ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Weg! Ry & Sleep

Weg! Ry & Sleep July 2020

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 252
6 Issues

in this issue

2 min.
ontvlugting

‘Ek het nie terapie nodig nie; ek moet net gaan kamp...” Ek is seker daarvan jy het ook al dié meme aanlyn gesien wanneer jy deur sosiale media blaai. Die laaste ruk duik hy nogal gereeld op my skerm op en dit is duidelik al hoe meer mense voel so. Dit wil ook voorkom of almal op al wat ’n Facebook-groep is, wil weet wanneer ons weer toegelaat sal word om te gaan kamp. Daar is nou al boekdele gekryf oor die uitwerking van die grendeltyd op ’n mens se gemoedstoestand. Ek is nie ’n sielkundige of ’n psigiater nie, maar ek dink dis veilig om te sê die uitwerking daarvan op mense se gemoedstoestand is nié goed nie. As ’n mens mooi daaroor dink, boor daardie meme oor terapie en kamp…

1 min.
weg ry and sleep

REDAKSIE REDAKTEUR SCHALK JONKER schalk.jonker@media24.com JOERNALISTE LEON BOTHA leon.botha@media24.com CYRIL KLOPPER cyril.klopper@media24.com KYLE KOCK kyle.kock@media24.com UITLEGKUNSTENAARS DOMINIC WIENAND dominic.wienand@media24.com OWEN WILLOUGHBY owen.willoughby@media24.com TEKSREDAKTEUR PETER VAN NOORD peter@subteks.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON MULTIMEDIA MARCELLE VAN NIEKERK marcellevanniekerk@media24.com UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON UITVOERENDE HOOF: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBEMARKINGSBESTUURDER: LEEFSTYL NERISA COETZEE HOOF: PROJEKBESTUUR RAJ LALBAHADUR FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com SAKEBESTUURDER: VERKOPE DANIE NELL danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE KAAPSTAD HANNES BURGER hannes.burger@media24.com 076 152 4605 NICK FITZELL nick.fitzell@media24.com 071 430 6311 DANIELA DI GIOVANNI daniela.digiovanni@media24.com 083 709 7040 SANETHA MEINTJIES sanetha.meintjies@media24.com 084 416 5797 JOHANNESBURG KYLEE ROBERTSON kylee.robertson@media24.com 076 263 9114 JEANINE KRUGER jeanine.kruger@media24.com 082 342 2299 LIZEL PAUW lizel.pauw@media24.com 082 876 8189 SHARLENE SMITH sharlene.smith@media24.com 083 583 1604 YUMNA ROJAN yumna.rojan@media24.com 072 399 5789 YELANDA MITCHELL yelanda.Mitchell@media24.com 074 897 576 DURBAN MARISKA VENTER mariska.venter@media24.com 082 898 4376 PRODUKSIE KERRY NASH AANLYNWINKEL DONVÉ MYBRUGH donve.myburgh@media24.com…

1 min.
bieliebrief

Mias en Bessie wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, dié koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 l-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van hierdie grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, asook ’n skouerband as jy jou hande vry wil hê.winkel.weg.co.za…

2 min.
ligstraal in ons oprit

Toe ons vanoggend om 07:00 opstaan, hang daar ’n mistigheid oor Secunda. Nog ’n mistroostige inperkingsdag, dink ek terwyl ek by die venster uitkyk. Dit maak ’n mens sommer nóg meer morbied. Hopelik kom die son vinnig uit. Kort vóór die inperking het ons ’n maand lank by die Dube-reservaat saam met my broer André en suster, Elna Janse van Vuuren, al die pad uit Nederland, gaan kuier. Dit was aangenaam in die reservaat en ’n besonderse ervaring vir Elna. Sy kon nie glo ’n mens kan skaars 10 m van ’n kameelperd af staan nie. Die maand het natuurlik verbygevlieg, en ons was betyds terug by die huis waar Elna inderhaas spesiale reëlings moes tref sodat sy ook betyds by die huis kon uitkom. Ons beplande seevakansie in die Kaap moes…

1 min.
nuwe ou bakkie

Ná 38 jaar in die staatsdiens tree ek uiteindelik einde Januarie vanjaar af. Nou is ek en my vrou, Engela, saam pensioentrekkers. Teen Maart besluit ek om een van my emmerskoplys-items af te tik en ’n veldryvoertuig te koop. Ek besluit teen ’n nuwe een, want ’n mens wil nou nie met ’n halfmiljoenrandse bakkie die bosse invaar nie. Ek koop ’n 2009 Mazda BT-50 wat nog goed opgepas is, en ek is sommer trots op myself. My “trokkie” (soos ek hom noem) het ’n paar krappies, en aangesien my dogter, Angelique, se vriend, Marcel Da Costa, ’n paneelklopperonderneming besit, sal hy vir my die bakkie regsien. Maar die geluk is nie aan my kant nie, want soos ek die bakkie by die paneelklopper in Pretoria aflaai, word die inperkingstyd afgekondig.…

1 min.
ou tydskrifte soos nuut

Ek en my vrou, Cecielia, beplan jaarliks ’n toer, hetsy deur ons land óf na een van ons buurlande. Wanneer ons die beplanning doen, probeer ons om by soveel as moontlik besienswaardighede uit te kom en roetes te ry. Danksy ons versameling Ry & Sleep- en Weg-tydskrifte is dit maklik om die volgende toer deeglik te beplan en seker te maak ons laat nie iets uit nie. Wanneer ons die nuutste uitgawe gelees het, begin ons deur die ou tydskrifte blaai – en wat ’n ervaring. Elkeen is soos nuut. Dankie aan die redakteurs, joernaliste, kunstenaars, medewerkers en al die medelesers wat hulle ervarings en foto’s deel om maandeliks vir ons twee puik tydskrifte saam te stel.…