ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Weg! Ry & Sleep

Weg! Ry & Sleep May 2020

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
R 72
R 324
6 Issues

in this issue

2 min
jan tuisbly se karretjie

“Maar as daar een ding is wat hierdie virus en die inperking ons geleer het, is dit wat ’n kosbare voorreg dit is om te kan reis.” Die tydskrif wat jy hier vashou, is ietwat van ’n geskiedkundige produk. Nes die res van die Suid-Afrikaanse samelewing moes die Ry & Sleep-redaksie ook sedert einde Maart by die huis bly as deel van die nasionale inperking om die Covid-19-pandemie te probeer hokslaan. Dit beteken ons moes die manier hoe ons die tydskrif jare al saamstel, dramaties aanpas. Dit was vir seker nie ’n maklike proses nie, maar in tye soos dié voel jou eie behoeftes klein en nietig as jy na die groter prentjie kyk. Die virus is ’n uitdaging wat almal van ons in die gesig staar en daar is ’n verantwoordelikheid…

1 min
weg ry and sleep

REDAKSIE REDAKTEUR SCHALK JONKER schalk.jonker@media24.com JOERNALISTE LEON BOTHA leon.botha@media24.com CYRIL KLOPPER cyril.klopper@media24.com KYLE KOCK kyle.kock@media24.com UITLEGKUNSTENAARS DOMINIC WIENAND dominic.wienand@media24.com OWEN WILLOUGHBY owen.willoughby@media24.com TEKSREDAKTEUR PETER VAN NOORD peter@subteks.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON MULTIMEDIA MARCELLE VAN NIEKERK marcellevanniekerk@media24.com UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON UITVOERENDE HOOF: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBEMARKINGSBESTUURDER: LEEFSTYL NERISA COETZEE HOOF: PROJEKBESTUUR RAJ LALBAHADUR FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com SAKEBESTUURDER: VERKOPE DANIE NELL danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE KAAPSTAD HANNES BURGER hannes.burger@media24.com 076 152 4605 NICK FITZELL nick.fitzell@media24.com 071 430 6311 DANIELA DI GIOVANNI daniela.digiovanni@media24.com 083 709 7040 SANETHA MEINTJIES sanetha.meintjies@media24.com 084 416 5797 JOHANNESBURG KYLEE ROBERTSON kylee.robertson@media24.com 076 263 9114 JEANINE KRUGER jeanine.kruger@media24.com 082 342 2299 LIZEL PAUW lizel.pauw@media24.com 082 876 8189 SHARLENE SMITH sharlene.smith@media24.com 083 583 1604 YUMNA ROJAN yumna.rojan@media24.com 072 399 5789 YELANDA MITCHELL yelanda.Mitchell@media24.com 074 897 576 DURBAN MARISKA VENTER mariska.venter@media24.com 082 898 4376 MEDIA24 LEEFSTYL KREATIEWE ATELJEE KREATIEWE HOOF MICHAEL DE BEER 021 406 3512 BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT 021 406…

1 min
bieliebrief

CLIVE wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, die koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 l-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, asook ’n skouerband as jy jou hande vir ander take nodig het. winkel.weg.co.za…

5 min
posbus

Die goeie mense op ons pad Hier is ’n wonderlike storie wat mense sommer meer vertroue in ons medemens sal gee. Laasjaar val ons in die pad om verskeie plekke in Namibië te besoek. Dit is een van ons gunstelinglande en ons bring onder meer ’n week in Etosha deur. Toe ons ná die week weer ry, gee my Toyota Fortuner se remme net buite Otjiwarongo in... gelukkig het ek stadig gery. Tot my groot verligting sien ek die Indongo-Toyota-handelaar by die eerste verkeerslig soos jy die dorp binnery. Hulle stel vas die linkeragterrempyp het afgeslyt, wat veroorsaak het dat die remvloeistof lek. Die handelaar het nie die onderdeel nie, maar met die hulp van ’n plaaslike ingenieurswerk vervang hulle dit met ’n pasgemaakte onderdeel. Teen 18:00 – nadat die motorwerktuigkundige én…

4 min
op ’n plaas in die kalahari

Aanstap rooies “Die bastergemsbok is verreweg my gunstelingwilde dier. Wanneer dit droog is, gee ons saans vir hulle voer. Ons het dié dag vasgedraai en die voer eers ’n bietjie later as gewoonlik uitgesit. Dis toe dat die bok naderstap en ek ’n mooi foto kon neem. Ná dese is dit my gunstelingsonsondergangfoto. Die stof wat die bok maak soos hy aangestap kom, maak die foto.” Zelda het die toneel self ervaar, maar danksy haar foto kan ons ons net soveel inleef. Die foto werk om verskeie redes. Jy weet presies waarna om te kyk, want die bastergemsbok is mooi in die middel. Soos ons al voorheen gesê het, is ’n fokuspunt in die middel van die foto gewoonlik nie wenslik nie. Maar Zelda omseil dié “reël” op ’n subtiele manier: Al is…

2 min
okto bou sy eerste dubbelas

Okto se eerste dubbelas-model is hier, en hy is nie bloot ’n langer weergawe van die bestaande Villa- en Cabana-modelle nie. Die Chateau het ’n paar unieke eienskappe. Anders as die bestaande modelle wat almal ’n opwipdak het, het die nuweling ’n vaste dak en ’n staanyskas wat met 220 V-krag werk. (Die Villa en Cabana gebruik albei 12 V.) Hy het ook ’n buitekombuis en, net soos die ander, ’n identiese stoof-en-wasbakkombinasie wat digby die neus uit die linkerpaneel trek. Die werkblad – met rakke agter dit in die romp – is ook bo die wiele, en dis waar jy een van die eerste verrassings kry: Heel links uit die kas trek ’n ysmasjien op sy eie glyraam uit. Die deur is tussen die stert en die wiele met die yskas…