ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Weg! Ry & Sleep

Weg! Ry & Sleep September 2020

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 252
6 Issues

in this issue

2 min.
die stem binne jou

“Dit is ’n gevoel wat ons nie kan beskryf nie, maar dit is eg en iets waarvan jy die bestaan nie kan ontken nie.” D it voel vir my ek skryf al vir die afgelope vyf uitgawes elke keer presies dieselfde redakteursbrief: “Die inperking is moeilik... hou moed... beplan solank jou eerste reis... die einde is hopelik in sig.” Maar hier sit ek nou en dit is die 126ste dag van die grendeltyd. My bier is op, die drankwinkel is toe, die skole is weer gesluit en ek mag nie die Wes-Kaap se grense oorsteek nie. Ure voor die tydskrif gesak het, het ons wel gehoor jy mag darem nou in jou provinsie vakansie hou. Ek is nie iemand wat maklik my humorsin verloor nie, maar genade! Ja, ek besef mense se…

1 min.
weg ry and sleep

REDAKSIE REDAKTEUR SCHALK JONKER schalk.jonker@media24.com JOERNALISTE LEON BOTHA leon.botha@media24.com CYRIL KLOPPER cyril.klopper@media24.com KYLE KOCK kyle.kock@media24.com UITLEGKUNSTENAARS DOMINIC WIENAND dominic.wienand@media24.com OWEN WILLOUGHBY owen.willoughby@media24.com TEKSREDAKTEUR PETER VAN NOORD peter@subteks.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON MULTIMEDIA MARCELLE VAN NIEKERK marcellevanniekerk@media24.com UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON UITVOERENDE HOOF: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBEMARKINGSBESTUURDER: LEEFSTYL NERISA COETZEE HOOF: PROJEKBESTUUR RAJ LALBAHADUR FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE KAAPSTAD HANNES BURGER hannes.burger@media24.com 076 152 4605 NICK FITZELL nick.fitzell@media24.com 071 430 6311 DANIELA DI GIOVANNI daniela.digiovanni@media24.com 083 709 7040 SANETHA MEINTJIES sanetha.meintjies@media24.com 084 416 5797 JOHANNESBURG KYLEE ROBERTSON kylee.robertson@media24.com 076 263 9114 JEANINE KRUGER jeanine.kruger@media24.com 082 342 2299 LIZEL PAUW lizel.pauw@media24.com 082 876 8189 SHARLENE SMITH sharlene.smith@media24.com 083 583 1604 YUMNA ROJAN yumna.rojan@media24.com 072 399 5789 YELANDA MITCHELL yelanda.Mitchell@media24.com 074 897 576 DURBAN MARISKA VENTER mariska.venter@media24.com 082 898 4376 MEDIA24 LEEFSTYL KREATIEWE ATELJEE KREATIEWE HOOF MICHAEL DE BEER 021 406 3512 BESTURENDE…

1 min.
skote petoors!

DIE LANG WAG. Dit voel soos ’n leeftyd gelede dat ’n mens sommer net jou woonwa langs die hengelwaters kan gaan trek. Die Covid-19-pandemie het die hele kampgemeenskap gehok, en niemand kan êrens heen reis vir plesier nie. Hopelik stel die regering enige dag die kampplekke én provinsiale grense oop sodat – soos ons ’n paar jaar gelede hier – weer die ope natuur langs die Vaalkopdam kan geniet. WAAR ’N ROKIE TREK. Hierdie is Rick Schamper se eerste reis met sy Volvo Valp in die Noorweegse winter. Hy het sowaar staatgemaak op ’n houtvuur binne-in sy voertuig om in die koue te oorleef – jip, die kwik het by -20 °C gaan draai. Terwyl daardie rokie trek, beteken dit heerlike warmte binne-in die Valp. (Lees op bl. 68 meer oor…

1 min.
bielie brief

Dirk wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, die koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 l-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, asook ’n skouerband as jy jou hande vry wil hê. winkel.weg.co.za…

2 min.
posbus

Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik. Die Kgalagadi is ons ander huis Ek en my vrou, Andriëtte, het die Kgalagadi-oorgrenspark sedert 2009 ’n volle 17 keer besoek. Dit sluit die deel in Botswana in wat tot by Mabuasehube strek. In Junie wou ek weer vir ons bespreek, maar ek kry die slegte tyding dat die park glo vir die volgende jaar volbespreek is. Vir nou is dit nie die einde van die wêreld nie, want intussen kan ek op digitale platforms soos YouTube die park “besoek”. As…

5 min.
ons ry za(am)!

Vir sy brood en botter sit Jan Kruger van Pearly Beach tussen vier mure, maar die natuur is sy groot liefde. “Hier op Pearly Beach is verskeie sandpaaie tussen die duine. Die foto is geneem ’n dag ná die groot storm in Julie hier in die Kaap. Ek het net gewag dat die wind bedaar vóór ek strand toe is. Dit was ’n skoon en vars oggend. “Soos ’n mens op die foto kan sien, het ek nie my visstokke die dag saamgeneem nie. Ek stap dan gewoonlik af tot op die strand, van waar ek ingooi. “Op ’n manier was hierdie eerder ’n mini-wegkomkans, want die twee reise wat ons vanjaar na Namibië beplan het, het weens Covid-19 deur die mat geval. Ons besoek Namibië gewoonlik in Mei. “Dis juis waar die Ry…