Skep asem... jy verdien dit
Die versoeking is nogal groot om dié tyd van die jaar te tob oor hoe vinnig die afgelope 12 maande verbygevlieg het. En jy moet veral sterk staan om nie (wéér) ’n eiertjie te lê oor hoe ons almal se omstandighede sedert vroeg 2020 handomkeer verander het nie. Dit is egter ’n feit dat nog ’n uitdagende jaar verby is, selfs al voel dit soms of ’n mens nie genoeg opkom vir asem nie. Te veel goed gebeur te vinnig, en wanneer jy jou oë uitvee, hang die Kersversierings in die winkels en Boney M word afgestof. (Terloops, ek vra om verskoning vir die geykte Kersversieringsen Boney M-verwysings. My brein is moeg so laat in die jaar... Jammer!) Ek sal die eerste een wees wat erken dat ek vanjaar nie naastenby genoeg…