ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Weg! Ry & Sleep

Weg! Ry & Sleep June 2020

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 252
6 Issues

in this issue

2 min.
ek mis álmal

“My dogter sê die eerste ding wat sy wil gaan doen wanneer die inperking verby is, is om te gaan kamp by daardie plek met die warmwaterswembad.” Dit is maklik om jou dinge te verbeel wanneer jy weke aaneen in jou huis vasgekeer is terwyl die regering die Covid-19-pandemie probeer hokslaan. Toe ons aanvanklik aangesê is om van die huis af te werk, het ek en my vrou, ook ’n joernalis, ons by die eetkamertafel tuisgemaak en die eerste klompie dae kort-kort vir mekaar gesê hoe lekker dit is om só saam te werk. Daardie samehorigheid was egter van korte duur. Ek het begin oplet sy praat hardop met wie ook al vir haar ’n e-pos stuur. “Ja, ek weet al van gister af hiervan. Ek het nog net nie tyd gehad om…

1 min.
weg ry and sleep

REDAKSIE REDAKTEUR SCHALK JONKER schalk.jonker@media24.com JOERNALISTE LEON BOTHA leon.botha@media24.com CYRIL KLOPPER cyril.klopper@media24.com KYLE KOCK kyle.kock@media24.com UITLEGKUNSTENAARS DOMINIC WIENAND dominic.wienand@media24.com OWEN WILLOUGHBY owen.willoughby@media24.com TEKSREDAKTEUR PETER VAN NOORD peter@subteks.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON MULTIMEDIA MARCELLE VAN NIEKERK marcellevanniekerk@media24.com UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON UITVOERENDE HOOF: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBEMARKINGSBESTUURDER: LEEFSTYL NERISA COETZEE HOOF: PROJEKBESTUUR RAJ LALBAHADUR FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com SAKEBESTUURDER: VERKOPE DANIE NELL danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE KAAPSTAD HANNES BURGER hannes.burger@media24.com 076 152 4605 NICK FITZELL nick.fitzell@media24.com 071 430 6311 DANIELA DI GIOVANNI daniela.digiovanni@media24.com 083 709 7040 SANETHA MEINTJIES sanetha.meintjies@media24.com 084 416 5797 JOHANNESBURG KYLEE ROBERTSON kylee.robertson@media24.com 076 263 9114 JEANINE KRUGER jeanine.kruger@media24.com 082 342 2299 LIZEL PAUW lizel.pauw@media24.com 082 876 8189 SHARLENE SMITH sharlene.smith@media24.com 083 583 1604 YUMNA ROJAN yumna.rojan@media24.com 072 399 5789 YELANDA MITCHELL yelanda.Mitchell@media24.com 074 897 576 DURBAN MARISKA VENTER mariska.venter@media24.com 082 898 4376 PRODUKSIE KERRY NASH AANLYNWINKEL DONVÉ MYBRUGH donve.myburgh@media24.com…

1 min.
bieliebrief

Henry wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, die koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 l-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, asook ’n skouerband as jy jou hande vry wil hê. winkel.weg.co.za…

3 min.
die plus en minus van namibië

Ek en my vrou, Marianne, is begin Oktober laasjaar deur die Alexanderbaai-Oranjemund-grenspos vir ’n toer na Namibië. Ek het ’n Ford Ranger-bakkie en sleep ’n Skipper Oyster-woonwa. By die grenspos het sake glad geloop en ná skaars 15 minute was ons deur. Ons eerste oornagplek was by Shark Island en ons het die pad oor Rosh Pinah na Lüderitz geneem. Die pad is deesdae geteer en jy het nie meer ’n permit nodig soos voorheen nie. Die natuurtonele is steeds aanskoulik, maar tog anders as gevolg van die diamantmyne waar die bogrond in die slag gebly het. By Shark Island het ons les opgesê in die wind, maar het geweet dis deel van die ervaring om hier te kamp. Dit was wel op een na die duurste kampplek waar ons tuisgegaan het.…

1 min.
lang vingers in die kampplek

Ons is pensioentrekkers en bevoorreg genoeg om in die middel van die week te kan kamp wanneer dit stil en rustig is. Ons het onlangs weer ’n draai gemaak by ’n wonderlike plaaskampplek waar ons al voorheen gekamp het. Dis veilig omdat elke staanplek ’n groot en private stuk het. Die staanplekke is ook ongeveer 400 m van mekaar af en die naaste dorp is 8 km weg. Op die eerste dag – nadat ons opgeslaan, gestort en rustig geraak het – het ons lekker onder die koeltebome ontspan. Ons vriende Roelof en Alta Loots was saam en ons twee woonwaens kon langs mekaar op die staanplek pas. Ons is ywerige kaartspelers en het later die middag brug gespeel. Ons het agter ons vriende se wa gesit en kon dus nie ons eie…

4 min.
gister se mooi

Eggo’s van bo Samsung A3 Wanneer die kans hom voordoen, soek sy die stilte van die Oos-Vrystaat op, sê Jolanda Grobler van Kriel. “Ek en my ma, Stienie Grobler, het in Maart drie dae weggebreek en by die Kiara-lodge tussen Clarens en Golden Gate ingeloer. Ons het besluit om die plek te verken en het tot by hulle dam gestap. Dit was laatmiddag en ek het die mooi toneel voor my afgeneem.” Gewis is dit ’n mooi toneel, en op so ’n windstil dag word die water dan ’n spieël. Die foto het nie ’n spesifieke fokuspunt nie, maar al die fyner detail is op die middelste horisontale lyn vasgevang. Die blougrys wolke maak nie die foto enigsins interessanter nie, en dieselfde geld vir die derde wat die grasperk op die voorgrond opneem. Daarby…