Op beter dae
Terwyl ek hier tik, het ’n groot farmaseutiese maatskappy aangekondig sy entstof teen Covid-19 is tot 90% doeltreffend. Ons hou duim vas. D it voel vreemd om vroeg in November al ’n jaareindbrief te skryf, maar “vreemd” is ’n woord of konsep wat in 2020 waarlik nuwe betekenis gekry het. Dis vreemd hoe die einde Maart, toe die nasionale inperking ingestel is, soos net nou die dag voel. Vreemd hoe vinnig woorde soos Covid-19, masker, lockdown, Zoom, pandemie, PPE (en ja, die gepaardgaande bedrog... sug), kwarantyn, hand santiser, social distancing en ventilator deel van jou daaglikse woordeskat geword het. Vreemd hoe vinnig jou huis se mure nader aan jou kom wanneer jy nie meer op kantoor werk en ander mense sien nie. Vreemd hoe jy eers besef hoe belangrik kamp, veldry, avontuurreis en…