Hoe kyk jy na dinge?
“Sit jy in sak en as oor die strande wat gesluit is, of maak jy soos Leon en gaan soek ’n nuwe kampplek of twee in die binneland... en word aangenaam verras?” Dit voel vir my die wêreld raak by die dag net meer onvoorspelbaar. Ja, ’n groot deel daarvan is seker weens die Covid-19-pandemie wat onverpoos voortwoed terwyl ek hier tik. Dinge gebeur nogal vinnig en onverwags. Jy dink nog jy is op pad Hartenbos toe vir jou welverdiende Desembervakansie en dan sluit die president die strande ’n paar dae voor jy in die pad wil val. Jy herinner jouself om nog van daardie heerlike witwyn aan te skaf en dan maak die drankverbod ’n onwelkome terugkeer. Jy raak opgewonde oor die vooruitsig van ’n entstof, net om in absolute ongeloof…