ZINIO logo

Weg! Ry & Sleep August - September 2021

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
R 72
R 324
6 Issues

in this issue

2 min
die ware betekenis van blydskap

“Gelukkige mense is oor die algemeen gesonder, suksesvoller, het beter verhoudinge en kan stres en trauma beter verwerk.” Niemand hoef oortuig te word dat ons in ’n beproewende tyd leef nie. Terwyl ek hierdie brief skryf, is ons land in die wurggreep van ’n derde Covid-19-golf, en om dinge te vererger het geweld en plundery uitgebreek wat ons reeds wankelende ekonomie nóg verder verlam. Dit is dus maklik om mismoedig te raak oor die algemene stand van sake. Ek glo nie dis gesond om in sak en as te sit nie en het besluit om ’n bietjie op te lees oor wat ’n mens kan en moet doen om ’n gelukkiger gemoedstoestand te probeer bewerkstellig én behou. Ek is deeglik bewus van “tel jou seëninge”, maar dit sukkel soms en ek moes…

wegrysleepza210801_article_003_01_01
1 min
bieliebrief

Roelof wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, dié koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 ℓ-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, asook ’n skouerband as jy jou hande los wil hê. winkel.weg.co.za…

wegrysleepza210801_article_010_02_02
6 min
posbus

S-il -ye anderkan- die grens Ek en my vrou, Alta, was bevoorreg om saam met ons jare lange vriende Dave en Lorna Rees die woonwaens te haak en vier weke lank anderkant die grens te gaan toer. Ons het Dave-hulle in Johannesburg ontmoet, van waar ons by Botswana in is om ’n groot sirkelroete antikloksgewys te ry totdat ons uiteindelik weer in die suide van Namibië uitkom. Ons het ons Sherpa Tiny Rough Roader met ons Toyota Fortuner gesleep, en Dave het ’n Jurgens Exclusive met sy Prado gesleep. Die meeste paaie was taamlik stil, en by die meeste kampplekke kon ons kies waar ons wil opslaan. Die plekke in die Caprivi – wat vandag as die Zambezistreek bekend staan – was tops met heerlike gras en doringbome vir koelte. Dit was amper hartseer…

wegrysleepza210801_article_010_01_02
4 min
op see, land en in die lug

Smaaklike ete! Dit was ’n vinnige naweek om weg te kom van die pandemiegeteisterde wêreld toe die Pretorianer Piet van Rensburg en sy vrou, Amanda, in die Krugerwildtuin op ’n klomp gulsige troupante afkom. “Ons kamp met ’n Echo 3 en het in Onder-Sabie oorgeslaap. Op hierdie dag het ons op ’n grondpad oos van die kamp uitgery. Die wind het erg gewaai toe ons afkom op ’n klomp troupante wat ’n feesmaal hou. In hulle visier was hordes honderdpote, en die troupante het selfs voor die kar ingevlieg om ’n happie te kry voordat hulle weer op ’n tak langs die pad gaan sit het. Ek het selfs een troupant gesien wat ’n verkleurmannetjie vang. Hierdie foto het ek met my langlens en ’n beeldversterker geneem, sonder om die raampie agterna nader te…

wegrysleepza210801_article_016_01_01
1 min
wild accessories vernuwe sy kappies

Die buitelewetoerustingvervaardiger Wild Accessories het sy reeks bakkiekappies aangepas en sê dit is nou selfs nóg meer stof- en waterdig as wat dit voorheen was. Volgens die eienaar, Christiaan du Toit, is hy en sy span by die fabriek in Silverton, Pretoria, deurgaans op soek na maniere om hulle produkte te verbeter. “Ons is nou al amper 4 jaar in die bedryf en ’n mens kan nie op jou louere rus nie. Daarom kyk ons die heeltyd hoe ons kan verbeter. Ons span ook die jongste tegnologie in om seker te maak ons gee aan ons klante nie net waarde vir geld nie, maar ook gemoedsrus dat hulle nie hoef te skrik vir Afrika se grondpaaie nie. Daarom word ons kappies vir twee jaar gewaarborg.” Wild Accesories se kappies word van liggewig…

wegrysleepza210801_article_020_01_01
3 min
disco word liggies opgekikker

Die jongste Land Rover Discovery – nou in sy derde gedaante – is vroeg in 2017 bekend gestel, en soos wat die gebruik is onder motorvervaardigers, is dit ná 5 jaar tyd vir sy eerste ontrimpeling. Die 2021-model het nuwe LED-stroke in sy hoofligte wat nou ononderbroke is en meer afgerond lyk as sy voorganger se LED-dagryligte. Die voorbuffer se luginlate is effens groter en die agterbuffer se skaafplaat, wat voorheen van vals metaal gemaak is, is nou dieselfde kleur as die bakverf. Die nommerplaatholte in die agterluikdeur bly asimmetries – die ontwerper Gerry McGovern hou voet by stuk dit is die beste plek vir ’n nommerplaat – en hy’s nou met glansswart plastiek uitgevoer sodat hy selfs meer aandag trek as voorheen. Binnelangs is die raakskerm in die middelkonsole vervang met ’n…

wegrysleepza210801_article_022_01_01