om te reis en het die afgelope 30 jaar omtrent 40 lande besoek. Ons het ook as kinders weke in die Krugerwildtuin deurgebring – ook toe ons later ’n jong paartjie was én uiteindelik weer saam met ons kinders. Op ons reise het ons gewoonlik in hotelle, chalets of B&B’s tuisgegaan, totdat ons ’n paar jaar gelede saam met vriende gaan kamp het. En daar byt die kampgogga ons. Ons het ’n Swing Sprite gekoop en volgens ons behoeftes aangepas. Die aanvanklike plan was om die Swing vir nog Krugerbesoeke te gebruik, maar ons is nou al só gesout dat ons beplan om langer en meer gereeld by verskillende oorde te kamp. Hier is ’n paar redes waarom ons van…

2 min.
in die oomblik

Loerbroer... Geduld is die sleutel wanneer jy, soos Dickey Wheeler van Horizon in Roodepoort, wag vir die regte oomblik voor die lens. “Op pad terug van Satara na Balule het ’n groot trop buffels die aandag getrek van ’n klomp motors voor ons – of so het ons gedink. Eers toe ons stilhou en vir een van die mense vra waarna hulle kyk, sien ons die luiperd in die boom, maar net sy stert. Hy het seker probeer wegkom van die buffels af. Ná ’n lang wag – en toe van die karre al gery het – het hy omgedraai en deur die mik vir my geloer...” Soos Dickey verduidelik, kan ’n mens net ’n deel van die luiperd sien, en dis juis wat die foto so laat uitstaan. Omdat ons almal bekend is met…

2 min.
dis nuut én dis anders

Dink buite die boks ’n Modulêre kampwa wat jy soos boublokkies inmekaar pas tot jy die wa het wat by jou behoeftes pas – dít is waarmee Albre de Villiers van ADV Trailers in Centurion vorendag gekom het. Die onderste deel van die wa bestaan saam met die onderstel uit ’n plat vlak wat herinner aan ’n platbak-insleepvoertuig. Hierop pas dan ’n raamwerk waarin tot vier ewe groot houers pas, elk met ’n deur aan die kopkant. Tot twee daktente kan dan bo-op die raamwerk met sy houers pas, en wanneer die daktente toegeslaan is, slaan ’n dakrak hieroor plat. Die geheim – en slim idee – hieragter lê in die vier houers. Elkeen is langwerpig (1,3 x 0,6 x 0,6 m), en jy kan van een tot vier van hulle in die…