Weg! Ry & Sleep October - November 2021

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
R 72
R 324
6 Issues

in this issue

2 min
drie besonderse mylpale

“Cyril karring al sedert sy aanstelling dat ons tog ’n bietjie motorfietsinhoud moet insluit. Mettertyd het ons ingegee... en sommer vir hom ’n hele tydskrif gegee.” Dit is presies ’n jaar sedert Ry & Sleep se frekwensie verander het en ons al om die ander maand op die rak verskyn. Soos ek destyds hier (én in ’n baie ongemaklike redaksievergadering) verduidelik het, was dit ’n ingrypende besluit wat moeilik was om te neem. Daarom is dit verblydend om ’n jaar later te kan sê dit was ongetwyfeld die regte rigting om in te slaan en my hart loop oor van dankbaarheid vir jou wat ons tydskrif ondersteun, die adverteerders wat steeds die pad saam met ons stap, en al my kollegas wat hierdie vreemde bul by die horings gepak het en met…

wegrysleepza211001_article_003_01_01
1 min
bieliebrief

Gideon wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, dié koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 ℓ-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, asook ’n skouerband as jy jou hande los wil hê. winkel.weg.co.za…

wegrysleepza211001_article_008_02_02
5 min
posbus

Reis in die huis Langer as ’n jaar al sit ons gehok. Selfs die afgelope Desembervakansie waarna ons so uitgesien het, was uiteindelik effens somber. Hoe kan jy by die see wees, maar jy mag nie op die strand kom nie? My kampwaentjie staan, soos baie ander kampeerders s’n seker, en stof vergaar. Dit voel of ons jare laas weggekom het, en dan wonder ’n mens of jy die waentjie moet verkoop. Juis hierom is ek so dankbaar vir Ry & Sleep. Dis natuurlik goed om weg te kom in jou vakansietyd, maar amper lekkerder is die maande se beplanning voor die tyd. Elke Sondag sit ek langs die braaivuur en blaai deur die ou buitelewetydskrifte. So sit ek selfs en droom hoe ek my Lottomiljoene sal bestee. Ek beplan alles – van…

wegrysleepza211001_article_008_01_02
5 min
kyk ’n slag nader

“Ek het ’n kamera met lense, maar uiteraard dra ek dit nie altyd by my nie. My foon is wel meestal byderhand en daarom neem ek heelwat foto’s daarmee. Ek hou die meeste daarvan om natuurfoto’s te neem, maar dan geniet ek dit ook om effens nader te staan. Jy moet kyk of jy kan inzoem, want daar is altyd iets moois te sien as jy van nader kyk. Die wêreld is so donker, en ’n mens is geneig om die alledaagse goed as vanselfsprekend te aanvaar. Jy moet net vir ’n oomblik stilstaan en oplet. Dis belangrik om te besluit hoe jy die onderwerp in die fotoraam gaan plaas. Moet jy nie dalk die kamera draai of kyk na ’n ander hoek nie? Só kry jy dalk ’n nóg…

wegrysleepza211001_article_014_01_01
7 min
nuus

Rover... Land Rover “Slegs 300 Bond Editions gaan gebou word.” Die eg Britse handelsmerk Land Rover bring hulde aan die eg Britse spioen, James Bond, met ’n spesiale V8-model wat die Land Rover Defender Bond Edition genoem word. Dié voertuig – of ’n Hollywood-weergawe daarvan – is te sien in die 25ste amptelike James Bond-fliek met die titel No Time To Die. (Eintlik is daar 27 Bond-flieks, maar Peter Sellers se 1967-komedie Casino Royal en Sean Connery se Never Say Never Again van 1983 word nie as kanonies beskou nie.) Die Bond Edition is beskikbaar in die 110-langbak- en 90-kortbakmodel en albei spog met pikswart bakverf, glansswart 22”-wielvellings, blou remknypers en die “Defender 007”-kenteken op die agterdeur. Daar is ook Defender 007-ken-tekens op die deurdrumpels en die raakskerm het ’n 007-animasie. O, en…

wegrysleepza211001_article_018_01_01
1 min
70 jaar van volkswagen!

Volkswagen se eerste Suid-Afrikaanse aanleg is op 31 Augustus 1951 op Uitenhage in die destydse Kaapprovinsie geopen om die groeiende motorbedryf te bevredig. Volkswagen se Uitenhage-aanleg (vandag Kariega) het oor die jare Volkswagen Kewers, die Kombi 2, die Golf (ook die Citi Golf), die Polo en verskeie Audi’s gebou. Meer as 4 miljoen voertuie het in die sewe dekades by dié aanleg se hekke uitgery en gesorg vir die 21,7%-markaandeel in die Suid-Afrikaanse voertuigmark. Ry & Sleep sê veels geluk, Volkswagen Suid-Afrika! Die eerste selfaangedrewe motorkar in Suid-Afrika was ’n Benz Velo wat in 1896 deur die Johannesburgse sakeman John Percy Hess ingevoer is. Die Velo is in Bereapark aan pres. Paul Kruger en die publiek vertoon. Die eerste massaproduksie-motoraanleg op eie bodem is in 1924 deur Ford in Port Elizabeth…

wegrysleepza211001_article_024_01_01