ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Weg! Ry & Sleep

Weg! Ry & Sleep October - November 2020

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 252
6 Issues

in this issue

2 min.
die bekoring van die kruger

Is dit nie verblydend om weer in ons land te kan reis nie? (Ek hoop net nie die president kry ons almal weer op ’n Sondagaand bymekaar vir ’n “gaan wag vir my in die badkamer”-toespraak in die tyd vandat ek hier tik tot jy die brief lees nie.) Om my gesin in die kar te laai en die pad te vat was die één ding waarna ek die meeste uitgesien het terwyl ons sedert Maart oorwegend tussen die vier mure van ons huis gekluister was. Sodra die skool sluit, durf ons en ’n klompie vriende die Weskusroete tussen Hondeklipbaai en Koekenaap aan waaroor kollega Cyril net mooi ’n jaar gelede in Ry & Sleep #27 verslag gedoen het. Die opwinding is tasbaar in ons huis. Ek moet egter erken dat sou…

1 min.
bieliebrief

Ken wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, die koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 ℓ-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, asook ’n skouerband as jy jou hande vry wil hê. winkel.weg.co.za…

3 min.
posbus

Oor 2 vastelande tot by die ZA-plakker Ek en my vrou, Lorraine, is tans op ’n selfrytoer van Skotland af op pad deur Afrika. Toe ons in die Keniaanse hoofstad, Nairobi, aankom, het ons julle Julie-uitgawe met die magnetiese ZA-plakker daarin gekoop. Nou pronk julle plakker op ons Verenigde Koninkryk-geregistreerde Toyota Hilux, tussen die verpligte “GB”-plakker en ons Skotse plakker waarop “Ecosse” staan. (“Ecosse” is die Franse woord vir Skotland. – Red.) Ons is nog op pad na Kaapstad, maar is sedert 3 Maart in Kenia as gevolg van die Covid-19-pandemie. Ons het laasjaar op 13 Junie weggespring en het reeds deur 27 lande gereis. Die meeste tot dusver – 23 van hulle – was in Europa. Ons het selfs ’n draai gemaak by die bekende Nordkapp-spits in Noorweë. Daarna is ons vroeg…

2 min.
‘ons kamp, want dis lekker’

Ek en my vrou, Andriëtte, is lief vir kamp. Mense vra ons dikwels hoekom ons so graag kamp. Hier is ’n paar redes– en dit is ook deels die voorvereistes vir waar en hoe ons kamp. Ons glo jy moet sake eenvoudig hou. Ons kom klaar met die minimum. Ek pak volgens ’n standaardlys wat ek opgestel het en hou daarby. Dit help om nie onnodige goed saam te ry nie. Pleks daarvan om in ’n woonwa of boswa te kamp verkies ons ’n koepeltent of ons daktent. Dit is ’n goedkoper opsie en só kan ek rente op my kapitaal spaar. Nie dat mense met waens my pla nie, want almal van ons geniet kamp. Ons maak graag vriende in die kampplek. Dit is een van die eerste dinge wat ons…

3 min.
gasheer kruger

Ag(ie) Ma! “Ek het hierdie foto by Skukuza geneem waar die blouaapwyfie besig was om van die besoekers fyn dop te hou –waarskynlik het sy gehoop sy kry ’n bietjie oorskiet. Die kleintjie was toe al ’n rukkie besig om aan haar te drink, maar het op ’n kol vas aan die slaap geraak en in haar arms omgeval.” ’n Mens kan nie anders as om te glimlag wanneer jy die foto sien nie. Al beslaan die ma-aap verreweg die grootste deel van die foto, kan jy nie die vreedsame gesiggie van die kleintjie miskyk nie. Al sien jy die ma se gesig eerste raak, haak jou oog by die kleintjie vas – wat dit die fokuspunt maak. Boonop kyk die groter aap weg van die kleintjie, uit die foto, wat ook…

4 min.
land rover al hoe meer sleepvriendelik

Land Rover het pas aangekondig dat hy sy Advanced Tow Assist-stelsel nou op al sy modelle beskikbaar gaan stel. Deesdae is sleepwa-swaaibeheer nie meer ’n nuwigheid nie en ’n mens sien die stelsel wyd en syd op verskeie nuwe motors, insluitend Land Rover-modelle. (Dis ’n elektroniese stelsel wat inskop sodra dit bewus word van woonwa-swaai. Dit sal tipies enjinkrag verminder en sekere wiele rem om die swaai teë te werk.) Maar met die Advanced Tow Assist-stelsel troef Land Rover ander vervaardigers wat woonwasleep betref. Buiten die trukamera (wat algemeen onder ander vervaardigers gebruik word) las Land Rover nou nóg vier sleep-vriendelike hulpmiddels by: Jy kan die hoogte van die stang se bol bo die padoppervlak verstel vóór jy haak, die kar gebruik ’n eie ligtetoets met die woonwa gehaak, en die…